De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Besigheidstudies Graad 10.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Besigheidstudies Graad 10."— Transcript van de presentatie:

1 Besigheidstudies Graad 10

2 ONDERNEMINGSVORME

3 Ondernemingsvorme Ondernemingsvorme verwys na die tipe ondernming wat ‘n eienaar kies. Verskillende tipes ondernemings vereis verskillende ondernemingsvorme. Faktore wat die keuse van ondernemingsvorm beïnvloed, sluit in: die hoeveelheid kapitaal wat nodig is om die onderneming te stig die grootte van die onderneming die inkomste van die onderneming eienaarskap van die onderneming.

4 Onbeperkte aanspreek-likheid Beperkte aanspreek-likheid
Konsepte Natuurlike persone Alle mense is natuurlike persone. Natuurlike persone word gebore. Regspersone Word deur wetgewing geskep en besit eienskappe van mense. ‘n Maatskappy is bv. ‘n regspersoon. Word geïnkorporeer deur registrasie. Onbeperkte aanspreek-likheid As ‘n eienaar/vennoot deur ‘n krediteur gedagvaar word, moet hy/sy die skuld betaal al het hy/sy nie genoeg geld nie. Dit beteken dat daar op ‘n eienaar se persoonlike bates beslag gelê kan word om die onderneming se skuld te betaal. Beperkte aanspreek-likheid Verliese word beperk tot die geld wat die ienaar indie onderneming belê het. Kontinuïteit Sommige ondernemings (BK’s, maatskappye en koöperasies) bly voortbestaan al is daar ‘n verandering in eienaarskap, soos byvoorbeeld die dood of aftrede van ‘n lid of aandeelhouer. Borgskap Wanneer ‘n persoon of onderneming aanspreeklikheid aanvaar vir die skuld van ‘n ander persoon of onderneming.

5 Akte van Oprigting (AvO) (Memorandum of Incorporation – MoI)
Konsepte Inkorporeerders Die mense wat ‘n onderneming se registrasiedokumente voltooi en indien. Akte van Oprigting (AvO) (Memorandum of Incorporation – MoI) Die dokument waarin die regte, verantwoordelikhede en verpligtinge van aandeelhouers en direkteure uiteengesit word. Dien as ‘n grondwet vir die onderneming. Direkteur Lid van ‘n maatskappy se direksie. Deur aandeelhouers aangestel. Bestuur die maatksppy se sake en belange. Die raad van direkteure het die bevoegdheid om alle magte in die maatskappy te gebruik en om enige funksie in die maatskappy uit te voer. Sekuriteite Aandele en skuldbriewe van ‘n maatskappy. Word op sekuriteitsmarkte soos die JSE verhandel. Sekuriteitsregister ‘n Lys van al die sekurtiteite van ‘n maatskappy.

6 Maatskappy-sekretaris
Konsepte Maatskappy-sekretaris Iemand wat deur ‘n maatskappy aangestel word om leiding te gee aan direkteure oor hulle pligte, verantwoordelikhede en bevoegdhede. Lig direkteure in oor enige wetgewing wat die maatskappy raak. Hou notules van aandeelhouersvergaderings en direksievergaderings Korporatiewe bestuur Verwys na ‘n maatskappy se aanspreeklikheid teenoor aandeelhoers, sy etiese verpligtinge en sy rol as ‘n korporatiewe burger. Gaan oor deursigtigheid en aanspreeklikheid, bv. ekonomiese, sosiale en omgewingsverantwoordelikhede.

7 Verskillende Ondernemingsvorme
scan bladsy 70

8 Verskillende Ondernemingsvorme: Eenmansake
Definisie: Wanneer dieeienaar sake doen sonder om die onderneming as ‘n maatskappy te laat registreer. Kan werknemers aanstel, maar die ondernemng word besit en bestuur deur een eienaar. Gepas vir kleiner ondernemings. Natuurlike persone.

9 Verskillende Ondernemingsvorme: Eenmansake
Eienskappe: Eenmansake word deur een eienaar besit en bestuur. Daar is geen onderskeid tussen die eienaar en die onderneming nie – dit is die eienaar wat sake doen. Eenmansake is nie regspersone nie. Bates behoort aan die eienaar. Wins behoort aan die eienaar. Die eienaar betaal belasting in sy/haar persoonlike hoedanigheid. Die eienaar is aanspreeklik vir alle skuld wat die ondernming aangaan.

