De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Ons voorgangers, die getuienisse Saamgestel deur: Harry van Huyssteen

Verwante presentaties


Presentatie over: "Ons voorgangers, die getuienisse Saamgestel deur: Harry van Huyssteen"— Transcript van de presentatie:

1 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Ons voorgangers, die getuienisse Saamgestel deur: Harry van Huyssteen Vir meer inligting:

2 Jesus is die mede-Skepper. Dit is alles vir, en deur Hom gedoen
Johannes 1:1-5 Gen 1:26 Ps 33:6-9 Vir meer inligting:

3 Wie was betrokke van die begin af?
Die Engel van die verbond: Maleagi 3:1-2 Die Naam van God: Hebreeus Jehoshua – Saligmaker – Yahweh = God van die verbond Die Engel van Sy aangesig: Jesaja 63:9 Hy verskyn aan Abraham: Genesis 17:1 Hy verskyn aan Jakob: Genesis 32:29-30 Hy verskyn aan Moses: Eksodus 3:2-4 & Numeri 12:4-8 Paulus bevestig: Kolossense 1:15-16 Vir meer inligting:

4 Die profesie (Saad, Gesalfde, Seun….)
Die Gesalfde – die Messias: Psalm 2:2, Jesaja 61:1 Johannes 12:1-3 ‘n Bokram as sondeoffer: Levitikus 23:19 ‘n Seun: Jesaja 9:5-6 Die Seun van die mens: Daniël 7:13 Uit die nageslag: Genesis 3:15 Maria, Sy moeder, weet Wie Hy Is: Johannes 2:5 Bevestiging deur Jesus, die Gesalfde in Lukas 4:18-21 In Johannes 1:48-50 bevestig Jesus dat Hy Jakob se leer is. Sien Genesis 28:16-17 en Openbaring 4:1. Dit is Jesus wat die weg is, wat die ewige lewe gee, die brug vir ons gee tussen die natuurlike en die bo-natuurlike, die Here is geestelik (bo-natuurlik) en ons moet Hom dien met ons geestelike oë oop. Vir meer inligting:

5 Die Verbond met Visie en Versekering
Hy met Abraham gepraat: Sy nageslag tot seën van alle nasies: Genesis 12:2-3; 15:1; 17:1-8 Jesus is uit Abraham se nageslag en deur Abraham is alle nasies gered Genesis 12:3 en 22:18 vergelyk Romeine 14:6 en 17 en Galasiërs 3:7-9; 14 en 29 Wie het aan Bileam verskyn Numeri 22:22. Kyk Wie het Bileam gesien. Jesus wys Sy Eie koms aan Bileam. Numeri 24:17-19 en Jesus is gebore uit die nageslag van Jakob Deuteronomium 29:1, Verbond met Moses by Horeb en ook by Moab. Moses het Jesus van aangesig tot aangesig geken (Deut 34:10) en het oor Jesus geskryf (Deuteronomium 18:15-19). Jesus bevestig dat Moses oor Hom geskryf het in Johannes 5:46. Sien ook Johannes 8:56 (Abraham). Wat het Abraham geglo? Jesus is die sleutel is om die Ou Testament te verstaan. Jy sal nie 'n deur kan oopsluit indien jy nie met die sleutel die deur oopsluit nie. Kyk na Matteus 20:18-19 en Daniël 7:13 en 2 Kor 3: Die samestelling van die Bybel is gedoen op grond van die Sleutel. Wie het die sleutel van Dawid Openbaring 3:7? Die nuwe verbond. Die Here sal Sy Woord op hulle harte skryf: Jeremia 31:33 Die verbonde in konteks: Galasiërs 4:21-5:17 Die Here se vorbond Jesaja 59:20-21 Vir meer inligting:

