De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Besigheidstudies Graad 11.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Besigheidstudies Graad 11."— Transcript van de presentatie:

1 Besigheidstudies Graad 11

2 Sakegeleenthede en sakerolle
Kwartaal 2 Sakegeleenthede en sakerolle

3 Hoe om ‚n onderneming te begin

4 Hoe om ‚n onderneming te begin
Om die eienaar van jou eie onderneming te wees, is baie vervullend. Entrepreneurs kan sien hoe hulle ondernemings groei en ontwikkel. Die eienaars van ondernemings maak ‘n groot bydrae tot die ekonomie omdat hulle nuwe werksgeleenthede skep. Nou is die vraag: Hoe word jy die eienaar van ‘n onderneming? ‘n Entrepreneur kort drie dinge om ‘n onderneming te stig: ‘n Baie goeie plan – Die plan vir die onderneming word ‘n sakeplan genoem. Entrepreneuriese eienskappe, soos byvoorbeeld die gewilligheid om risiko’s te neem. Befondsing (geld) in die vorm van eie kapitaal of geleende kapitaal – dit is nie maklik om kapitaal by finansiële instellings te leen nie. Banke is versigtig om vir nuwe ondernemings geld te leen want ondernemings wat nie die mas opkom nie, kan nie skuld terugbetaal nie.

5 Hoe om ‚n onderneming te begin
As ‘n entrepreneur befondsing en ‘n goeie plan het, moet hy/sy besluit of hy/sy ‘n nuwe onderneming gaan stig of en of hy /sy ‘n bestaande onderneming gaan koop. Die voordele daarvan om te belê in n bestaande onderenming is dat die entrepreneur die geleentheid het om die onderneming se finansiële state, sterkpunte en swakpunte te ontleed. Bestaande ondernemings is gewoonlik baie duur. Die alternatief is om ‘n splinternuwe onderneming te stig. Nuwe ondernemings vereis dat sekere formaliteite (soos die bespreking van ‘n naam, indiening van die Akte van Oprigting en betaling van voorgeskrewe gelde) nagekom word, voordat daar handel gedryf kan word.

6 Insameling van fondse Die geld wat nodig is om ‘n onderneming te stig, staan bekend as fondse of kapitaal. Daar is verskillende tipes fondse, byvoorbeeld: Ekwiteit: Ekwiteit verwys na geld wat ‘n eienaar self bydra tot ‘n onderneming. Ekwiteit in ‘n maatskappy verwys na die sekuriteite van die maatskappy. Sekuriteite is aandele en skuldbriewe van maatskappye. Onthou – maatskappye behoort aan aandeelhouers. Aandeelhouers koop aandele in ‘n maatskappy. Aandelebeleggings is riskant, omdat opbrengste nie gewaarborg kan word nie. Dit is hoekom ekwiteit ook soms bekend staan as risikokapitaal. Ekwiteit word nie aan ondernemingseienaars terugbetaal nie; eienaars verdien dividende op hulle belegging. In rekeningkunde sê ons Ekwiteit = Bates - Laste.

7 Insameling van fondse Lenings en skuld:
Lenings verwys na geld wat by finansiële instellings soos banke geleen word. Lenings word met rente terugbetaal. Die voorwaardes van die leningsooreenkoms, bv. die termyn van die lening en die rentekoers, word deur die finansiële instellng bepaal. Lenings veroorsaak skuld.

8 Insameling van fondse Lenings en skuld: Lenings:
Lenings verwys na geld wat by finansiële instellings soos banke geleen word en wat oor ‘n gespesifiseerde tydperk terugbetaal moet word. Korttermynlenings is gewoonlik vir een jaar of minder. Langtermynlenings is lenings wat vir ‘n jaar of langer uitgeneem word. Die rentekoers op lenings kan vaste rente of saamgestelde rente wees. Lenings word met rente terugbetaal. Die voorwaardes van die leningsooreenkoms, bv. die termyn van die lening en die rentekoers, word deur die finansiële instelling bepaal. Lenings veroorsaak skuld. Verbandlenings, ook verbande genoem, is lenings wat gebruik word om die aankoop van vaste bates soos eiendom te finansier. Verbande het gewoonlik ‘n gespesifiseerde terugbetalingstydperk en rentekoers. Banke bied ook korttermynlenings aan in die vorm van ‘n oortrokke bankrekening. Banke en besigheidseienaars sal ‘n ooreenkoms aangaan wat die onderenming toelaat om ‘n onderhandelde bedrag te onttrek, waarop die besigheid rente sal bepaal.

