Entrepreneurskap Graad 8 Ondernemingsvorme: Entrepreneurskap Graad 8
Terme: Regsaanspreeklikheid: verantwoordelikheid volgens wet. Kontinuïteit: ononderbroke toestand. Kortings: terugbetalings, aftrekkings. Werksekuriteit: veiligheid. Prosedures: die stappe wat gestel is. Gesamentlik: saam Afsonderlik: individueel. Verbale: gesproke, nie-skriftelik. Gereguleer: beheer.
Dividende:. bedrae geld wat gereeld betaal word (gewoonlik elke Dividende: bedrae geld wat gereeld betaal word (gewoonlik elke 3 maande) deur ‘n maatskappy aan sy aandeelhouers uit sy winste. Aanpasbare: in staat om te verander, buigsaam. Onbeperkte: aanhoudend, deurlopend, ononderbroke. Netto wins: wins nadat die koste afgetrek is. Johannesburg se Effektebeurs (JEB): tree op as ‘n soort mark vir beleggers om aandele en ander sekuriteite van openbare maatskappye wat op die JEB amptelik genoteer is om te koop en verkoop. Volhoubare werksverskaffing: vermoë om werk voortdurend te verskaf.
Beslote korporasies:. wetlik gevestigde genootskappe van tussen 1 – Beslote korporasies: wetlik gevestigde genootskappe van tussen 1 – 10 lede. Aanspreeklikheid: finansieël verantwoordelikheid. Aanspreeklik: wetlik verantwoordelik. Geouditeer: finansiële rekords wat geïnspekteer, reggestel en as korrek gesertifiseer is deur gekwalifiseerde ouditeure, wat gewoonlik geen finansiële persoonlike verband met die besigheid het nie. Burokrasie: enige administrasie waar die aksie vertraag is of geblokkeer word deur nodige amptelike prosedures. Publiseer: beskikbaar gestel aan die publiek om te lees. Arbeidshervormings: veranderinge aan arbeidsbeleid.
Vorms van eienaarskap: Eenmansake Vennootskappe Beslote Korporasies Private maatskappye Publieke maatskappye
NATUURLIKE PERSOON VS REGSPERSOON: Natuurlike persoon is ‘n werklike mens, en ‘n regspersoon is ‘n geregistreerde BK, Openbare maatskappy of Privaat maatskappy. Bv. As ‘n Alleenhandelaar gedagvaar word, sal die natuurlike persoon (eienaar) verantwoordelik wees vir al die skuld en sal sy/haar persoonlike besittings verkoop moet word as dit nodig sou wees om die skuld te dek. As ‘n Privaat maatskappy egter gedagvaar word, moet die maatskappy sy eie skuld betaal en die persoonlike bates van die mense in die maatskappy kan nie hiervoor gebruik word nie.
Faktore wat oorweeg moet word: Die grootte en behoeftes aan kapitaal. Of die eienaars die besigheid sal bestuur. Die moontlikhede van ʼn verandering in eienaarskap. Behoefte aan kontinuïteit. Die regsvereistes. Die belastingsbedrag. Die regsaanspreeklikheid of –verantwoordelikheid. Hoe winste en verliese gedeel word.
Eenmansaak: 1 eienaar. Dra kapitaal by in die vorm van geld of bates. Die wins, is die eienaar se vergoeding. Gewilde vorm van eienaarskap in die informele sektor en vir kleinhandelsbesighede.
Eienskappe: Net een eienaar. Eienaar bestuur die besigheid en neem vinnige besluite. Die eienaar het onbeperkte aanspreeklikheid vir die besigheid se skuld. Die eienaar verskaf kapitaal en kry al die winste. Die eienaar betaal inkomstebelasting op sy/haar private inkomste en op die wins. Geen bestaanskontinuïteit nie. Geen formele dokumente nodig nie. Die vorm van eienaarskap is gewild in die kleinhandel. Dis ook ʼn geskikte vorm van eienaarskap vir professionele persone.