6 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Rots in alle opsigte deel van die volk (Tempel, Woord, om deel van verbond te bly, alle nasies) Jakob het Jesus Silo genoem toe hy sy seuns geseën het Genesis 49:10 (profeties Messias.) Die Here sal regeer Die Here het aan Dawid verskyn en Salomo het die Tempel op daardie plek gebou, die dorsvloer van Aruana. Ook hier het die Here gekeer dat Abraham vir Isak offer. Die feit is dat oorlewering tussen pa en seun realiteit is. 2 Kronieke 3:1-2 Shekinah tot Immanuel! Die Tempel het gesorg dat die nasies bereik word 1 Konings 8:41-43 en 60; 2 Kronieke 6:32-33. Jesus was die enigste Lig vir die nasies Jesaja 42:1-9; 49:1-13 daarom sou Hy ly en sterf vir die nasies Jesaja 53:6 en Romeine 5:18. Gebede het regoor die wêreld opgegaan Maleagi 1:11 Vir meer inligting:

7 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Kalender gevestig Levitikus 23 – Die Feeste van die Here Nisan 14 – Paasfees Nisan 15 – Ongesuurde brood Nisan 16 – Eerste vrugte Dae van Omar tot Fees van weke (49 dae) Fees van weke – Pinkster Ons sien uit na Fees van Tabernakels!! Vir meer inligting:

8 Die Redder Is realiteit
Sy Naam is gevestig, die Tempel: 1 Konings 8:28-30 en Jesus bevestig Johannes 17:6-12 Meer as 330 Messiaanse profesiee Die Gees van die Here sal uitgestort word Jesaja 32:15 en Johannes 16:7 Vir meer inligting:

9 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Tydsberekening Die Griekse letterkunde Die Romeinse infrastruktuur Die profesie oor die kruisiging Jesaja 53:5 750 jaar voor kruisiging in gebruik was Vir meer inligting:

10 Hemelse bevestiging Die Seun van God en die Ewige wat versoening bring
Tydens Jesus se doop: Lukas 3:21-22 Johannes die doper bevestig: Johannes 1:32-34 Die verheerliking op die berg. Matteus 17:1-8 Grieke: Johannes 12:27-30 Die Opgestane Verlosser: Die enigste gewer van lewe: Johannes 20:19-22 Vir meer inligting:

11 Praktyk skok: Dissipels word Apostels
Wat het die groot verandering meegebring? Wat het gemaak dat die dissipels wat tydens die kruisiging weggekruip het, op die einde hulle lewens gegee het vir hulle getuienis? Die Apostels het besef hulle het met God self te doen toe Jesus, na Sy opstanding, aan hulle verskyn het. Vir meer inligting:

12 Die Evangelies Die Woord geïnspireer deur die Here Self
1 Samuel 2:26-27: Die Here bevestig dat Hy Hom aan die mens geopenbaar het, dit is dus gedokumenteer sodat ons kan glo. Wat het die apotels gehad om vanuit te preek? Hulle het slegs die Ou Testament gehad. Die Ou Testament verwys na Jesus en hulle het daaroor getuig. Dit gee vir ons die Nuwe Testament. Hulle het Hom as Seun van God herken in Matteus 14:33 en die Vader het bevstig dat Hy Sy Seun is in Matteus 17:5. Moses het geweet Jesus is die Seun wat gaan kom, hy het reeds in Jesus geglo: Deuteronomium 18:15 en Hebreërs 11:16 en ook Jesus se woorde. Sien ook Lukas 2:25-38, Johannes 8:56, Heb 4:2,6. Sien ook Lukas 16: die mense van die Ou Testament moes luister na die profete en Moses. Habakuk 2:1 beskryf hoe die profete profesieë ontvang het, sien ook 2 Petrus 1:20-21 1 Petrus 1:11 wys daarop dat dit juis die Gees van die Here Jesus is wat die profete van die Ou Testament geïnspireer het. Hulle het Jesus dus reeds goed geken en die verlossingsdaad verstaan. Daarom skryf Jesaja byvoorbeeld in verlede tyd van die Messias (Jesaja 53) Jesus bevestig dat die profete oor Hom geskryf het Lukas 18:31, Lukas 22:37 sien ook Jesaja 53:12. Jesus se woorde aan die Emmaus gangers in Lukas 24:25-26 en dan aan Sy dissipels in Lukas 24: Hulle is nou toegerus om die Kerk te begin. Wie het die sleutel van Dawid Openbaring 3:7? Dawid noem die Here sy Here bevestig deur Jesus in Matteus 22:45 Outentieke apostels en getuies. Handelinge 1:1-3 en 1:21-22 Petrus getuig: 2 Petrus 1:16-21 Vir meer inligting:

