De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Webregistrasie.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Webregistrasie."— Transcript van de presentatie:

1 Webregistrasie

2 Algemene opmerkings Lees asseblief eers die inligtingstuk “Algemene inligting vir webregistrasie” voor jy begin met registrasie. Hou asseblief jou studentenommer byderhand. Jou minimum betaalbare gelde moet reeds betaal wees voor jy op die web kan registreer. Webregistrasie

3 Begin hier om te registreer
Webregistrasie

4 Skep van ‘n pinnommer Indien jy vir die eerste keer die web gebruik moet jy hier kliek om ‘n nuwe pinnommer te skep. Webregistrasie

5 Voltooi die twee velde en kliek op ''volgende''.
Webregistrasie

6 Al die velde op hierdie skerm is verpligtend:
Onthou die pinnommer wat jy gekies het Onthou die antwoorde op die sekuriteitsvrae Let wel: die antwoorde is hooflettersensitief. Webregistrasie

7 Jou pinnommer is nou geskep en voortaan kan jy dit gebruik om toegang tot die universiteit se webnavrae te kry. Webregistrasie

8 Teken op die stelsel aan om te registreer.
Webregistrasie

9 Kies ''Registrasie''. Webregistrasie

10 Persoonlike inligting van die student
Kies ''Persoonlike inligting''. Webregistrasie

11 PERSOONLIKE INLIGTING
Deur op ''Volgende'' te kliek kan jy deur die verskillende bladsye beweeg. Die meeste van die inligting is uitgegrys. Jyself kan dit nie verander nie – VIR WYSIGINGS MOET JY BY DIE REGISTRASIELOKAAL AANMELD MET DIE NODIGE STAWENDE BEWYSE. Velde wat nie uitgegrys is nie, kan jyself verander indien dit foutief is. Velde wat met ‘n ‘’*’’ gemerk is, is verpligtend. Webregistrasie

12 PERSOONLIKE INLIGTING (VERVOLG)
Om aan PAIA voorskrifte te voldoen, is dit baie belangrik dat die veld op die biografiese inligtingskerm: “ Mag u inligting aan ander instansies verskaf word? “ voltooi moet wees. Nuwe adres/wysiging: - vir dorp / poskantoor, gebruik ‘’poskantoor’’ veld - vir poskode, gebruik ‘’poskode’’ veld NB: Bogenoemde inligting mag nie in dieselfde velde as die straat of posbus ingelees word nie. By die Naskoolse inligtingskerm kan jy op ''Kliek hier om te registreer'' kliek, om voort te gaan met jou registrasie (sien volgende skerm). Webregistrasie

13 Kliek hier om voort te gaan.
NASKOOLSE INLIGTING Kliek hier om voort te gaan. Webregistrasie

14 Kwalifikasieregistrasie
Maak seker die jaar is 2012. Gaan voort met registrasie. Kliek hier om voort te gaan, indien dit aangedui word dat jy kan registreer. Webregistrasie

15 Indien jy wil wysig, meld by toelatings- of registrasielokaal aan.
Die kwalifikasie en kurrikulum waarvoor jy aanvaar is, of reeds voor geregistreer was, word hier vertoon. Indien jy wil wysig, meld by toelatings- of registrasielokaal aan. Webregistrasie

16 Eerstejaars: Kies modules soos aangedui op jou registrasievorm
Eerstejaars: Kies modules soos aangedui op jou registrasievorm. Waar keuse- modules aangedui word, kies daarvolgens (sien volgende skyfie met aanwysings vir seniors). Webregistrasie

17 Seniors Op die voorafgaande skerm gaan jou modules as volg vertoon word: Alle modules wat GEDRUIP en/of NIE VOOR GEREGISTREER was in vorige jare nie, word eerste gelys: Van hierdie modules kan ‘n MAKSIMUM van 2 eerste en 2 tweede semester modules OF 1 jaarmodule geselekteer word. Indien jy vir meer of ander modules moet registreer, meld aan in die registrasielokaal. Webregistrasie

18 Seniors (vervolg) Volgende word al die modules van die HUIDIGE AKADEMIESE JAAR gelys. Indien daar KEUSEMODULES in die kurrikulum voorkom, word dit in aparte GROEPE gelys, sodat jy jou keuse kan uitoefen. Webregistrasie

19 Op hierdie skerm word die kampus, metode van aflewering, taal en moduleperiode gekies, indien dit nie reeds voltooi is nie. Dit is die modules waarvoor jy gaan registreer (sien volgende skyfie met aanwysings vir seniors). Webregistrasie

20 Seniors Nadat die keuses tov die modules uitgeoefen is, beweeg jy na die volgende skerm – hier kan wysigings aangebring word. Kliek volgende om modules te toets aan die voorvereistes. Die regmerkies onder ''Slaag voorvereistes'' dui die modules aan waarvoor jy geregistreer gaan word. Kliek op die ''i'' om te sien hoekom die modules nie aan die voorvereistes voldoen nie. Webregistrasie

21 Seniors (vervolg) Op hierdie skerm word die modules waarvoor jy kan registreer, sowel as die onsuksesvolle modules vertoon. Kliek op ''Verwyder alle onsuksesvolle modules'' om die modules weg te neem. Slegs die modules waarvoor jy mag registreer, bly op die skerm oor. Webregistrasie

22 PAC = Potchefstroom/Afrikaans/Kontak;
Kies jou studiemateriaal. Die sleutel tot die korrekte keuse van studiemateriaal is (sien kode agteraan studiemateriaal): PAC = Potchefstroom/Afrikaans/Kontak; PEC = Potchefstroom/Engels/Kontak; VAC = Vaaldriehoek/Afrikaans/Kontak; VEC = Vaaldriehoek/Engels/Kontak; MEC = Mafikeng/Engles/Kontak. Webregistrasie

23 Indien jy nie hierdie onderneming aanvaar nie, sal jy nie kan registreer nie.
Webregistrasie

24 Indien jou finansies nie in orde is nie, sal jy nie ‘n ‘’Bewys van Registrasie’’ kan druk nie. Geen studiemateriaal sal uitgereik word nie. Webregistrasie

25 Kliek hier om jou ‘’Bewys van Registrasie’’ te genereer.
Webregistrasie

26 Bewys van Registrasie. Webregistrasie

27 Jy is nou ‘n geregistreerde student van die Noordwes-Universiteit!!
Veels geluk! Jy is nou ‘n geregistreerde student van die Noordwes-Universiteit!! Webregistrasie


Download ppt "Webregistrasie."

Verwante presentaties


Ads door Google