Voordele: Dit is maklik en goedkoop om te begin en te beëindig. Geen wetlike vereistes. Die eienaars is in beheer en kan besluite vinnig neem aanpas by verandering. Kry al die winste van die besigheid. Eienaarskap word maklik oorgedra. Die eienaar kan goeie verhoudings met sy of haar kliënte opbou. Die eienaar kan persoonlike kortings kry.
Nadele: Die besigheid het nie altyd genoeg kapitaal nie. Die besigheid kan slegs vir die lewensduur van die eienaar bestaan. Onbeperkte aanspreeklikheid. Die eienaar is vir alle bestuur verantwoordelik. Die eienaar kan nie sommer met vakansie gaan nie. Die eienaar het beperkte vaardighede. Die eienaar kan werknemers gewoonlik nie werksekuriteit of bevordering bied nie.
2. vennootskappe: Minimum van 2 of ʼn maksimum van 20 eienaars wat vennote genoem word. Vennootskap kan in die informele sektor of formele sektor gestig word. Dit is ʼn manier om meer kapitaal vir uitbreiding te kry. Elke persoon dra iets by in die vorm van geld, arbeid of vaardighede vir ʼn algemene doel. Besigheidseienaars kan bekwame en goed gekwalifiseerde werknemers behou deur vir hulle ʼn aandeel in die besigheid aan te bied.
Eienskappe: Besit deur 2 tot 20 persone. Vennote deel in die bestuur van die besigheid. Vennootskap kan op volgende maniere aangegaan word: mondelings, stilswyende ooreenkoms of ʼn geskrewe ooreenkoms wat ʼn Vennootskap Artikels genoem word. Die vennote kan kapitaal, goedere, vaardighede of arbeid tot die besigheid bydra. Dit is maklik om te begin. Vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skuld. Vennote dra kapitaal volgens vennootskapsooreenkoms by.
Geen bestaanskontinuïteit nie. Onbeperkte aanspreeklikheid. Vennote deel winste en verliese volgens vennootskapsooreenkoms. Vennote kan ook salarisse en bonuses trek volgens vennootskapsooreenkoms. Die vennote betaal persoonlike belasting op hul deel van die wins. Groepe dokters, tandartse of prokureurs kan vennootskappe vorm.
Voordele: Vennootskap is maklik en goedkoop om te stig en te beëindig. Meer kapitaal is beskikbaar. Die risiko word versprei en minder persoonlike werksdruk. Gekombineerde vaardighede lei tot groter doeltreffendheid. Lenings kan dalk makliker toegestaan word. Alle vennote bestuur en het ʼn persoonlike belang in die sukses van die besigheid. Daar mag sekere belastingvoordele wees. Kapitaal kan verander word deur eenvoudig kapitaal by te voeg en die vennootskapooreenkoms wysig. Vennote kan goeie persoonlike verhoudings met hulle kliënte ontwikkel. Gesamentlike besluitneming lei tot beter resultate.
Nadele: Vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir enige skuld. Individuele vennote kan ander vennote kontraktueel deur hulle optrede verbind. Geskille kan onder vennote ontstaan, wat konflik kan veroorsaak. Besluitneming is stadiger. ʼn Gebrek aan kontinuïteit.
Vennootskapsooreenkoms: Die naam, doel en adres van die besigheid. Die volle name, bydraes en adres van die besigheid. Hoe winste of verliese deur vennote gedeel gaan word. Die regte, bevoegdhede en pligte van elke vennoot. Belonings in die vorm van bonusse of salarisse van elke vennoot. Vereistes vir kontantontrekkings deur vennote. Besonderhede oor die jaareinde, boekhouding en rekordhoudingsbeleid. Vereistes vir lewensversekeringsdekking vir elke vennoot. Die prosedure wat gevolg moet word wanneer ʼn vennoot die besigheid verlaat of die vennootskap ontbind.
