De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?

Verwante presentaties


Presentatie over: "Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?"— Transcript van de presentatie:

1 Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?

2 Die doop vra ’n antwoord
Verwys die deelnemers terug na die diagram op bl 17, en spesifiek die pyle bo-aan wat die twee kante van die verbond aandui, naamlik God se verbondsbeloftes en -eis, asook die antwoord wat van ons gevra word. Beklemtoon dat wanneer ’n gedoopte mens nie God se liefde beantwoord met geloof in Christus nie, en daarom met ’n lewe van liefde vir God en gehoorsame toewyding aan God nie, is jy verlore. Jy het jou erfenis nie aanvaar nie. Jy het dan uit God se verbond weggebreek. Die doop red niemand nie. Christus red! Die doop waarborg wel dat Christus se redding vir jou is. Jy is erfgenaam van al God se verbondsbeloftes. Maar jou doop vra ’n antwoord! Jy moet jou erfenis in ontvangs neem. Hanteer nou punt 1. Kry die deelnemers se gedagtes. Hulle sal waarskynlik noem dat dit primêr die ouers se verantwoordelikheid is. Die kerk het hierin ’n ondersteunende rol deur middel van die kategese/kinderbediening. Maar deelnemers moet verstaan dat die kerk nie iemand anders is nie. Dis tog ons wat saam aan Christus verbind is. Waar ons (veral die ouers) as gelowiges hande vat om ons kinders deur middel van sistematiese onderrig verder te begelei op die pad van geloofsgroei, funksioneer dit daar as ’n gemeente se kategese. Plan A is: Laat elke deelnemer dus hier hul eie naam neerskryf. Noem gerus vir die pa’s dat hulle nie hul vrou se naam hier moet skryf nie. Pa’s is ongelukkig dikwels geneig om die geloofsonderrig aan die ma oor te laat. Hy het as pa ’n ewe groot rol en verantwoordelikheid. Hanteer ook punt 2. Raadpleeg die Aanbiedersgids.

3 Die doop vra ’n antwoord
Op watter manier kan die volgende prentjies jou help om jou doopbelofte te verstaan? Hanteer punt 3 aan die hand van die tjek-prentjies wat volg. Raadpleeg die Leiersgids.

4 Lei die deelnemers met die volgende vrae:
3.1 Watter soort kontrak is hierdie (die tjek)? (Eensydig, net soos ’n testament.) 3.2 Wie is die rekeninghouer? 3.3 By watter bank word die fondse gehou? 3.4 Wat is die waarde van die tjek? 3.5 Wie is die ontvanger? 3.6 Hoe kan die ontvanger (begunstigde) die waarde van die tjek kry om te benut? (Hy moet dit bank toe vat en gaan wissel. Die ontvanger besit die R100 dus voorlopig in die vorm van ’n tjek / kontrak). 3.7 Watter waarborg het die ontvanger dat hy die bedrag sal ontvang? (Daar moet genoeg fondse in die rekening wees, dit wil sê ’n likiede rekening. En die handtekening van die rekeninghouer waarborg die egtheid van die “kontrak”.)