10 Verskillende Ondernemingsvorme: Eenmansake
Voordele: Geen registrasieformaliteite – die einaar begin bloot sake doen. Die einaar bedryf sy/haar onderneming op sy/haar eie manier. Die eienaar het niemand anders se toestemming nodig om sakebesluite te neem nie, Die eienaar het gewoonlik direkte kontak met verbruikers. Die einaar is nie aanspreeklik teenoor ander eienaars nie, want daar is net een eienaar. Die sukses van di eonderneming behoort aan die eienaar.

11 Verskillende Ondernemingsvorme: Eenmansake
Nadele: Eienaars kan net hulle eie vaardighede, tyd en energie tot die onderneming bydra. Eenmaansake het nie kontinuïteit nie – dit beteken dat die onderneming nie kan aanhou bestaan as die eienaar aftree of sterf nie. Die eienaar betaal bealsting in sy/haar persoonlike hoedanigheid – op die hoër punt van die belastingskaal is persoonlike belastingkoerse hoër as belastingkoerse vir maatskappye. Kapitaal word beperk tot di ehoeveelheid geld wat die einaar kan bydra. Die einaar het onbeperkte aanspreeklikheid vir die onderneming se skuld.

12 Verskillende Ondernemingsvorme: Vennootskappe
Definisie: ‘n Vennootskap is waar eienaars sake doen sonder om die onderneming as ‘n maatskappy te register. Die aantal vennote hang af van di eaard en grootte van di eonderneming. Vennootskappe het vier vereistes: Elke vennoot moet ‘n bydrae lewer. Die onderneming moet lei tot ‘n gemeenskaplike voordel vir al die vennote. Die doelwit moet wees om wins te maak. Die vennootskapskontrak moet wettig wees.

13 Verskillende Ondernemingsvorme: Vennootskappe
Eienskappe: ‘n Vennootskap is ‘n ooreenkoms tussen twee of meer persone. Elke vennoot lewer ‘n bydrae, bv. vaardighede, tyd, energie of geld. Venootskappe is nie regspersone nie. Venootskappe is gesamentlik en afsonderlik aaanspreeklikvir die vennootskap se skuld – een vennoot kan aanspreeklik gehou word vir die onderneming se totale skuld. Die vennoot wat die skuld betaal, vorder dan self die ander vennote se skuld van elke vennoot in. Wins en verliese word tussen vennote gedeel volgens di ebepaling in die vennootskapsooreenkoms. Vennote betaal belasting in hulle persoonlike hoedanigheid.

14 Verskillende Ondernemingsvorme: Vennootskappe
Voordele: Verantwoordelikhede van die vennootskap word deur vennote gedeel. Vennote kan spesialiseer in dit wat hulle die beste doen. Uitgawes van die vennootskap word deur vennote gedeel. Vennote kan met mekaar beraadslaag voordat moeilike besluite geneem word.

15 Verskillende Ondernemingsvorme: Vennootskappe
Nadele: Vennote stem nie altyd saam nie – dit kan besluitneming vertraag. Een vennoot se besluite kan verliese vir die hele vennootskap veroorsaak. Vennote word gebind deur die besluite van ander vennote. Daar is geen kontinuïteit nie – vennootskappe ontbind wanneer ‘n vennoot aftree of sterf. Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid vir die vennootskap se skuld.

16 Verskillende Ondernemingsvorme: Beslote Korporasies
Definisie: ‘n Geregistreerde onderneming met ‘n ledetal van 1 – 10 persone. Bestaan ingevolge die Wet op Beslote Korporasies (Wet 69 van 1984). Spesifiek ontwerp vir kleiner ondernemings.

17 Verskillende Ondernemingsvorme: Beslote Korporasies
Eienskappe: Word besit en bestuur deur 1 – 10 lede. Die naam moet eindig met die woorde Beslote Korporasie of BK. Beslote Korporasies het kontinuïteit. Beslote Korporasies is regspersone. Bates behoort aan die BK en nie aan lede nie. Wins behoort aan die BK en nie aan lede nie. Belasting word deur die BK betaal. In sommige gevalle moet lede borg staan vir die onderneming se skuld – dit beteken dat skuld by lede in hulle persoonlike hoedanigheid geëis kan word. Lede kan persoonlik aanspreeklik gehou word vir die onderneming se skuld, soos byvoorbeeld wanneer die onderneming sake doen wat roekeloos; nalatig; of bedrieglik (fraudulent) is.

