De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Bybel Speletjie Diere van die Bybel.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Bybel Speletjie Diere van die Bybel."— Transcript van de presentatie:

1 Bybel Speletjie Diere van die Bybel

2 Diere van die Bybel…. * Wie van julle hou van diere?
* Weet julle dat die Bybel sommer van ‘n KLOMP diere praat? * Kyk gou hoeveel diere in die Bybel julle kan opnoem voordat ons met die speletjie begin. * Ons hoop julle het ook van die genoem wat ons in die speletjie het. * Ons gaan nou kyk WAT julle van hulle weet…….

3 Van watter twee belangrike Donkies lees ons in die Bybel?
Numeri 22: 28-31 Matteus 21:1-11 Biliam se pratende Donkie. Jesus wat op die Donkie se rug in Jerusalem inry.

4 Wat sê Jesus vir ons oor Mossies in die Bybel?
Matteus 10:29 Dat Hy vir die mossies sorg, hoeveel meer sal Hy dan nie vir ons sorg nie, want Hy weet wat ons nodig het.

5 Van watter twee belangrike Kraaie lees ons in die Bybel?
1 Konings 17:4 Genesis 8:7 Die kraaie wat vir Elia in die woestyn gesorg het. Noag het eers ‘n kraai uitgestuur om te kyk hoeveel water daar nog is.

6 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Haan? Lukas 22:61
Voordat die haan gekraai het, het Petrus Jesus drie keer verloën.

7 Van watter twee belangrike Duiwe lees ons in die Bybel? Matteus 3:16
Genesis 8:10 Met Jesus se doop het die Heilige Gees soos ‘n Duif op Hom neergedaal. Noag het die tweede keer ‘n Duif uitgestuur.

8 Spreuke 6:6-8 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Mier?
Die mier is baie fluks, en die luiaard moet gaan kyk hoe hy werk.

9 Van watter twee slange lees ons in die Bybel? Genesis 3:1-7
Handelinge 28:3-5 Die Slang wat Eva in die Paradys verlei het. ‘n Slang het Paulus aan die hand gebyt en hy’t niks oorgekom nie.

10 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Kameel?
Matteus 19:24 Dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.

11 Van watter belangrike lammetjies lees ons in die Bybel?
Eksodus 12:3;7;13 Johannes 1:36 Die lam se bloed wat die Israeliete aan hulle deurkosyn moes smeer vir die doodsengel. Jesus word die Lam van God genoem.

12 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Arend? Jesaja 40:31
Die wat op die Here wag kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke.

13 Van watter Leeus lees ons in die Bybel?
Daniël 6:17 Openbaring 5:5 Jesus word die Leeu van Juda genoem. Die Leeus van Daniël in die leeukuil.

14 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Ribbok? Habakuk 3:19
God maak ons voete soos ‘n ribbok; op hoë plekke laat Hy ons stewig staan.

15 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Wildsbok? Psalm 42:2
Soos ‘n Wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.

16 In watter Bybelverhale lees ons van ‘n Vis? Jona 1:17
Matteus 17:27 Die groot Vis wat Jona ingesluk het. Jesus het geld in ‘n Vis se mond gekry vir Tempelbelasting.

17 Wat sê die Bybel vir ons oor ‘n Wurm? Jona 4:7-11
God het ‘n wurm gestuur om die komkommerplant waaronder Jona gesit het op te vreet.

18 Waar in die Bybel lees ons van ‘n Draak?
Openbaring 12 In Openbaring


Download ppt "Bybel Speletjie Diere van die Bybel."

Verwante presentaties


Ads door Google