De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel."— Transcript van de presentatie:

1 Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel

2 Lank, lank gelede was daar ‘n dorp met ‘n baie kort straat
Lank, lank gelede was daar ‘n dorp met ‘n baie kort straat. Hierdie kort straat het net drie huise gehad. In elke huis het daar ‘n gesin gebly wat kinders gehad het.

3 In die eerste huis het daar ‘n pappa, ‘n mamma, ‘n boetie en ‘n sussie gebly. Hulle was baie lief vir mekaar. Die boetie en sussie het alles saam met mekaar gedoen.

4 In die tweede huis het daar ‘n mamma en haar tweelingdogters gebly
In die tweede huis het daar ‘n mamma en haar tweelingdogters gebly. Die mamma was baie lief vir haar twee dogters, al was hulle so verskillend. Een van die sussies was maar ‘n papbroek.

5 Daar het ‘n baie ryk gesin in die derde huis gebly
Daar het ‘n baie ryk gesin in die derde huis gebly. Die pa was ‘n dokter en die ma ‘n sakevrou met haar eie besigheid. Hulle het net een seun gehad. Hierdie seun was baie bederf. Hy was ook baie goeie vriende met die bure se seun.

6 Een aand besluit die ouers dat hulle saam na ‘n vertoning wil gaan kyk
Een aand besluit die ouers dat hulle saam na ‘n vertoning wil gaan kyk. Die kinders sê vir hulle ouers dat hulle heel rustig by die huis sal bly. Hulle het nie oppassers nodig nie, hulle is mos mooi groot.

7 Daardie aand besluit drie boewe dat hulle by hierdie huise gaan inbreek. Kinders sal nie die werk vir hulle moeilik maak nie, hulle is mos grootmense.

8 Die diewe gaan na die eerste huis, waar daar net ‘n boetie en sussie tuis is. Toe die boetie en sussie die skelms gewaar, het hulle die paniek-knoppie gedruk. Binne sekondes was die polisie (e) daar. Toe die polisie daar aankom, was net die boetie en sussie daar. Die skelms het spore gemaak. B OEK

9 Die diewe besluit toe maar om na die tweede huis te gaan… die huis waar die tweeling susters bly. Die een sussie was brawer as die ander een. Sy het nooit vir iets geskrik nie.

10 Toe sy die rowers by die voordeur sien, het sy dadelik al die ligte aangeskakel, die polisie gebel en ‘n groot lawaai gemaak. Die lafhartige sussie het die spulletjie net een kyk gegee, by die agterdeur uitgehol en in haar boomhuis gaan wegkruip.

11 B AA N B A N Die skelms het so groot geskrik en weggehardloop. Toe die polisie daar aankom, het die brawe sussie vir hulle gewag. Die ander sussie het steeds weggekruip.

12 Na twee mislukte huisbrake, besluit die rowers dat huis nommer drie baie maklik gaan wees. Een kind kan nou glad nie vir drie grootmense ore aansit nie.

13 Nadat sy ouers gery het, het die seun maar na sy kamer gegaan
Nadat sy ouers gery het, het die seun maar na sy kamer gegaan. Daar het hy baie lekker op sy selfoon gespeel. Skielik hoor die seun geluide onder in die huis.

14 B US B USS Hy besluit toe maar om in sy kas weg te kruip en vir sy vriend te bel en vra om die polisie te laat kom. Die seun se vriend en die polisie het soveel geraas gemaak dat die rowers met net ‘n XBOX weggehardloop het. Die vriend het saam met die polisie die seun uit die kas gehaal.

15 Toe die ouers tuis kom, het die kinders ‘n skrikwekkende, maar ook interessante storie gehad om hulle ouers te vertel.

16 Die meervoudreëls Onthou!!
Net selfstandige naamwoorde kan in meervoude geplaas word. Wat is ‘n selfstandige naamwoord? ‘n Woord wat ‘n en die vooraan kan kry. Jy kan ‘n selfstandige naamwoord sien, voel, proe, raak en hoor: tafel, stoel, deur, kar, tas, ens.

17 Gemengde vokale (ie, oe, ui, eu + rk, rp, nt)
Dorp Hart vriend Deur + As jou woord bestaan uit boetie/sussie-vokale (vokale wat nie dieselfde lyk nie), dan kry die woord net ‘n “e” in die meervoud. Dorp  dorpe boek  boeke Vriend  vriende Deur  deure

18 Boom  bome Straat  strate
Tweelingvokale (aa, ee, uu, oo) Sussie B hardloop weg Boom Straat + As jou woord bestaan uit tweelingsussie-vokale (vokale wat presies dieselfde lyk), dan hardloop die een tweelingsussie weg en die woord kry ‘n “e” in die meervoud. Boom  bome Straat  strate

19 Gesin  gesinne Bus  busse
Kort vokale (a, e, i, o, u) Gesin Bus Verdubbel konsonant + + As jou woord bestaan uit ‘n alleenkind (kort vokaal wat alleen staan), verdubbel jy die konsonant waarop die woord eindig en die woord kry ‘n “e” in die meervoud. Gesin  gesinne Bus  busse


Download ppt "Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel."

Verwante presentaties


Ads door Google