9 Insameling van fondse Lenings en skuld: Skuld:
Daar is verskeie skuldooreenkomste wat sakeondernemings kan aangaan: Afbetalingsverkoopooreenkomste is wanneer ‘n besigheid duur items wil koop en nie genoeg kontant beskikbaar het om dit te doen nie. Die verskaffer sal die besigheid toelaat om ‘n deposito te betaal. Die terugbetaling van die verskuldigde balans, plus rente, word verdeel oor ‘n ooreengekome tydperk. Hierdie betalings word paaiemente genoem. As die onderneming nie betaal nie, kan die verskaffer die items terugneem. Die onderneming word eers die eienaar van die items wanneer die laaste paaiement betaal is. Bruikhuur is ‘n ooreenkoms waarvolgens die onderneming (huurder) ‘n item soos ‘n fotokopieermasjien huur in plaas van koop. Die onderneming betaal ‘n maandelikse paaiement aan die verhuurder vir die gebruik van die item. In di emeeste gevalle word die items aan die einde van di ebruikhuurtermyn aan die verhuurder teruggegee. ‘n Maatskappy kan skuldbriewe aan die publiek uitreik wanneer geld nodig is. sodeonde leen die maatskappy geld by die publiek. Die skuldbriefhouers ontvang ;n vaste rente op hul geld vir ‘n vasgestelde tydperk. Die maatskappy moet die geleende beddrag aan die einde van die ooreengekome tydperk terugbetaal. Verskaffers kan vir ‘n onderneming handelskrediet gee, wat beteken dat die onderneming toegelaat sal word om goedere en dienste te koop en later daarvoor te betaal.

10 Insameling van fondse Kapitaal:
Kapitaal verwys na die geld wat eienaars bydra om ‘n onderneming te begin. Ons kan onderskei tussen eie kapitaal en geleende kapitaal. Eie kapitaal word deur die eienaar self bygedra en sluit ekwiteit in – die voordeel hiervan is dat geen rente daarop betaal word nie. Geleende kapitaal verwys na kapitaal wat met rente terugbetaal word – die nadeel hiervan is dat die skuld met rente terugbetaal moet word.

11 Insameling van fondse Kapitaal:
Vergelyking van die eienskappe van eie kapitaal en geleende kapitaal Eie kapitaal Geleende kapitaal Dit is van ‘n permanente aard. Dit kan kort-, medium- of langtermyn wees. Dit word selde onttrek. Dit kan heel dikwels onttrek word. Dit ontvang vergoeding in die vorm van dividende en groei in waarde. Rente word op geleende kapitaal betaal. Bestuurders (eienaars) het beheer daaroor. Geleende kapitaal het baie min of geen beheer oor die bestuur van die onderneming nie. Wanneer die onderneming sluit, is eie kapitaal die laaste fodnse wat aan die eienaar(s) uitbetaal word. Die verskaffer van geleende kapitaal het ‘n voorkeureis, wat beteken dat die skuld eerste terugbetaal moet word, voor die eienaars se kapitaal.

12 Insameling van fondse Ander bronne van kapitaal:
Vriende en familie kan bereid wees om ‘n besigheidseienaar met fondse te help. Die terugbetalingsooreenkomste kan buigsaam wees en rentekoerse kan baie laag wees, of geen rente kan gehef word nie. Waagkapitaalmaatskappye/waagkapitaliste kan dalk finansiering aanbied vir ‘n nuwe onderneming wat nie toegang tot kapitaal het nie. ‘n Nadeel vir die entrepreneurs is dat die waagkapitalis gewoonlik ‘n sê verkry in die besigheidsbesluite. Vir die waagkapitalis is dit ‘n hoërisiko-belegging met potensieel hoë opbrentste. Hy loop ‘n risiko om in ‘n besigheid te belê en wil daarvor verged word. Die opbrensbedrag sal dus met die risiko verband hou – hoe groter die risiko, des te groter die vereiste opbrengs. Regeringstoekennings – Die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid gee kontantaansporings aan sowel nuwe as bestaande, kwalifiserende ondernemings in Suid- Afrika.

13 Aktiwiteite


Download ppt "Besigheidstudies Graad 11."

Verwante presentaties


Ads door Google