‘n Oorsig van die Onderwys in Suid-Afrika
→ Januarie 1998 - K2005 met sy UGO benadering → HNKV (2002) → NKV(2002) NKV → KABV 2012 (Gr. 1 – 3) NKV → KABV 2013 (Gr. 4 - 6) NKV → KABV 2014 (Gr. 7) Waarom was daar veranderinge nodig in die Onderwyskurrikulum in SA vanaf K2005 tot by die NKV - KABV ?
K2005 was ‘n komplekse en prakties moeilik uitvoerbare kurrikulum. Baie onderwysers was nie goed genoeg opgelei en toegerus nie. K2005 het ‘n baie swaar administratiewe las op die onderwysers geplaas. Daar was ‘n tekort aan duidelike riglyne in die klaskamer vir onderwysers en leerders. Daar is ook van die onderwysers verwag om hulle eie leermateriaal(modules) te skryf. Met die soms oorvol klasse was individuele aandag soms nie moontlik nie, en die onderwysers het magteloos gevoel. ‘n Magdom assesseringsvoorskrifte en aantal assesseringstake. UGO het vereis dat leerders leerinhoude op eie houtjie moes ontdek.
Waardevolle onderrigtyd is só in die selfontdekkingsproses vermors. ‘n Gebrek aan eenvormigheid in die onderwys. Nie alle skole in SA het dieselfde werk op dieselfde tyd gedoen nie. Onderrigtyd was ook te min – Dit het o.a. ook aanleiding gegee tot swak provinsiale en nasionale uitslae. ‘n Behoefte om weg te beweeg van UGO na ‘n meer inhouds- / kennisgebaseerde benadering. ‘n Behoefte aan ‘n meer vaartbelynde en vereenvoudige HNKV en later die NKV. 2009 - Die Minister van Onderwys het ‘n taakspan saamgestel om die implementering van die NKV te hersien.
Die NKV met die KABV – vir sy ses vakke (Gr. 4-6) is gebaseer op die vlg. beginsels. Die KABV is nie ‘n nuwe kurrikulum nie. Dit is net ‘n toevoeging tot die NKV. Die fokus is nou meer op die verwerwing van ‘n hoëvlak van kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om te leer. Aktiewe kritiese leer → leer met begrip. Progressie (vordering) in die inhoude en kontekste in elke vak en in elke graad van eenvoudig tot ingewikkeld. Ongelykhede in die onderwys word aangespreek. Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid in die werk wat ons lewer.
Voordele van die NKV met die KABV-vakdokumente Die nuwe kurrikulum is vereenvoudig – meer vaartbelyn gemaak. Die klem het verskuif na die verwerwing van meer basiese vaardighede soos lees, skryf en die bemeestering van Wiskundige probleme. Duidelike riglyne is neergelê. Regdeur SA gaan daar nou op dieselfde tyd, dieselfde werk gedoen word. Assessering is vereenvoudig. Assessering is duidelik/deursigtig (met kriteria) en toeganklik. Voorsiening van leerondersteuningsmateriaal – handboeke, werkboeke. Handboeke is ooreenkomstig die riglyne van die KABV-dokumente geskryf. Meer tyd om onderrig te gee.
Wat behels die veranderinge met die NKV en sy nuwe KABV - vakdokumente Ons praat nie nou meer van leerareas nie, maar van vakke. Nie meer leeruitkomste nie, maar inhoudsareas/velde, (Wiskunde) onderwerpe (SW, NW en Tegnologie) en taalvaardighede (Tale). 6 vakke i.p.v. 8 vakke EBW as vak is verwyder Natuurwetenskappe en Tegnologie – in een vak saamgevat Lewensoriëntering en Kuns en Kultuur – in een vak saamgevat.
Lewensvaardigheid – drie studieareas: Liggaamsopvoeding Persoonlike en sosiale welsyn Skeppende kunste (Visuele- en uitvoerende kunste) Langer kontaktyd is aan die vakke toegeken – 27 uur 30 min per week.
Die indeling van die ses vakke met hul onderskeie tydstoekennings per week is as volg: Afrikaans as huistaal (6 uur) Engels as eerste addisionele taal (5 uur) Wiskunde (6 uur) Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde ) (3 uur) Natuurwetenskappe en Tegnologie (3.5 uur) Lewensvaardigheid (4 uur) Liggaamsopvoeding (1 uur) Persoonlike en sosiale welsyn (1.5 uur) Skeppende kunste (1.5 uur) Skooldag begin om 07:45 regdeur die jaar. Skooldag gaan 30 min langer wees.
