KERKORDE IS COOL
OF BRAND!
DIE ROL EN FUNKSIE VAN DIE KERKORDE IN DIE PRAKTYK VAN GEMEENTE-WEES
PRINSIPIËLE DEEL Inleiding Ecclesia completa et incompleta Kerkorde en kerkbegrip Skrif, belydenis en kerkorde Kerkorde en eenheid Kerkorde as hulpmiddel
PRAKTIESE DEEL GEMEENTE EN BELYDENIS 1.1 Merkers 1.1.1 NG Kerk is gegrond op die Bybel. Die leer wat die kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die drie Formuliere van eenheid. 1.1.2 Belydenisskrifte het nie selfstandige gesag op hulle eie nie. Hulle is met die gesag van die Woord beklee.
1. 1. 3. Belydenisskrifte word aanvaar omdat (quia) hulle 1.1.3 Belydenisskrifte word aanvaar omdat (quia) hulle met die Woord ooreenstem. 1.1.4 Belydenisskrifte kan gewysig en/of aangevul word. 1.1.5 Belydenisskrifte is historiese dokumente met aktualiteit en kontinuïteit. 1.1.6 NG Kerk distansieer hom van: Konfessionalisme Indifferentisme Quatenus-standpunt Geen gesag-standpunt Herinterpretasie-standpunt Emosionele subjektivisme Dooie ortodoksie
PRAKTIESE DEEL 1.2 Toepassing Wat maak die gemeente? Die Sinode van Oos-Kaapland en/of die Algemene Sinode aanvaar die Belydenis van Belhar as vierde/ bykomende belydenissskrif. Wat maak die gemeente?
PRAKTIESE DEEL 1.2 Toepassing 1.2.1 Wysiging van belydenis geskied met ‘n tweederdemeerderheid deur sinode en kerkrade. 1.2.2 Belydenis van geloof is die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van die kerk. 1.2.3 Gemeente is, as samevoeging van gelowiges met dieselfde belydenis, volledig kerk. 1.2.4 Die kerk kom ook tot uitdrukking in die kerkverband. 1.2.5 Die kerkraad verteenwoordig die gemeente en hanteer die gemeente se eie sake.
1. 2. 6. Die Woord staan vas, die belydenis en kerkorde 1.2.6 Die Woord staan vas, die belydenis en kerkorde kan verander word. 1.2.7 Juridies gesproke is die kerk ‘n universitas (vrywillige vereniging) met ‘n grondwet of konstitusie (die kerkorde), waaraan die kerk beoordeel word. 1.2.8 Die gemeente is die regspersoon, die kerkraad die orgaan. 1.2.9 Die kerkverband kan nie eensydig die aard of identiteit van die gemeente verander nie. Die kerkraad moet self ook ‘n besluit oor belydenis- verandering neem. 1.2.10 Gemeentelede kan nie self stem nie, net approbasie verleen. Die kerkraad besluit met stemming.
1. 2. 11. Die meerderheid (tweederdemeerderheid) beslis 1.2.11 Die meerderheid (tweederdemeerderheid) beslis en die minderheid moet die beslissing aanvaar of in appèl daaroor gaan. 1.2.12 Die belydenisse van die kerk kan ekumenies, histories en/of eietyds wees.
VGKSA “Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees wat Hom in Jesus Christus geopenbaar het. Hy glo dat die Bybel die Woord van God en die volkome betroubare getuie van hierdie openbaring is en aanvaar dat daar in bepaalde tye en in ooreenstemming met die Woord van God belydenisse ontstaan het wat die geloof van die Kerk van Christus vertolk.
Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika aanvaar die ekumeniese belydenisse, te wete die Aposto-liese Geloofsbelydenis en die Belydenisse van Nicea en Athanasius, kragtens sy eie oorsprong glo die kerk ook dat die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls suiwer uitdrukking aan sy geloof gee soos dit deur die geskiedenis aan hom oorgelewer is; die Kerk aanvaar verder die Belydenis van Belhar soos wat dit tans van hom in die Suider-Afrikaanse situasie vereis word.
Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika aanvaar dat sy taak van belydenisvorming nie afgehandel is nie. In die toekoms mag veranderde omstandighede en ‘n beter verstaan van die Woord van God lei tot die aanvaarding van verdere belydenisskrifte, of die wysiging van bestaande belydenisskrifte.”
PKN “Het belijden van de kerk geschiedt in gemeenschap met de belijdenis van het voogeslacht, zoals die is verwoord in de Apostolische geloofsbelijdenis, de geloofs- belijdenis van Nicea en de geloofsbelijdenis van Atanasius – waardoor de kerk zich verbonden weet met de algemene christelijke Kerk -, in de Onveranderde Augsburgse confessie en de catechismus van Luther – waardoor de kerk zich verbonden weet met de lutherse traditie -,
in de catechismus van Heidelberg, de catechismus in de catechismus van Heidelberg, de catechismus van Genève en de Nederlandse geloofsbelijdenis met de Dordtse leerregels – waardoor de kerk zich verbonden weet met de gereformeerde traditie. De kerk erkent de betekenis van de teologische verklaring van Barmen voor het belijden in het heden. De kerk erkent met de Konkordie van Leuenberg dat de lutherse en gereformeerde tradities door een gemeenschappelijk verstaan van het Evangelie bijeenkomen.”