18 Verskillende Ondernemingsvorme: Beslote Korporasies
Voordele: Lede het beperkte aanspreeklikheid vir die BK se skuld. Geskik vir klein en medium ondernemings. Het gewoonlik beter toegang tot kapitaal as eenmansake. Finansiële state hoef nie geoudit te word nie. Belastingkoerse vir ondernemings is laer as vir individue. Finansiële oudits is vrywillig tensy dit deur die Maatskappyewet vereis word.

19 Verskillende Ondernemingsvorme: Beslote Korporasies
Nadele: Kapitaal word beperk tot die bydraes van 1 – 10 lede. Krediteure vereis gewoonlik dat lede moet borg staan voordat krediet aan die BK toegestaan word. AS ‘n lid sy/haar belang in die onderneming wil verkoop, het daardie lid al di eander lede se goedkeuring daarvoor nodig. Sommige BK’s se finansiële state is onderhewig aan onafhanklike oudits.

20 Verskillende Ondernemingsvorme: Beslote Korporasies
Die toekoms van Beslote Korporasies: Die nuwe Maatskappywet (Wet 71 van 2008) maak nie voorsiening vir die vorming van nuwe Beslote Korporasies nie. Bestaande BK’s mag egter voortbestaan totdat lede besluit om na maatskappye om te skakel. Bestaande maatskappye mag nie na BK’s omgeskakel word nie. Bestaande BK’s word as private maatskappye hanteer.

21 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye
Verskillende soorte maatskappye: Die nuwe Maatskappyewet maak voorsiening vir verskillende soorte maatskappye: Maatskappye sonder winsbejag/winsoogmerk Maatskappye met winsbejag/winsoogmerk Private maatskappye Maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid Openbare/Publieke maatskappye Maatskappye in staatsbesit

22 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye sonder winsbejag
Definisie: Bestaan nie om wins te maak nie. Het onder die vorige maatskappywet bekend gestaan as Artikel 21 maatskappye.

23 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye sonder winsbejag
Eienskappe: Maatsakppye sonder winsoogemerk se doelwit is nie om geld te maak nie. Die hoofdoelwit van maatskappye sonder winsoogmerk is openbare voordeel. Alle inkomste en bates moet vir openbare voordeel aangewend word. Lede, direkteure en inkorporerdersvan maatskappye sonder winsoogemerk mag geen finansiële voordeel uit hierdie maatskappye trek nie. Lede, direkteure en inkorporeerders mag verged word vir koste wat hulle names die onderneming aangaan. ‘n Maatskappy sonder winsoogmerk se naam eindig met MSW. Misntens drie direktuere meot aangestel word. Afhanklik van finansiële ondersteuning deur die gemeenskap, borge en fondsinsamelingsprojekte.

24 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye sonder winsbejag
Voordele: Poog om die samelewing te verbeter.

25 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye sonder winsbejag
Nadele: Nie kommersieel georiënteer nie (nie ingestel om winsgewend te wees nie). Moeilik om geld in te samel.

26 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappye met winsbejag
Word gestig vir aandeelhouers (eienaars) se finansiële voordeel. Vier tipes: Private maatskappye Maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid Openbare/publieke maatskappye Maatskappye in staatsbesit.

27 Verskillende Ondernemingsvorme: Privaat Maatskappye
Definisie: ‘n Maatskappy met winsoogmerk is ‘n private maatskappy indien: Aandele nie aan die publiek aangebied kan word nie; en Oordraagbaarheid van aandele beperk word.

28 Verskillende Ondernemingsvorme: Privaat Maatskappye
Eienskappe: Naam eindig met “Eiendoms Beperk” of “Edms. (Bpk.)”. Behoort aan aandeelhouers. Minimum aantal aandeelhouers is een. Word bestuur deur direkteure. Minimum aantal direkteure is een. Aandele word nie aan die publiek aangebied nie Aandlee moet aan bestaande aandeelhouers aangebied word voordat dit aan iemand anders verkoop mag word. ‘n Aandeleregister moet gehou word. Aandeelhouers het beperkte aansreeklikheid vir die maatskappy se skuld.

29 Verskillende Ondernemingsvorme: Privaat Maatskappye
Voordele: Maatskappye kan meer geld insamel as individue. Krediteure is minder geneig om te verwag dat direkteure van maatskappye wat finansieel sterk is, moet borg staan. Kontinuïteit Tensy die Maatskappywet dit vereis, is finansiële oudits vrywillig. Nie nodig om ‘n ouditeur, ouditkomitee of maatskappysekretaris aan te stel nie. Nie nodig om algemene jaarlikse vergaderings te hou nie.

