Bybelboek-bonanza...Hoe maak mens? So maak mens.... Elke skyfie bevat `n leidraad na een van die boeke in die Bybel – Ou Testament of Nuwe Testament. Hierdie leidraad kan gaan oor die naam van die boek óf oor die inhoud van die boek. Identifiseer die boek en jou span kry `n punt.
Bybelboek-bonanza Johannes het die boodskap van hierdie boek ontvang toe hy op die eiland Patmos `n gevangene was. Die Openbaring aan Johannes
Bybelboek-bonanza Die eerste gedeelte van hierdie boek in die Ou Testament bevat die geslagregister van Israel en Juda. 1 Kronieke
Bybelboek-bonanza Hierdie briewe het Paulus aan sy “probleem-gemeente” geskryf. Korintiërs
Bybelboek-bonanza In die laaste gedeelte van hierdie Bybelboek maak die Here Homself aan `n persoon bekend deur Hom te wys na die grootheid van die skepping en dat Hy dit alles gemaak het. Job
Bybelboek-bonanza Hierdie Bybelboek is sekerlik die mees romantiese boek in die Bybel en die Joodse seuns het heel laaste die inhoud van hierdie Bybelboek geleer. Hooglied
Bybelboek-bonanza Hierdie Bybelboek se naam beteken letterlik “Die tweede wet”. Deuteronomium
Bybelboek-bonanza Dawid het die meerderheid van hierdie Boek geskryf. Psalms
Bybelboek-bonanza Salomo het die oorgrote meerderheid van hierdie Boek geskryf. Spreuke
Bybelboek-bonanza Hierdie dokter se naam is ook die naam van hierdie Boek en hy het ook nog `n ander boek geskryf. Wat is die name van hierdie twee boeke vir 2 punte? Die Evangelie volgens Lukas en Handelinge
Bybelboek-bonanza Hierdie profeet was `n boer en die boek met die boodskap, wat hy moes bring, is na hom vernoem. Amos