Psalm 99 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis.
Advertisements

Besluit watter liedere julle wil sing.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Kinders van die Bybel.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
Votum V - Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. G - Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy van die Vader het, vol genade en waarheid.
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
Voltooi die vers....hoe maak mens?
Psalm 98 Geseënde Kersfees! Orrelis: Albert Troskie
Toewyding.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Wie is reg? Wie is weg? God en Godsdienste.
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Herkoms, Frekwensie en Bedoeling
Liefde vir mekaar – Deel 1
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Psalm 40:6 Ek pleit, o Heer, op u barmhartigheid. Bly met u liefde en trou om my, want ramp en onheil is naby en om my heen. En in my hart is stryd.
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
VOLHARDING IN DIE GOEIE STRYD
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Beeld van God.
Seloot Die politieke seloot wat ‘n seloot vir Jesus geword het
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Joh. 14: :
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
“Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” Jak 5:16
Hartlik welkom in die Erediens!
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
God se vreemde opdragte
Vrugte van die Gees.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
Afhanklikheid van God.
“KIND WEES” FASE: 1Kor. 13:11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is,
Welkom, Leiers!.
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1.
Hartlik welkom in die Erediens!
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Hand. 1:
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Ef. 6:12 Eseg.28:12ev Gevallle Engele
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Psalm 99 PowerPoint agtergrond Grafika bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by https://www.google.com/search?q=praying&lr=&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwiKz8_pkszgAhXZ6OAKHb2XAnwQ_AUIDigB&biw=1920&bih=969#imgrc=FyMVGs0GFQ7bMM:

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Flam 124 Agnus Dei http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f124-in-a/ (bekend) of VONKK 263 Hoog verhewe sit die Here http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0263/ of Psalm 99 Votum Psalm 99:1-3 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: “U is heilig!” Respons VONKK 69 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00069/ of Lied 170 Heilig, heilig, heilig Seëngroet Lofsang Flam 21 In Die Hemel Is Die Heer http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f021/ (bekend) of Lied 169 Heilig, heilig, heilig Wet 2 Korintiërs 3:12-4:2 Toewyding Flam 45 Die Heel Beste Rede http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f045/ of Lied 231 Heilig, heilig, heilig, Here Geloofsbelydenis

God praat met ons en ons luister Gebed Skriflesing Psalm 99 - Lees die Psalm responsories: Voorleser: Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: Gemeente: “U is heilig!” Voorleser: 4U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig. Gemeente: 5Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! Voorleser: 6Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor. 7In ’n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het. 8Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle ’n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het. Gemeente: 9Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig. Familie-oomblik

Psalm 99 Fokusteks: Psalm 99 Die Here ons God is heilig 99 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: "U is heilig!" 4U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig. 5Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! 6Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor. 7In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het. 8Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle 'n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het. 9Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig.

Familie-oomblik Familie-oomblik Hierdie is ‘n goeie Sondag om veral met kleiner kinders te gesels oor gebed. Gebed is nie inkopielysies nie. Ons gesels met God. Gebruik die hand om vir mense die verskillende aspekte van gebed te verduidelik: Duim – Loof: Duim is eerste – ons begin altyd by God deur God te loof – deur vir God te sê hoekom ons lief is vir hom. Gesels oor maniere waarop ons vir God kan loof. Julle kan bv die sin voltooi: Here, ons prys U, want u is ... (Julle kan dit vir elke vinger doen: Jammer dat ons.... Dankie vir.... Ons vra...) Jammer – Wysvinger: Wanneer iemand met jou raas of sê wat jy moet doen, wys hulle met hierdie vinger. Volgende sê ons vir God jammer vir die goed wat ons verkeerd gedoen het. Dankie – Middelvinger: Dis die langste vinger, want dis belangriker dat ons “dankie” sê as om te vra vir goed. Ons sê ook vir God DANKIE wanneer hy ons gebede beantwoord, wanneer hy iets in ons lewens doen en vir al die seëninge wat hy vir ons en ander gee. Vra – Ringvinger en pinkie: God wil ook hê ons moet VRA vir wat ons of ander mense nodig het. Ringvinger – dis die swakste vinger, daarom bid ons vir ander mense wat swak is. Pinkie – dis die kleinste, so ek bid heel laaste vir myself.

