De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”

Verwante presentaties


Presentatie over: "DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”"— Transcript van de presentatie:

1 DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”

2 1. WENNER OF SUKKELAAR? 1.1 Om suksesvol te wees vereis laterale denke. 1.2 Betree die toekoms altyd vanuit die bekende na die onbekende. 1.3 Wanneer jy twyfel, verwys terug na die basiese beginsels.

3 2. IN WATTER MILIEU VIND PRESTASIE PLAAS?
2.1 As onderskei kan word tussen goeie bestuur en goeie leierskap Leiers Visie is uitwaarts Verwyder struikelblokke in die pad van sukses Identifiseer swakpunte in opposisie se mondering Bestuurders visie is inwaarts Soek na metodes om die individue effektief te ontwikkel Soek na metodes om die individu se talent in prestasie te omskep

4 2. IN WATTER MILIEU VIND PRESTASIE PLAAS? - VERVOLG
2.2 Ontwikkel vermoë om die regte talent te identifiseer 2.2.1 Breinkrag is belangriker as ervaring Hoe meer dinge verander, hoe minder is ervaring relevant.  2.2.2 Ervaring is op rekord Opposisie kan teenvoeter daarvoor uitwerk en dit neutraliseer. 2.2.3 Soek spesifieke talent Soek die individu met talent om uitdagings te aanvaar

5 2. IN WATTER MILIEU VIND PRESTASIE PLAAS? - VERVOLG
2.3 As die bestuurders en leiers talent effektief kan benut “Sukses is 90% harde werk en 10% talent” Slagspreuk verhoog die gemiddelde tot die status van uitnemendheid Alle mense is terselfdertyd ʼn wenner en ʼn sukkelaar Elke persoon het ʼn talent. Dit moet ontdek en uitgebou word tot uitnemendheid Sukkelaars kan met harde werk slegs gemiddelde prestasies lewer. Talentvolle mense kan met harde werk uitnemend presteer.

6 3. IS UITMENENDHEID EN MISLUKKING TEENOORGESTELDES
3.1 Uitnemendheid en mislukking is dieselfde – Die gemiddelde is die teenoorgestelde  3.2 Uitnemendheid en mislukking verg dieselfde inset. Sukses maak die verskil 3.3 Sukses word bepaal deur die bereidheidwilligheid om ʼn nuwe uitdaging aan te pak 3.4 Talentvolle mense moet blootgestel word aan die beste tegnokrate 3.5 Talentvolle mense moet blootgestel word aan sterker opposisie 3.6 Die talent om altyd beter te wil presteer moet gesoek word

7 4. MOET DAAR GEFOKUS WORD OP STERKPUNTE OF SWAKPUNTE
4.1 ʼn Ketting is so sterk soos die swakste skakel in die ketting”  4.2 Die slagspreuk skep die verkeerde indruk oor uitnemendheid. 4.3 Teenstanders fokus op swakpunte om jou te neutraliseer. 4.4 Teenstanders het nie ʼn teenvoeter vir jou sterkpunte nie. 4.5 Sterkpunte dra jou deur moeilike situasies, swakpunte nie. 4.6 Spandeer meer tyd op die talentvolle persoon se sterkpunte. 4.7 Moenie swakpunte probeer regstel nie, skep ondersteuningsmeganismes wat swakpunte verdoesel.

8 5. MOET DIE TALENTVOLLE PERSOON MEER OF MINDER AANDAG KRY?
5.1 Talentvolle mense is jou belangrikste bate. 5.2 Talentvolle mense het die beste potensiaal om hul talent destruktief te gebruik. 5.3 Spandeer meer tyd aan hulle en gebruik hul talent tot jou voordeel. 5.4 Talentvolle mense het ʼn natuurlike vermoë om op ʼn doelwit te fokus. 5.5 Maak seker dat die talentvolle persoon se doelwitte deurlopend vir hom/haar duidelik is.

9 6. IS SPANWERK BELANGRIK VIR DIE TALENTVOLLE PERSOON?
6.1 ʼn Voorwaardelike ja” 6.2 Die slagsspreek “Daar is geen ek in die woord spanwerk nie” lei tot die persepsie dat almal eweveel bydrae tot die span se sukses. 6.3 Uitnemendheid moet gebou word rondom die talent van die individu in die span. 6.4 Elke individu moet benut word tot die beste van die individu se vermoë. 6.5 Die sukkelaar se swakpunte word verdoesel deur die sterkpunte van die talentvolle persoon in die span. .

10 7. KOPIEER DIE SUKSESRESEP VAN ANDER PRESTEERDERS?
7.1 Geen 2 persone tree dieselfde op in dieselfde situasie nie. 7.2 Die navolg van ander suksesverhale lei tot ʼn gebrek aan inisiatief, kreatiwiteit en prestasie. 7.3 Dit is belangrik om jou eie doelwitte te identifiseer. 7.4 Werk jou eie metodes uit om sukses te bereik. 7.5 Ontwikkel ʼn onwrikbare geloof in jou eie metodes, maar wees bereid om aan te pas waar nodig.

11 8. IS DIE KORTSTE PAD ‘N REGUIT LYN TUSSEN TWEE PUNTE
8.1 Nee. Dit is die pad met die minste weerstand. 8.2 Om jou doelwit te bereik is belangriker as die roete wat jy volg om dit te bereik. 8.3 Die nastreef van doelwitte sal die talentvolle persoon aanmoedig om beter te presteer.

12 9. KAN DIE TALENT OM TE PRESTEER ONTWIKKEL WORD?
9.1 Talente is reeds deel van jou karakter teen die tyd wat jy skool toe gaan en kan dus nie meer ontwikkel word op skool nie. 9.2 Die talent om te wil wen moet geïdentifiseer word vanuit die staanspoor. 9.3 Vaardighede kan wel ontwikkel word op enige stadium van jou loopbaan. 9.4 Die Bestuurder / afrigter moet kreatief wees en met verskillende metodes eksperimenteer totdat die regte metodes geïdentifiseer is. 9.5 Sodra daar op ʼn metode besluit word moet die atleet dit inoefen totdat uitnemendheid bereik word. 9.6 Die atleet en afrigter moet onwrikbaar in hul metodes glo.

13 10 IS REËLS BELANGRIK VIR DIE PRESTEERDER
10.1 Ja. Sonder reëls kan daar nie ʼn milieu geskep word waarin atlete kan presteer nie. 10.2 Reëls skep ʼn milieu waarin jy jou prestasie kan meet teenoor die van ʼn ander. 10.3 Reëls skep parameters waarin die talentvolle atleet vinniger kan vorder. Omdat die parameters bekend is kan die presteerder baie vinniger vasstel wat is die pad vorentoe. 10.4 Reëls moet egter so gou moontlik bekend wees aan die atleet sodat die atleet sy voorbereiding daarvolgens kan aanpas. 10.5 Reëls moet nie so nougeset toegepas word dat dit die atleet se vordering strem nie.

14 SLOTSOM Om met talentvolle mense te werk is beide ʼn voorreg en ʼn verantwoordelikheid. Die Bestuurder/afrigter kan maklik in die pad staan van die presteerder. Die verskil tussen ʼn presteerder en ʼn sukkelaar is die intensiteit waarmee talente gebruik word. ʼn Presteerder kan ʼn sukkelaar word as eksterne faktore soos reëls, regulasies of persoonlike ego obstruksies word vir die atleet. Die wêreld wat jy sien word deur jou alleen gesien. Hoe meer jy daarin glo, hoe beter is jou kans op sukses.


Download ppt "DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”"

Verwante presentaties


Ads door Google