Lewenswetenskappe Graad 10 J. Oliphant Plantweefsels Lewenswetenskappe Graad 10 J. Oliphant
Meristematiese weefsel Plantweefself 1. Meristematiese weefsel 1.1. Apikale meristeem 1.2. Laterale mersteem 2. Permanente Weefsel 2.1. Epidermis 2.2. Parenchiema 2.3. Kollenchiem 2.4. Sklerenchiem 2.5. Vaatweefsel 2.5.1. Xileem 2.5.2. Floëem
1. Meristematiese Weefsel Aktiefdelend weefsel Nuwe sele word voortdurend deur mitose gevorm Selle is nog nie gedifferensieerd om bepaalde funksie te verrig nie Wat is differensiasie? Die proses waartydens selle/weefsel hul grootte, vorm en struktuur verander om bepaalde funksie te verrig.
1. Meristematiese Weefsel Daar is 2 subgroepe meristematiese weefsel: 1.1. Apikale meristeem 1.2. Laterale meristeem
1.1. Apikale meristeem Groepies selle Kom voor by punte van wortels en stingels Verantwoordelik vir lengte groei (deur mitose)
Basiese struktuur Selle is relatief klein Selwand is dun Vakuool ontbreek Selle is kubusvormig Selkern is groot en opvallend Geen interselulêre lugruimtes
Funksie Maak primêre groei van die plant moontlik deur mitose wat nuwe selle vorm
1.2. Laterale meristeem Aangetref tussen die xileem en floëem In vaat bundels van dikotiele plante Staan bekend as die kambium Wat beteken dikotiel? Dit is tweesaadlobbige plante.
Basiese struktuur Selle is relatief klein Selwand is dikker as apikale meristeem Vakuool ontbreek Selle is platter en effens verleng as apikale meristeem selle Selkern is groot en opvallend Geen interselulêre lugruimtes
Funksie Maak sekondêre groei van dikotiele plant stingels moontlik deur mitose wat nuwe selle vorm Wat is sekondêre groei? Dit is die diktegroei van ‘n plant Dikotiel = tweesaadlobbige plant