Agtergrond Preekriglyn Agtergrond Die vierde Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat die Here reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die ontrouheid van Dawid se koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met 'n appèl aan die Here om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. Die vierde Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in 'n tyd wat jy swaarkry, 'n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing.

Buig in aanbidding voor die Heilige Psalm 99 is een van die prima Aanbiddingspsalms. Twee keer loop die beskrywing van God se wese en werk uit op 'n gelykluidende oproep om God te aanbid: "Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!" (vers 5). Die direkte vertaling vertaal "voor Hom" heel korrek as: "voor die voetbank vir sy voete," wat dui op die verbondsark as simbool van die Here. "Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig." (vers 9). Die direkte vertaling vertaal "voor Hom op sy heilige berg" meer direk as: "voor sy heilige berg" wat dui op die tempelberg, Sion, as simbool van die Here. Dit is dan ook die indeling van die Psalm: vers 1–5 en vers 6–9. Inderdaad: "U is heilig." Neem 'n paar oomblikke om jou in te leef in aanbidding voor dié God.

Aanbid die Heilige Heerser God (vs 1-5) Aanbid die Heilige Heerser God – vers 1–5 Die Psalm teken in die eerste deel 'n prentjie van God wat regeer vanaf die Allerheiligste deel van die tempel in Sion. Die Psalmdigter sê: "Hy troon oor die gerubs" (vers 1). Dit dui aan die eenkant op die twee gerubs (hemelse wesens soos die engele en die serafs) van goudbeslag wat op die deksel van die verbondsark in die Allerheiligste van die tabernakel, die tent van ontmoeting, aangebring is (vgl. Eks. 25:18). Salomo het later in die tempel nog meer gerubs gemaak (vgl. 1 Kon. 6). Dit is die plek vanwaar God met Moses gepraat het op hulle reis deur die woestyn (Num. 7:89), en waar die hoëpriester een keer 'n jaar versoening vir die sondes van die volk gedoen het (Lev. 16). Die beskrywing van die gerubs dui egter ook aan die ander kant op die werklikheid van God wat vanuit die hemel heers, wat Hy is koning oor die hele wêreld, "hoog verhewe bo al die volke." (vers 2). Die tempel en die verbondsark is dus simbole van die dieper werklikheid van God se wese en werk wat alles omvat. Dit pas ons ook om voor Hom neer te buig, soos Psalm 99 sê, en te roep: "Heilig is Hy!" (direkte vertaling). Hy is dus die Heilige Heerser, die magtige Koning (vers 4). Dit is Hy wat aanbid moet word. Waarvoor? Dat Hy die reg (geregtigheid – 2–14 vertaling) liefhet, dat Hy die reg (billikheid – direkte vertaling) tot stand bring, dat Hy reg en geregtigheid vestig in sy volk (Jakob). Dit is waarvoor Hy geëer en aanbid moet word. En let op dat Hy nie net geregtigheid liefhet nie, maar inderdaad tot stand kan bring sodat dit gevestig kan wees onder sy mense. Die prentjie van hierdie Heilige Heerser God word voltooi met die beskrywing in vers 5 – wat ongelukkig weggelaat is in die 1983 vertaling – oor die verbondsark as "die voetbank vir sy voete" soos dit heel korrek in die direkte vertaling aangebring is. Hierdie Heilige God heers dus vanuit die heiligdom in die stad Jerusalem. God is egter nie net in Sion nie. Dit is maar net sy "voetbank" (vgl. 1 Kron. 28:2 waar Dawid juis van die verbondsark "as rusplek vir die voete van ons God" praat; vgl. ook Ps. 132:7). Hy is ook: "hoog verhewe bo al die volke." Daarom kan die Psalmdigter alle mense oproep om sy groot en gevreesde Naam te prys: "U is heilig."