5 Gee hulle nou geleentheid om die tweede “tjek” te vertolk in die lig van die eerste. L.W. Tjek 2 is ’n voorstelling van hoe die verbond as eensydige kontrak “werk” in die lewe van die dopeling en die ouers. Die volgende sake kan uitgelig word: Die ontvanger is die dopeling (bv Mi-Kae Conradie). 2) Die waarde van die “tjek” is die “Ewige Lewe”, dit wil sê die nuwe lewe in Christus, wat insluit dat God Homself in liefde aan die dopeling verbind, sy/haar sonde sal vergewe, hom/haar sal toerus met die krag, vrug en gawes van die Gees, en uiteindelik die hemel. Kortom, alles wat God in sy genadeverbond aan ons skenk. 3) Jesus Christus self is die “bank” in wie hierdie gawes van God tot ons beskikking is – vergelyk 1 Petrus 1:18-19 en 2 Korintiërs 1:19-20a. 4) Die “Rekeninghouer” is God die Vader, Seun en Gees (Matt 28:19). 5) God se “handtekening”, wat die kontrak eg maak, is die doop. Dit is God se waarborg aan die dopeling van alles wat God in sy verbond belowe. 6) Die dopeling moet sy/haar “tjek” “bank” toe vat en wissel – Jesus Christus as verlosser aanvaar – om al die beloofde gawes van God te ontvang (Ef 1:3). 7) Alleen die dopeling kan sy/haar “tjek” wissel (vgl. “Nie oordraagbaar”). Maar dis die ouers se voorreg en verantwoordelikheid om hul gedoopte kind “Bank” toe te vat, dit wil sê aan Jesus Christus voor te stel. 8) Kan ouers hul kind “Bank toe vat” indien hulle nog nie hul eie “tjeks” gewissel het nie of nie die pad “Bank” toe ken nie? (Een blinde kan tog nie ’n ander blinde lei nie. Dit verklaar waarom slegs gelowige ouers die verantwoordelikheid kan neem om hul kind te laat doop.) 9) Wat gebeur in die geval waar ’n gedoopte sy/haar “tjek” eers jare later wissel, dit wil sê eers in later jare tot bekering kom en Christus as Verlosser aanvaar (moontlik omdat die ouers nie hul deel gedoen het nie)? Dan is God se beloftes steeds geldig – dit wil sê sy “tjek” het nie ’n vervaldatum nie (net soos ’n testament)!

6 Die doop vra ’n antwoord
4. Hoe voel julle daaroor dat ’n gedoopte persoon, wat jare later tot bekering of geestelike vernuwing kom, hom/haar weer wil laat doop? Raadpleeg die Aanbiedersgids.

7 Die doop vra ’n antwoord
5. Watter ouers het die reg om hulle kind te laat doop? (Lewer gerus kommentaar op die prentjie.) Raadpleeg die Aanbiedersgids.

8 vier belangrike verhoudings
Ouerskap is spanwerk vier belangrike verhoudings Verhouding met God Verhouding met my huweliksmaat Verhouding met ’n steunstelsel Verhouding met jouself Voorts word aandag gegee aan vier noodsaaklike verhoudings wat God aan ons gee om ons hande sterk te maak ten opsigte van die geloofsopvoeding van ons gedoopte kinders. Hy laat ons dus nie alleen in die uitvoering van hierdie groot en heerlike taak nie! Laat van die deelnemers die Skrifgedeeltes voorlees (waar toepaslik) en kry spontane terugvoer uit die groep.

9 vier belangrike verhoudings
Ouerskap is spanwerk vier belangrike verhoudings Verhouding met God Hanteer Punt 1 aan die hand van die riglyne in die Aanbiedersgids.

10 vier belangrike verhoudings
Ouerskap is spanwerk vier belangrike verhoudings 2. Verhouding met my huweliksmaat Hanteer Punt 2 aan die hand van die riglyne in die Aanbiedersgids.

11 vier belangrike verhoudings 3. Verhouding met ’n steunstelsel
Ouerskap is spanwerk vier belangrike verhoudings 3. Verhouding met ’n steunstelsel Hanteer Punt 3 aan die hand van die riglyne in die Aanbiedersgids.

12 vier belangrike verhoudings
Ouerskap is spanwerk vier belangrike verhoudings 4. Verhouding met jouself Hanteer Punt 4 aan die hand van die riglyne in die Aanbiedersgids.

13 Tuisopdrag 2 Lees die doopformulier (Bylaag B, bl 44 agterin die werkboek) met aandag deur. Herinner aan albei Tuisopdragte.

14 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
Volgende week Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?


Download ppt "Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?"

Verwante presentaties


Ads door Google