30 Verskillende Ondernemingsvorme: Privaat Maatskappye
Nadele: Dubbele belasting: maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste en sekondêre belasting op die dividende wat aan aandeelhouers uitbetaal word. Mag nie geld direk by die publiek insamel nie. Koste en formaliteite betrokke by die stigting van ‘n maatskappy. Sommige maatskappye (soos bepaal deur die Wet op Maatskappye) se finansiële state is onderhewig aan onafhanklike oudits.

31 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy met Persoonlike Aanspreeklikheid
Definisie: ‘n Maatskappy met winsoogemerk is ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid as: Dit voldoen aan die kriteria van ‘n privaat maatskappy; en Die Akte van Oprigting (AvO) verklaar dat dit ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is.

32 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy met Persoonlike Aanspreeklikheid
Eienskappe: Naam eindig met die woord “Geïnkorporeer” of “Geïnk”. Behoort aan aandeelhouers. Minimum aantal aandeelhouers is een. Word deur direkteure bestuur. Minimum aantal direkteure is een. Aandele word nie aan die publiek aangebied nie. Wanneer aandeelhouers aandele wil verkoop, moet dit aan bestaande aandeelhouers aangebied word voordat dit aan iemand anders verkoop mag word. Direkteure van maatskappye met persoonlike aanspreeklikehdi is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die maatsakppy se skuld. Professionele mense soos prokureurs en dokters verkies soms om ingelyf te word as maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid, bo vennootskappe.

33 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy met Persoonlike Aanspreeklikheid
Voordele: Maatskappye kan meer geld insamel as individue. Krediteure is minder geneig om te verwag dat direkteure van maatskappye wat finansieel sterk is, moet borg staan. Kontinuïteit. Finansiële oudits is vrywillig tensy dit deur die Maatskappywet vereis word. Nie nodig om ‘n ouditeur, ouditkomitee of maatskappysekretaris aan te stel nie. Nie nodig om algemene jaarvergaderings te hou nie.

34 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy met Persoonlike Aanspreeklikheid
Nadele: Dubbele belasting: maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste en op die dividende wat aan aandeelhouers uitbetaal word. Mag nie geld direk by die pbuliek insamel nie. Koste en formaliteite betrokke by die stigting van ‘n maatskappy. Sommige maatskappye (soos bepaal deur die Maatskappywet) se finansiële state is onderhewig aan onafhanklike oudits.

35 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy met Persoonlike Aanspreeklikheid
Die vernaamste verskille tussen private maatskappye en persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappye: Aandeelhouers van private maatskappye het beperkte aanspreeklikheid vir die maatskappye se skuld. Aandeelhouers van maatsakppye met persoonlike aanspreeklikheid is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die maatskappy se skuld. Private maatskappye se name eindig met “Eiendoms Beperk” of “Edms. (Bpk.)”. Maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid se name eidig met “Geïnkorporeer” of “Geink.”.

36 Verskillende Ondernemingsvorme: Openbare/Publieke maatskappy
Definisie: ‘n Openbare maatskappy is ‘n maatskappy met winsoogmerk wat aandele aan di epubliek mag aanbied.

37 Verskillende Ondernemingsvorme: Openbare/Publieke maatskappy
Eienskappe: Behoort aan aandeelhouers. Minimum aantal aandeelhouers is een. Word deur direkteure bestuur. Minimum aantal direkteure is drie. Openbare maatskappye se naam eindig met “Beperk” of “Bpk”. Aandele mag aan die publiek aangebied word. ‘n Aandeleregister moet gehou word.

38 Verskillende Ondernemingsvorme: Openbare/Publieke maatskappy
Voordele: Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid vir die maatskappy se skuld. Gekd nag durej vab du eoybkuej ubgesanek wird edeyr aabdeke aab du eoybkuej te verjiio. Kontinuïteit. Maatskappye kan meer geld insamel as enige ander ondernemingsvorm. Aandelepryse gee ‘n aanduiding van hoe die maatskappy presteer.

39 Verskillende Ondernemingsvorme: Openbare/Publieke maatskappy
Nadele: Dubbele belasting: maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste en sekondêre belasting op die dividende wat aan aandeelhouers uitbetaal owrd. As die maatskappy swak presteer, kan dit beteken dat bestuur afedank word. Algemene jaarvergaderings moet gehou word – dit plaas ‘n administratiewe las op die maatskappy. Die inlywing van openbare maatskappye is ‘n ingewikkelde proses. ‘n Ouditeur, ouditkomitee en maatskappysekretaris moet aangestel word. Openbare maatskappye het breedvoerige korporatiewe bestuurspligte.