Aanbid die God wat gebede beantwoord (vs 6-9) Aanbid die God wat gebede antwoord – vers 6–9 Die fokus van die Psalmis skuif na drie gebedshelde van weleer, Moses, Aäron en Samuel wat sy Naam aangeroep het en ervaar het dat Hy hulle gebed geantwoord het (interessant, al drie word priesters genoem). Samuel verbind homself interessant genoeg ook aan Moses en Samuel wat 'n aanduiding is dat hy sy lewe op dié van Moses en Aäron geskoei het (1 Sam. 12:6). In die 1983 vertaling staan daar egter dat Hy die gebed verhoor het, maar eintlik staan daar net dat Hy geantwoord het (direkte vertaling). Ons dink te maklik dat verhoring 'n ja–antwoord is. Dit is nie wat die drie se ervaring was nie. God het altyd geantwoord, maar soms ook nee geantwoord, soos wat ons eksplisiet van Moses (Eks. 32), en Samuel (1 Sam. 16) lees. Trouens, die Here waarsku vir Jeremia op 'n punt in sy eie worsteling met die Here, dat selfs al was Moses en Samuel in gesprek met Hom oor die situasie van die volk net voor die ballingskap, sou Hy nie van sy plan afwyk nie (Jer. 15:1). God se besluit is soewerein. En 'n nee–antwoord is ook 'n Goddelike antwoord. Laat ons dit nooit vergeet nie. Wat ons ook moet raaksien van dié drie gebedshelde, is dat hulle God se bepalings nagekom het, die vaste voorskrifte wat Hy vir hulle gegee het (vers 7). Gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring. 'n Les wat ons weer ter harte kan neem in ons eie worstelinge met die Here oor allerlei. Let ook op dat die antwoord op hulle gebede ingesluit het dat God hulle vergewe het, en soms ook hulle sondes gestraf het – al drie het dit ervaar: Moses kon nie die Beloofde Land in nie (Num. 16), Aäron ook nie (Num. 12; 16) en Samuel is deur die Here tereggewys oor sy hartseer oor Saul (1 Sam. 16). God se dissipline was dus werksaam in hulle lewe. Die Psalmdigter gebruik dus dié drie gebedshelde se lewens om ons op te roep om dié God te aanbid, sy leiding in ons lewens te aanvaar, want Hy is heilig!

Die boodskap van die Psalm Psalm 99 roep ons op om God te aanbid. Daar is twee redes daarvoor. Eerstens is God die Heilige Heerser wat oor alles troon. Tweedens is God die een wat gebede beantwoord. Dit pas ons aan-aan die eenkant om met ontsag Hom te aanbid. Terselfdertyd nooi Hy ons aan die ander kant uit om soos Moses, Aäron en Samuel met Hom in gesprek te tree oor alles in ons lewe. Hy sal antwoord. Daarop kan ons vertrou. Maar, dit sluit in dat Hy soewerein bly in die tipe antwoord wat Hy gee. En gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring.

Verheerliking Verheerliking Dis vandag Sondag van Verheerliking, die inleiding tot die herdenking van Lydenstyd, tot die kruisweg. Psalm 99 beskryf die heerlikheid van God, waarin Jesus deel. In die bediening van Jesus die Here word God se koningskap op 'n heerlike manier op aarde bevestig. Die heerlikheid lê by God, nie by ons nie. En tog her Jesus, gelyk aan God, sy heerlikheid nie gesien as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy 'n dienaar geword wat ons tot in die dood kom dien het. Daarvoor kan ons die heerlike, hoë God vereer en dien.

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Flam 18 Ek Kyk Op http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f018b/ of VONKK 76 Onsterflik, Onsienlik, Almagtig En Wys http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00076/ (bekende melodie) of Lied 267 Ons Vader op die hemeltroon Seën Respons VONKK 69 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00069/ of Lied 170 Heilig, heilig, heilig

Volgende erediens: Lukas 4:1-13   Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk