De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Bybelboek-bonanza...Hoe maak mens?

Verwante presentaties


Presentatie over: "Bybelboek-bonanza...Hoe maak mens?"— Transcript van de presentatie:

1 Bybelboek-bonanza...Hoe maak mens?
So maak mens.... Elke skyfie bevat `n leidraad na een van die boeke in die Bybel – Ou Testament of Nuwe Testament. Hierdie leidraad kan gaan oor die naam van die boek óf oor die inhoud van die boek. Identifiseer die boek en jou span kry `n punt.

2 Bybelboek-bonanza Johannes het die boodskap van hierdie boek ontvang toe hy op die eiland Patmos `n gevangene was. Die Openbaring aan Johannes

3 Bybelboek-bonanza Die eerste gedeelte van hierdie boek in die Ou Testament bevat die geslagregister van Israel en Juda. 1 Kronieke

4 Bybelboek-bonanza Hierdie briewe het Paulus aan sy “probleem-gemeente” geskryf. Korintiërs

5 Bybelboek-bonanza In die laaste gedeelte van hierdie Bybelboek maak die Here Homself aan `n persoon bekend deur Hom te wys na die grootheid van die skepping en dat Hy dit alles gemaak het. Job

6 Bybelboek-bonanza Hierdie Bybelboek is sekerlik die mees romantiese boek in die Bybel en die Joodse seuns het heel laaste die inhoud van hierdie Bybelboek geleer. Hooglied

7 Bybelboek-bonanza Hierdie Bybelboek se naam beteken letterlik “Die tweede wet”. Deuteronomium

8 Bybelboek-bonanza Dawid het die meerderheid van hierdie Boek geskryf.
Psalms

9 Bybelboek-bonanza Salomo het die oorgrote meerderheid van hierdie Boek geskryf. Spreuke

10 Bybelboek-bonanza Hierdie dokter se naam is ook die naam van hierdie Boek en hy het ook nog `n ander boek geskryf. Wat is die name van hierdie twee boeke vir 2 punte? Die Evangelie volgens Lukas en Handelinge

11 Bybelboek-bonanza Hierdie profeet was `n boer en die boek met die boodskap, wat hy moes bring, is na hom vernoem. Amos


Download ppt "Bybelboek-bonanza...Hoe maak mens?"

Verwante presentaties


Ads door Google