3. Beslote korporasies: Die Wet op Beslote Korporasie (69 van 1983) maak voorsiening vir die stigting van beslote korporasies (BK’s). Die Oprigtingsakte wat vir die stigtings van die besigheid vereis word, moet die bydrae, wat deur elke lid bygedra word, uiteensit. BK’s was ʼn gewilde manier om ʼn nuwe besigheid te vestig. Die Maatskappywet (71 van 2008) laat mense nie meer toe om nuwe BK’s te skep nie. BK’s wat reeds bestaan, mag egter voortgaan as ʼn BK of omskep word in ʼn private maatskappy. ʼn BK hoef nie ʼn winsoogmerk te hê nie, maar as dit het, sal dit belasting op sy winste teen dieselfde tariewe as maatskappy betaal.
Eienskappe: 1 tot 10 lede. Al die lede moet betrokke wees by die bestuur. Al die lede dra kapitaal by en hulle deel word as ʼn % uitgedruk. Die naam moet die letters BK aan die einde hê. ʼn Stigtingsverklaring moet voltooi word en by die Registrateur van Beslote Korporasies registreer. ʼn BK is ʼn wettige entiteit. Die lede het beperkte aanspreeklikheid. Die besigheid het kontinuïteit. Die winste word teen dieselfde koers as maatskappye belas. Die BK moet ʼn rekeningkundige beampte aanstel. Winste word versprei in die vorm van dividend en lede kan ook ʼn salaris of bonus ontvang.
Voordele: Relatief maklik om te begin. ʼn BK kan makliker finansiële ondersteuning kry. Lede het beperkte aanspreeklikheid vir besigheidskuld. Eienaars bestuur die besigheid. Ledebelang hoef nie in verhouding tot hulle kapitaalbydraes te wees nie. Lede moet finansiële jaarstate deurgaan en goedkeur, maar dit hoef nie geoudit of gepubliseer te word nie. ʼn BK het bestaanskontinuïteit. Dit was maklik en goedkoop om wysigings aan ʼn BK se Stigtingsverklaring aan te bring. ʼn BK hoef nie vergaderings te belê nie.
Nadele: Die beperking van 10 lede kan die groei beperk. Elke lid tree as ʼn agent van die BK op en bind ander lede deur sy/haar optrede. ʼn BK berus op vertroue tussen sy lede. Die oordrag van ʼn lid se belang vereis die toestemming van alle ander lede. Lede kan onder omstandighede hulle beperkte aanspreeklikheid verloor. Die BK kan nie aan ʼn maatskappy verkoop word nie. ʼn BK moet ʼn Stigtingsverklaring hê voordat die BK kan begin sake doen. ʼn BK moet ʼn rekenpligtige beampte hê. Konflik van idees en ambisies kan binne ʼn BK ontstaan en doeltreffendheid verminder.
Stigtingsverklaring: Die volle naam van die beslote korporasie met hoofletter “BK” na die naam. Die pos- en fisiese adres van die beslote korporasie. Die vernaamste sakebelange van die beslote korporasie. Die volle name, identiteitsnommers en die geboortedatum van elke lid. Die persentasie belang van elke lid in die beslote korporasie. Die besonderhede van elke lid se bydrae tot die besigheid, insluitend kontant, bates of dienste. Die skriftelike toestemming, naam en adres van die gekwalifiseerde rekenpligtige beampte. Die datum van die finansiële jaareinde.
4. maatskappye: Daar is baie mense wat in ʼn besigheid wil belê, maar wil nie in die dag-tot-dag bestuur daarvan betrokke wees nie. Hierdie mense kan aandele in ʼn maatskappy koop wat hulle ʼn aandeelhouer of ʼn mede-eienaar van ʼn maatskappy maak. Maatskappye het ontstaan toe mense besighede begin het wat baie groot bedrae geld vereis het. Daar is twee hooftipes maatskappye: Private maatskappye Publieke (openbare) maatskappye Die nuwe Maatskappywet (71 van 2008) het radikale veranderinge aan die wet gemaak.
Publieke maatskappye: