De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

JULLE SAL MY GETUIES WEES

Verwante presentaties


Presentatie over: "JULLE SAL MY GETUIES WEES"— Transcript van de presentatie:

1 JULLE SAL MY GETUIES WEES
Les 1 vir 7 Julie 2018

2 Die eerste hoofstuk van Handelinge vertel die laaste dae van Jesus op aarde en die eerste reaksies van die dissipels na Sy hemelvaart. Jesus se laaste woorde word die dissipels se opdrag. Ons het dieselfde opdrag as die Kerk in die 21ste eeu. Handelinge 1:1-5 Lukas, die geliefde dokter Handelinge 1:6-7 Verkeerde verwagtinge Handelinge 1:8 Die dissipels se opdrag Handelinge 1:9-11 Jesus se wederkoms Handelinge 1:12-14 Verenig in gebed Handelinge 1:15-26 Judas se opvolger

3 LUKAS, DIE GELIEFDE DOKTER
Handelinge 1:1-5 “Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het.” (Handelinge 1:1) Handelinge van die Apostels is die tweede boek van die Evangelie volgens Lukas, die geliefde dokter (Lukas 1:1-4; Kolossense 4:14) Die inleiding van Handelinge verklaar dat Jesus vir 40 dae saam met sy dissipels gebly het voor Sy hemelvaart (10 dae voor Pinkster) Die boek dek die verhaal van die kerk van die jare 31 tot 62. Dit is van Jesus se hemelvaart tot net voor Paulus se eerste oordeel voor Nero.

4 VERKEERDE VERWAGTINGE
Handelinge 1:6-7 “Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: ‘Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?’” (Handelinge 1:6) Daar is profesieë in die Ou Testament oor beide die oorwinnende Messias en die lydende Messias. Die dissipels en die Jode in daardie tyd het slegs 'n oorwinnende Messias oor die Romeine verwag. Na Jesus se opstanding het hulle verstaan dat die Messias moes ly voordat Hy verheerlik sal word (Lukas 24:45-46). Hulle vraag toon egter dat hulle nie die werk van Jesus tot sy volle mate verstaan het nie. Jesus het vir hulle gesê dat hulle nie moet probeer om die dinge te verstaan wat hulle nog nie gereed was om te verstaan nie (Handelinge 1:7)

5 DIE DISSIPELS SE OPDRAG
Handelinge 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” (Handelinge 1:8) Hierdie missiestelling het vier hoofpunte: Die Heilige Gees. Dit is geprofeteer (Jesaja 44:3; Joël 2:28-29) dat die Heilige Gees met spesiale krag sou neerdaal om die werk te doen wat mense nie self kon doen nie. Die getuienis. Die dissipels het opdrag gekry om die werk en die krag van Jesus as getuies oor te vertel. Die sendingplan. Die missie moet in Jerusalem begin en dan na die uithoeke van die wêreld versprei. Die sendingdoelwit. Hulle moes die boodskap dra na waar ookal die mense was, en nie om te wag vir hulle om te kom nie.

6 JESUS SE WEDERKOMS Handelinge 1:9-11
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.” (Handelinge 1:9) Handelinge 1:9-11 Lukas gee meer besonderhede oor die hemelvaart van Jesus as wat hy in Lukas 24:51 genoem het. Hy verduidelik in beide gedeeltes dat Jesus nie deur homself opgevaar het nie. Hy is "opgeneem" of "is van hulle geskei". Hy is deur God opgeneem om verhewe te word (Handelinge 2:33) Twee engele het opdrag gekry om die verbaasde dissipels te bemoedig en hoop aan al die gelowiges te bring. Die dissipels het Jesus sien opvaar, en ons oë sal Jesus sien terugkeer.

7 VERENIG IN GEBED Handelinge 1:12-14
“Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.” (Handelinge 1:12) Die bo-vertrek het die huis geword van die 11 apostels en die vroue wat Jesus tydens sy bediening op aarde gevolg het. Jesus se familie was saam met hulle—sy moeder en broers. Jesus se broers het ‘n paar jaar tevore Hom nie geglo nie (Johannes 7:5), so iets het in hul lewens verander. Die 120 lede van die vroeë kerk het tyd geneem om hul sondes te bely en het berou gehad. Hulle was verenig in doelwit, danksy intense gebed. Die gawe van die Heilige Gees was die antwoord op daardie gebede.

8 JUDAS SE OPVOLGER Handelinge 1:15-26
“Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.” (Handelinge 1:26) Handelinge 1:15-26 Daar was twee vereistes om die 12de apostel te word: Om saam met Jesus te wees van Sy doop tot met Sy hemelvaart. Om bereid te wees om 'n getuie van Sy opstanding te wees. Om die lot te werp beteken nie dat hulle 'n lukraak besluit geneem het nie. Hulle het voorheen aanvaarbare kandidate gekies. Hulle het getrou gebid en geglo dat God daardie keuse sou lei (Spreuke 16:33) Daar is sommige ander apostels behalwe Matthias in Handelinge genoem; byvoorbeeld, Paulus en Barnabas (Handelinge 14:14)

9 “Gehoorsaam aan die woord van hulle Meester, het die dissipels in Jerusalem bymekaar gekom om te wag op die vervulling van Gods belofte. Hier het hulle tien dae deurgebring — dae van grondige selfondersoek. Hulle het alle geskilpunte uit die weg geruim, en die bande van Christelike broederskap nouer getrek... Die opdrag aan die dissipels is ook vir ons. ‘n Gekruisigde en verrese Heiland moet vandag, net soos toe, verhoog word voor diegene wat sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld is… […] Almal wat verkies is tot die lewe in Christus, is verkies om te arbei vir die redding van hulle medemens. Dieselfde verlange wat Jesus gevoel het om die verloregaandes te red, moet ook by hulle wees. Almal kan nie dieselfde posisie beklee nie, maar vir almal is daar ‘n plek en ‘n werk. Almal op wie die seëninge van God uitgestort is, moet gehoor gee deur werklike diens te verrig; elke gawe moet bestee word ter bevordering van Sy koninkryk.” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 8, cp. 2, p )


Download ppt "JULLE SAL MY GETUIES WEES"

Verwante presentaties


Ads door Google