40 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy in Staatsbesit
Definisie: Maatskappye in staatsbesit is geregistreerde maatskappye wat: behoort aan die staat; of ‘n munisipaliteit is.

41 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy in Staatsbesit
Eienskappe: Die staat is die enigste aandeelhouer. Voorbeelde van maatskappye in staatsbesit is Eskom, Telkom, SAL en die SAUK. Die uitvoerende raad word deur die staat aangestel. Direkteure se vergoeding word deur die staat bepaal. Naam eindig met “MSB Bpk.”.

42 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy in Staatsbesit
Voordele: Maatskappye in staatsbesit kan meer doeltreffend bestuur word. Die format van maatsakppye in staatsbesit verseker aanspreeklikheid. Maatskappye in staatsbesit kan die staat se belange teenoor kommersiële belange opweeg.

43 Verskillende Ondernemingsvorme: Maatskappy in Staatsbesit
Nadele: Soms steeds moeilik om aanspreeklikheid af te dwing. ‘n Maatskappysekretaris moet aangestel word, dit is ‘n finansiële las vir die maatskappy. As eienaar is die staat minder gevoelig vir kommersiële oorwegings. Maatskappye in staatsbesit lei dikwels verliese.

44 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Definisie: ‘n Koöperasie is ‘n: onafhanklike vereniging van persone wat vrywillig byeenkom om gemeenskaplike ekonomiese doelwitte en sosiale behoeftes te bevredig deur ‘n onderneming met gesamentlike eienaars demokraties te bestuur wat georganiseer en bedryf word aan die hand van samewerkingsbeginsels.

45 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Samewerkingsbeginsels: Die sewe samewerkingsbeginsels is: Ekonomiese deelname deur lede Selfstandigheid en onafhanklikheid Samewerking tussen belanghebbendes Besorgdheid oor die gemeenskap Demokratiese beheer Onderrig, opleiding en inligting Vrywillige lidmaatskap

46 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Samewerkingswaardes: Koöperasies is gebaseer op die volgende waardes: Selfhelp Selfverantwoordelikheid Solidariteit Gelykheid Billikheid Demokrasie

47 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Soorte koöperasies: Primêre koöperasies ‘n Vereniging van mense wat saam werk om ‘n gemeenskaplike doel te bereik. Sekondêre koöperasie ‘n Koöperasie wat bestaan uit twee of meer primêre koöperasies. Tersiëre koöperasie Lede is sekondêre koöperasies.

48 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Tipes koöperasies: Verskillende tipes koöperasies sluit in: Landboukoöperasie Sosiale koöperasie Behuisingskoöperasie Verbruikerskoöperasie Dienskoöperasie.

49 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Eienskappe: Nie winsgedrewe. Bestaansrede is gewoonlik diensverskaffing. Die naam moet die woord “koöperasie” of “koöp” insluit en eindig met “Beperk” of “Bpk.”. Beheer deur die lede van die koöperasie. Lede het gelyke stemreg – elke lid het een stem. Koöperasies spesialiseer in sekere velde, bv. landboukoöperasies en verbruikerskoöperasies. Opbrengste word aan lede uitbetaal. Koöperasies moet reserwefondse hou – minstens 5 % van die oorskot moet gehou word vir die reserwefonds en mag nie aan lede uitbetaal word nie..

50 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Voordele: Skep ‘n geleentheid vir mense om saam te werk vir ‘n gemeenskaplike doelwit. Gemik daarop om die gemeenskap te bevoordeel. Grootmaataankope stel koöperasies in staat om soms beter pryse met verskaffers te beding. Koöperasies is gewoonlik in ‘n posisie om goedere teen bekostigbate pryse aan te bied omdat dit nie noodwendig winsgedrewe is nie.

51 Verskillende Ondernemingsvorme: Koöperasies
Nadele: Nie so gevoelig teenoor kommersiële oorwegings as ‘n maatskappy nie. Nie so doeltreffend wanneer dit kom by kapitaalinsameling soos ‘n maatskappy nie. Omdat koöperasies se hoofdoelwit nie wins is nie, kan koöperasies maklik in fiansiële moeilikheid beland. Moeilik om aandele oor te dra. Onderhewig aan jaarlikse oudits. Moet algemene jaarlikse vergaderings hou – ‘n administratiewe las.

52 Aktiwiteite


Download ppt "Besigheidstudies Graad 10."

Verwante presentaties


Ads door Google