13 Die Evangelies Tydperk geskryf
Die Evangelies is geskryf tydens die leeftyd van verskeie ooggetuienisse. Sekerlik sou vyandige ooggetuienisse die Evangelieskrywers teëgegaan het indien daar onwaarhede weergegee is. Die boek Handelinge is deur Lukas geskryf en die hoofkarakter in die boek is Paulus terwyl hy in huisarres was. Daar word nie melding gemaak van Paulus se dood nie, met ander woorde, Handelinge is geskryf voordat Paulus gedood is. Dit kon dus nie later as 62 n.C. geskryf gewees het nie. Die boek Lukas is ook deur Lukas geskryf en is voor Handelinge geskryf. Met ander woorde lank voor 62 n.C. Indien mens in gedagte hou dat Christus gedurende n.C. gekruisig is, was die oorsprong van hierdie Evangelies ten minste binne ‘n tydperk van 30 jaar na Christus. Paulus se bekering het ongeveer twee-jaar na die kruisiging van Christus plaasgevind. Sy briewe, wat voor die Evangelies geskryf is, sluit geloofsbelydenisse in wat in die vroeë kerk gebruik is soos byvoorbeeld Filippense 2:6-11 en Kolossense 1: Volgens Blomberg is die mees belangrike geloofsbelydenis die een in 1 Korintiërs 15:3-8: “3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. 5Hy het aan Sefas (Petrus) verskyn, daarna aan die twaalf, 6en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. 7Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.” Paulus se eerste ontmoeting met die apostels moes gedurende 35 n.C. moes plaasgevind het. Met ander woorde die getuienisse wat Paulus aangehoor het, asook sy eie openbaring en sy daaropvolgende skrywe dateer ten minste binne twee- tot vyf-jaar van die werklike gebeure. Johannes getuig self wat hy gesien het toe Jesus verhoor is. Dit wys dat hierdie ooggetuie self betrokke was by die skryf van die Johannes Evangelie Johannes 18:15. Vir meer inligting:

14 Die Evangelies (Vervolg) Tydperk geskryf
Johannes help vir Petrus: Johannes 18:15 Lukas self sluit by Paulus, Silas en Timoteus aan. Dit kan gesien word vanaf Handelinge 16:11 waar hy verwys na "ons". Hy vertel ook hoe Paulus en Silas geslaan en in die tronk gegooi is nadat hulle die gees uigedryf het uit die waarsêer uit, en ook uit die tronk verlos is. Markus aan nie-Jode geskryf want Markus verduidelik Joodse gebruike aan die lesers in Markus 7:3-4 Die Evangelies dateer uit tyd van Jesus. Kyk hoe beskryf Markus in Markus 2:13-17 hoe Levi (Matteus deur Jesus geroep is. Dit is hierdie selfde Matteus wat die Matteus Evangelie geskryf het.) Vir meer inligting:

