Kinderkersfees “Nog ‘n Held in die Kersverhaal” 1.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis.
Advertisements

Besluit watter liedere julle wil sing.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
Votum V - Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. G - Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy van die Vader het, vol genade en waarheid.
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
Voltooi die vers....hoe maak mens?
Sommige predikers beweer die 10 gebooie is teen die
Kerssangdiens 2013 Somerstrand.
Psalm 98 Geseënde Kersfees! Orrelis: Albert Troskie
Toewyding.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Kersliedere Jesus is die Ewige Lig!.
Wie is reg? Wie is weg? God en Godsdienste.
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Hoop in onverwagte plekke
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Liefde vir mekaar – Deel 1
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Psalm 40:6 Ek pleit, o Heer, op u barmhartigheid. Bly met u liefde en trou om my, want ramp en onheil is naby en om my heen. En in my hart is stryd.
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Marnus Koen. Marnus Koen Paul Grobler Uit die woestyn … In die Koninkryk!
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
VOLHARDING IN DIE GOEIE STRYD
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Voorstelling van nuwe lidmate
2 Timoteus 1:1-7 Elkeen is deur God gestuur
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Algemene Sinode Dagwyding
Preek Jesaja 53:6.
Joh. 14: :
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Bybel Speletjies Name van JESUS.
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
Bekering.
God se vreemde opdragte
2 > 1 Twee is beter as een.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Afhanklikheid van God.
“KIND WEES” FASE: 1Kor. 13:11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is,
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Hartlik welkom in die Erediens!
“gevangene van die wet”
Wie was Jesus se ma gewees?
#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Lees: II Petrus 1:1-15 Teks: II Petrus 1:2 Tema: Kennis van God en Jesus Christus dringend belangrik vir my geloofsekerheid! Sing: Lof: Psalm 138-1:1,2.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Joh. 1: Efes. 5:
Hand. 1:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
ACTS ACTION II..
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Kinderkersfees “Nog ‘n Held in die Kersverhaal” 1

Dankies... Begin hierdie slides wys 5 minute voor die diens begin 2

en al die graad 1 en 2 kinders en kategete Orkes: Sangers: Klank: Blomme: Tee: Program en reëlings: Engeltjies en Herders en al die graad 1 en 2 kinders en kategete Voorlesings: Koorleier Koorlede: Gaan deur die lys en vul die name in van die mense wat julle wil bedank vir hulle betrokkenheid by die KinderKersfees-Diens. Wys die name so 5 munute voordat die diens begin. 3

Openingsgebed 4

Groet Votum en seengroet Die Here het ons nou gegroet, Kom ons draai na die mense rondom ons en groet mekaar Groet 5

Eerste beweging: Ons sien uit na wat kom Teksgedeelte: Jes 9:1,5 Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn. Vir ons is ‘n Seun gebore, Aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredvors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Na die lees van hierdie teks, kan ‘n kers aangesteek word. 6

Clip1: Sakkie sien uit na Kersfees In hierdie clippie is Sakkie baie opgewonde oor Kersfees wat op pad is. Dit kan benut word om iets te vertel van hoe mense uitgesien het na Jesus se koms – maar ook hoe ons vandag uitsien na Jesus. Hierdie eerste clippie maak die toneel “oop” om vir die volgende bewegings wat op pad is. 7

Gemeentesang Staande 8

besing met 'n vrolike stem want daar is die Heiland 3Lied 349 Kom, kinders 1. Kom, kinders, besing met 'n vrolike stem die wonder van God in die stad Betlehem, want daar is die Heiland gebore, dié nag, die hoop van die wêreld, deur eeue verwag. 9

deur dié geboorte vervul: Die lig van die wêreld, die God'like Kind, 2. Geringe klein dorpie in duister gehul, 'n heilswoord is deur dié geboorte vervul: Die lig van die wêreld, die God'like Kind, is Jesus in wie ons die saligheid vind! 10

3. In need'rige krip was sy bedjie berei - die Kind wat die harte van almal verbly. Omhoog, uit die hemel, sing engele eer, die herders en wyses kom kniel voor Hom neer. 11

4. Ons bring soos die herders en engele weer aan Hom alle hulde, ons Heiland en Heer. Verlos van die sonde, besing ons tesaam die roem en die eer van sy heerlike Naam. 12

Tweede beweging: Die aankondiging Lukas 1:26-33 In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” 13

Clip2: Maria hoor goeie nuus! Sakkie besluit om op Maria te fokus. Hy vertel dat sy eers bang en onseker was, maar dat die engel se boodskap baie goeie nuus was. 14

Gemeentesang staande 15

helder klink dit met Kersfeestyd: Juig dan, almal, jubel oor die Lied 344 O die goeie tyding, 1. O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig dan, almal, jubel oor die saligheid! 16

kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, 2. O die goeie tyding, o die blye tyding kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, maak by mense woning - Hy, gebore in die volheid van die tyd! 17

oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. prys Hom tot in ewigheid! 3. O die goeie tyding, o die blye tyding - oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. Blye jubelkore loof die Kind, gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid! 18

Skriflesing: Lukas 2:1-7 Die geboorte van Jesus In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe. Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. 19

Gemeentesang sittende 20

358 Welkom, o stille nag van vrede 1. Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. 21

2. Hoor jy hoe sag die klokke beier In eeue-oue taal. Kyk, selfs die nagtelike swye Vertel die ou verhaal. Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. 22

3. Voel jy ook nou sy warm liefde As ons die dag gedenk, Toe Hy sy Seun aan ons gegee het, Ons grootste Kersgeskenk. Christus kom, Christus kom - gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. 23

Derde beweging: Die skaapwagters 24 Lukas 2:8-19 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.” Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 24

Gewone skaapwagters hoor eerste Clip 3: Gewone skaapwagters hoor eerste Sakkie vertel hoe dit vir die skaapwagters moes voel om ‘n besoek van die engele af te kry. 25

Gemeentesang sittende 26

364 Herders op die ope velde Herders op die ope velde Het dié nag die eng’lekoor Met die blye evangelie Uit die hemel aangehoor: Kom, loof die Heer, loof die Heer, Loof die Here God In die hoogste heem’le In die hoogste hemele. 27

2. Met hul harte vol van vreugde Praat hul van die Jesuskind: Herder vir die mens op aarde Wat verdwaaldes soek en vind. Kom, loof die Heer, loof die Heer, Loof die Here God In die hoogste heem’le In die hoogste hemele. 28

3. Ere in die hoogste hemel, Klink dit nou die wêreld deur: Liefde, vrede, welbehae Daal in Jesus tot ons neer. Kom, loof die Heer, loof die Heer, Loof die Here God In die hoogste heem’le In die hoogste hemele. 29

Vierde beweging: Die wyse manne 30 Jesus is in die dorp Betlehem gebore. Dit is in die landstreek van Judea. In daardie tyd was Herodus die Grote die koning van die Jode. ‘n Groepie sterrekykers uit die Ooste het kort na Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom. Hulle het oral daar in Jerusalem in die strate begin rondvra waar hulle die nuwe koning van die Jode kon vind. “Ons het ‘n ster in die ooste gesien. Dit is die teken dat ‘n baie belangrike koning hier in julle land gebore is. Daarom het ons hierheen gekom om aan hom eer te kom bewys. ‘n Nuwe koning se geboorte moet mos gevier word,” het hulle oral vir die mense vertel. Kort voor lank het Herodes ook van die geleerdes uit die Ooste se storie te hore gekom. Hy wou by hulle weet presies waar die Messias, God se gestuurde, gebore sou word. “In Betlehem, in die landstreek van Judea,” het hulle geantwoord. Daarna is die wyse manne Betlehem toe. Toe dit donker word, het hulle skielik dieselfde ster wat hulle vroeër in die ooste gesien het, in die lug bokant hulle opgemerk. Daaroor was hulle sommer baie bly. Dit het stadig voor hulle uitbeweeg. Uiteindelik het die ster tot stilstand gekom bokant die plek waar Jesus en sy ouers was. Die geleerdes het toe ingegaan. Toe hulle vir Jesus sien, het hulle dadelik op hulle knieë neergeval. Uit respek het hulle laag op die grond voor Hom gebruig. Toe maak hulle hulle bagasie oop en haal ‘n klomp geskenke uit wat hulle vir Hom saamgebring het. Daar was kosbare ornamente wat uit goud gemaak is, en ook wierook en mirre om die koms van die nuwe Koning te vier! (Uit: Die Boodskap) 30

Clip 4: Goud, wierook en mirre In hierdie clippie gesels Sakkie oor die wyse manne. Hy leer self weer van die goud, wierook en mirre wat as geskenke gegee is vir die Koning wat gebore is. Dit kan dalk goed wees om kortliks na die geskenke te verwys en te verduidelik dat dit spesiale geskenke was. Die volgende lied, “Die Heiland is gebore”, is juis gekies omdat ons daar sing van God wat sy Seun gegee het (tweede strofe). 31