Voorskrifte m.b.t. assessering met die NKV en die KABV ‘n Aantal minimum formele assesseringstake per kwartaal per vak per graad word in die KABV – vakdokumente voorgeskryf. Dit sluit in o.a. toetse, eksamens, projekte, navorsingstake, ondersoeke, praktiese take ens. Toetse en eksamens moet nou ‘n groot gedeelte van die inhoude dek. In kwartaal 1 en 3 sal daar deurlopende toetsreekse wees. In die 2de en 4de kwartaal sal daar volwaardige formele eksamens plaasvind
Informele assesserings gaan ook op ‘n daaglikse basis geskied. ‘n Opsomming van die aantal formele assesseringstake per vak per jaar is as volg: VAKKE Kwt 1 Kwt 2 Kwt 3 Kwt 4 Totaal Afrikaans Huistaal 2 8 Engels Eerste Addisionele taal Wiskunde Natuurwetenskappe en Tegnologie 3 4 12 SOSIALE WETENSKAPPE - Aardrykskunde - Geskiedenis 1 LEWENSVAARDIGHEID - Skeppende Kunste - Liggaamsopvoeding - Persoonlike en Sosiale welsyn Informele assesserings gaan ook op ‘n daaglikse basis geskied. ANA’s (Gr. 4 – 6) en sistemiese evaluering (Gr. 6) sal nog jaarliks voortgaan.
Beplanning van assessering: Assesseringsplanne per kwartaal met al sy assesserings-programme van die ses vakke gaan basies soos tans beplan word. Die vereiste aantal formele assesseringstake per vak per jaar word ingedagte gehou. Skoolgebaseerde assessering (deurlopende assessering ) is ‘n verpligte komponent van die jaarpunt vir progressie en promosies (bevordering). ‘n Verpligte einde - van - die - jaar - eksamen wat 25% van die jaarpunt (promosiepunt) van elke vak gaan tel in die intermediêre fase en die skoolgebaseerde assessering wat 75% van die jaarpunt vir elke vak tel.
Rekordering en rapportering van leerderprestasies: Vanaf 2013 gaan daar ‘n kode 1 – 7 (nasionale kodesisteem - volgens die KABV) wees en nie meer die 1 - 4 kodesisteem soos tans nie. Kodes en beskrywings vir optekening en rapportering KODE PERSENTASIE VLAKBESKRYWING 1 0 – 29% Nie bereik nie 2 30 – 39% Elementêre prestasie 3 40 – 49% Redelike/matige prestasie 4 50 – 59% Voldoende prestasie 5 60 – 69% Aansienlike prestasie 6 70 – 79% Lofwaardige prestasie 7 80 – 100% Uitstaande prestasie Op die kwartaallikse leerverslag sal daar ‘n verwerkte punt uit 100 langs elke vak verskyn met elke leerder se gemiddelde persentasie onderaan. Op die 4de kwartaal se leerverslag sal daar bo en behalwe die 4de kwartaal se punte ook ‘n 5de kolom met ‘n punt uit 100 vir elke vak verskyn. Hierdie punt is die jaarpunt vir elke vak.
Riglyne wat ingedagte gehou moet word m.b.t. vordering- en bevorderingsvereistes (Gr. 4 – 6) Voldoende prestasie (kode 4) in sy/haar amptelike huistaal (Afrikaans). ‘n Redelike/matige prestasie (kode 3) in die Eerste Addisionele Taal (Engels). ‘n Redelike prestasie (kode 3) in Wiskunde. ‘n Redelike prestasie (kode 3) in enige twee van die oorblywende drie vakke (NW en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe en Lewensvaardigheid). LW: ‘n Leerder mag nie langer as vier jaar in die intermediêre fase skoolgaan nie.
WAT IS DIE HOOFDOEL VAN DIE RAPPORTERING VAN LEERDERPRESTASIES? Om leerders op ‘n gereelde basis van terugvoering te voorsien oor hul vordering. Die terugvoering moet ontwikkelend en konstruktief van aard wees. Dit help ook vir ons as onderwysers om te besluit op sekere intervensiestrategieë en om te beplan vir verdere onderrig- en leeraktiwiteite. Om vir u as ouers/voogde van die leerder se vordering op ‘n deurlopende basis in te lig.