15 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Evangelies (Vervolg) Oorsprong twee benaderings Die Matteus Benadering Die Matteus benadering Die Matteus Evangelie is oorspronklik deur Matteus, in opdrag van die ander apostels, geskryf vir gebruik in die werk van die apostels binne Jerusalem. Die bedoeling was om die bediening van Jesus Christus op aarde saam te vat hoofsaaklik vir mense wat van Jesus geweet het omdat Jesus tussen hulle rondbeweeg het. Lukas getuig self in Lukas 1:1-4 dat hy feitelik navorsing moes doen Petrus die apostoliese ooggetuie was wat die Lukas Evangelie bevestig het deur dit te vergelyk met die Matteus Evangelie tydens praatjies wat hy gehou het. Petrus het tot ‘n groot mate met ‘n Romeinse gehoor gepraat en het die Matteus en Lukas Evangelies bevestig deur sy eie weergawes te vertel van waar hy self as persoon teenwoordig was tydens die oorspronklike gebeure. Die gebruik in daardie tyd was dat ‘n spreker, en veral met ‘n Romeinse gehoor, ‘n persoon moes gebruik om neer te skryf wat hy te sê gehad het. Die praatjies is dan na die tyd aan die gehoor beskikbaar gestel. In Petrus se geval het Markus hom gehelp om sy praatjies neer te skryf wat sodoende vir ons vandag die Markus Evangelie daargestel het Johannes het sy Evangelie ongeveer 95n.C. geskryf om die Goddelikheid van Jesus uit te lig Vir meer inligting:

16 Die Evangelies (Vervolg) Oorsprong twee benaderings Die Q Outeur
Die skrywer van die Lukas Evangelie (asook Matteus) het twee hoof bronne gebruik. Eerste is die Evangelie van Markus wat ongeveer een derde van Lukas bevat. Met slegs ‘n paar uitsonderings, volg Lukas Markus se volgorde en neem ook groot dele van sy inhoud oor. Beide onderrig en vertellings. Die tweede bron is Q waarvan ongeveer een vyfde in Lukas voorkom. Lukas het moontlik ook ander bronne gebruik (oraal en geskrewe) wat uniek is tot sy Evangelie. Daar word dan na hierdie ander bronne verwys as “L”. The inhoud wat uniek is tot Lukas maak ‘n groot deel uit van Lukas tot soveel as die helfte daarvan. Navorsing met betrekking tot die historiese Jesus is sterk bevestigend tot dit wat in die Lukas Evangelie aangetref word. Die Matteus Evangelie bevat baie inligting oor Jesus wat nie in die ander Evangelies aangetref word nie. Matteus volg tot ‘n groot mate die volgorde van Markus en die unieke materiaal ten opsigte van Matteus word na verwys as “M”. Daar word dan beweer dat M alle materiaal bevat wat uniek is aan Matteus, insluitende Q materiaal wat groot genoeg verskil van Lukas om sodoende ‘n ander vorm van Q voort te bring (34, p ). Q Markus M L Lukas Matteus Vir meer inligting:

17 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Die Kerk Wie was die hoof van die Kerk? Jesus se broer, Jakobus. Hy sou geweet het indien Jesus ‘n klug was. Die Kerk het gegroei onder die wreedste vervolging na die grootste instansie ooit Wat is die Kerk? Die gelowiges in Jesus Christus se verlossingswerk Vir meer inligting:

18 Realiteit in Perspektief
Wie het aan Hagar verskyn? Genesis 21:17 – Die Engel van die Here- Jesus Wie woon in ons? Efesiërs 2: Die Heilige Gees wat deur Jesus vir ons nagelaat is Watter Woord spreek ons aan? Johannes 1:1-4 Die Woord van God – Jesus Christus Is elke persoon uniek in sy verhouding met die Here? Ja! Elkeen kies self vir die Here Is ons tans voor, of na Christus? Christus was vir altyd daar en sal vir altyd daar wees. Was Jesus Realiteit vir die Jode? Die apostels? Ja Hy was deel van hulle kultuur. Hulle het getuig oor wat tussen hulle gebeur het oor baie jare. Hoe is die Bybel saamgestel? Die Waarheid het oorleef deur die getuies. Dit was nie ‘n vergadering wat besluit het nie. Wat van die gnostiese? Ons glo nie in die gnostiese geskrifte nie, maar slegs in die geskrifte wat tydens die tyd van die ooggetuies self geskryf is – die Bybel Vir meer inligting:


Download ppt "Ons voorgangers, die getuienisse Saamgestel deur: Harry van Huyssteen"

Verwante presentaties


Ads door Google