Gemeentesang sittende 32

soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel. 353 Die Heiland is gebore 1. Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel. Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore - dis Hy wat redding bring! 33 33

2. Die Lig kom na die wêreld in Jesus Christus, Heer. Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer. So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons sy Seun - só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun. 34

Offergawes OFFERGAWES Terwyl ons saam met die wyse manne opgewonde is oor Jesus se geboorte, kan ons ook saam met hulle wys dat ons bly en dankbaar is. Dit kan lekker werk om die kinders hier die kollekte te laat opneem. Offergawes 35

Die Kersverhaal is nog nie klaar nie... Vyfde beweging: Die Kersverhaal is nog nie klaar nie... Hier kan die liturg kortliks verwys na die karakters wat Sakkie vertolk het – enige ander belangrike karakters of elemente wat kortliks uitgelig kan word, kan hier genoem word. Dit kan goed werk om weer antisipasie te skep deur iets te sê soos: “Ek wonder wat gaan nou gebeur? Sakkie het nou klaar die kersverhaal vertel – kom ons kyk watter besluite neem Sakkie nou.” Die idee is dat die volgende clippie die kinders sal help om te besef dat die Kersverhaal ons daarby intrek, omdat ons as God se kinders deel daarvan is. 36

Sakkie wil ook in die verhaal wees Clip 5: Sakkie wil ook in die verhaal wees Sakkie hou so baie van die Kersverhaal, dat hy vreeslik graag ook deel daarvan wil wees. In hierdie clippie ontdek hy dat die Kersverhaal eintlik nog aangaan – ons is nou geskenke vir die wêreld! 37

Ons is almal in die Storie Engele, Herders en wyse manne gaan vorentoe ONTHOU OM DIT VOOR DIE TYD MET DIE KATEGETE/OUERS/KINDERS TE REëL: Maak gebruik van hierdie oomblik in die diens om die gemeente se eie “engele, herders en wyses” na vore te roep. Die dogtertjies is gewoonlik gretig om as engeltjies opgemaak te word. Afhangende van julle situasie, is hierdie ‘n gulde geleentheid om soveel as moontlik kinders op verskillende maniere te betrek. Dit is belangrik dat die liturg op hierdie punt dit duidelik maak dat ons eintlik almal deel is van die Kersverhaal. Die deelname van gemeentelede by hierdie oomblik illustreer dit ook mooi. Terwyl “Al was ek nie daar nie” gesing word, kan die herders en engele wat voor staan – of met wie ook al so gereël word – kerse gereed kry wat tydens die lied aangesteek word. 38

Gemeentesang sittende 39

Die krip en Maria met die Kindjie by haar. 355 Al was ek nie daar nie 1. Al was ek nie daar nie – Ek weet dit is waar: Die krip en Maria met die Kindjie by haar. Dis of ek die engel die boodskap hoor bring Van Jesus se vrede, wat harte laat sing. 40

Die herders en wyses het dit eerste geglo. 2. Al was ek nie daar nie – Ek weet dit is so: Die herders en wyses het dit eerste geglo. En deur al die jare bou Jesus sy kerk – Die Gees en die Woord kom geloof in ons werk. 41

Slotgebed 42 Kom ons bid saam Here, U het deur ‘n ster U Enige-gebore Seun aan ons op aarde gewys: Lei ons, tot by U, waar ons U heerlikheid van aangesig tot aangesig kan sien. Dankie dat U ook u Seun vir ons gegee het. Help ons om ook self geskenke vir mekaar en die wêreld te wees. Slotgebed 42

Stille nag staande 43

Jesus-kind, lank verwag, Lig uit Lig, uit die Vader se ryk, 1. Stille nag, heilige nag! Jesus-kind, lank verwag, Lig uit Lig, uit die Vader se ryk, word uit liefde aan mense gelyk. Loof die hemelse Kind! 44

op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor: 2. Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor: Juig, die Redder is daar! 45

voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - 3. Stille nag, heilige nag! Jesus, Heer, voor u mag, voor u ryk moet die duisternis swig; tot in ewigheid bly U die lig - Heer, gebore vir ons! 46

Groet Ontvang die seën van die Here… Die genade van God ons Vader Die liefde van Christus Jesus, ons Here, En die vertroosting van die Heilige Gees bly met u elkeen. Amen. Groet 47

Almal word genooi om ‘n koppie tee saam te geniet. 48

Swart agtergrond vir uitstap 49

Ekstra “slides” wat as agtergrond gebruik kan word indien nodig. 50

51

52

53