PRAKTIESE DEEL GEMEENTE EN AMPTE 2.1 Merkers 2.1.1 Ampte of geordende bedieninge is gawes en dienste om gelowiges vir hulle dienswerk toe te rus. 2.1.2 Bestaande drie ampte is Skriftuurlik verantwoord. 2.1.3 Die ampte kan verbreed, vermeerder of verminder word. 2.1.4 Die ampte se fokus verskil. 2.1.5 Christus verrig self die dienswerk in sy kerk en daarvoor gebruik hy die gewone lidmate en die ampsdraers.
2. 1. 6. Ampte is gelykwaardig en ampsdraers kan slegs 2.1.6 Ampte is gelykwaardig en ampsdraers kan slegs funksioneel van mekaar onderskei word. 2.1.7 Ampsdraers moet beroep/verkies en bevestig word. 2.1.8 Alle kerklike werkers is nie ampsdraers nie. 2.1.9 Bedienaars van die Woord moet teologies opgelei en gelegitimeer wees, alvorens hulle in die amp van bedienaar van die Woord bevestig kan word.
PRAKTIESE DEEL 2.2 Toepassing Die gemeente beskik oor ‘n jeug- werker, maar sy is nie by een van die drie teologiese fakulteite opgelei nie, maar by Hugenote- Kollege in Wellington. Die gemeente verlang dat sy kinder- en jeug- dienste moet lei en dat sy die gemeente in meerdere vergaderinge moet kan verteenwoordig.
PRAKTIESE DEEL 2.2 Toepassing 2.2.1 Jeugwerker gaan studeer verder en voldoen aan vereistes vir opleiding en legitimasie. 2.2.2 Jeugwerker word met beperkte opdrag gelegitimeer. 2.2.3 Jeugwerker word as ouderling bevestig, word as ouderling na meerdere vergaderinge afgevaardig en neem as ouderling leesdienste waar. 2.2.4 Die kerk skep ‘n vierde amp vir “kerklike medewerkers” en die jeugwerker word in daardie amp verkies en bevestig.
2. 2. 5. Die kerk besluit om die amp van bedienaar van die 2.2.5 Die kerk besluit om die amp van bedienaar van die Woord te verbreed sodat nie-gelegitimeerdes soos jeugwerkers in dié amp verkies en bevestig kan word. 2.2.6 Die kerk maak in sy teologiese opleiding vir “alternatiewe bane” voorsiening. ‘n Korter en basiese teologiese opleiding word aan jeugwerkers voorsien, waarna hulle beroep en bevestig kan word.
PRAKTIESE DEEL 3. KERKVERBAND EN KERKVERGADERINGE 3.1 Merkers 3.1.1 Gemeente word nie eers kerk as dit in kerkverband met ander gemeentes tree nie. 3.1.2 Gemeentes is verplig om in kerkverband te bly. 3.1.3 Kerkverband beskerm gemeentes. 3.1.4 Kerkverband word net verbreek as dit voor God in die lig van sy Wooord regverdig kan word. 3.1.5 Die NG Kerk het vierkerkvergaderinge. 3.1.6 Kerkvergaderinge hanteer alle sake vanuit kerklike perspektief, in die lig van die Woord en op ‘n kerklike wyse.
3. 1. 7. Die kerkraad is ‘n vergadering van geroepe en 3.1.7 Die kerkraad is ‘n vergadering van geroepe en geordende ampsdraers; die ring en sinode is ‘n vergadering van gemeentes; die algemene sinode is ‘n vergadering van sinodes.
PRAKTIESE DEEL 3.2 Toepassing diakens nie. Die kerkraad besluit om te herstruk- tureer en te desentraliseer in ‘n bestuursraad, ‘n bedieningsraad en ‘n diensraad. In eersgenoemde dien slegs een van die gemeente se vier predikante saam met ‘n aantal ouderlinge, maar géén diakens nie.
PRAKTIESE DEEL 3.2 Toepassing 3.2.1 Kerkraad mag desentraliseer en aan gedesentra- liseerde kerkrade duidelik omskrewe bevoegdhede gee. 3.2.2 Ouderlinge en diakens mag afsonderlik vergader vir die behartiging van die besondere werksaamhede. 3.2.3 Desentralisasie is nie sentralisasie van mag nie. 3.2.4 Die gedesentraliseerde kerkraad is in die uitoefening van sy magte dié kerkraad.
3. 2. 5. Magte en funksies moet duidelik in die kerkraad se 3.2.5 Magte en funksies moet duidelik in die kerkraad se huishoudelike reëls uitgespel word. 3.2.6 Volmag kan ook aan kommissies gegee word, sonder om die kerkraad te desentraliseer. 3.2.7 Alle ampsdraers hoef nie in die kerkraad te dien nie. 3.2.8 Al die ampte hoef nie in elk van die gedesentraliseerde kerkrade te dien nie, maar moet wel in die kerkraad as geheel dien.
GEDESENTRALISEERDE KERKRAAD LERAARS OUDERLINGE DIAKENS BEDIENINGSRAAD 4 leraars en 8 ouderlinge BESTUURSRAAD 1 leraar en 10 ouderlinge DIENSRAAD 2 ouderlinge en 15 diakens GEDESENTRALISEERDE KERKRAAD
EREDIENS?
TUG?
einde