De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet:

Verwante presentaties


Presentatie over: "EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet:"— Transcript van de presentatie:

1 EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet: Waarom dit gedoen word Hoe om daarvoor voor te berei Hoe dit afgelê moet word 1.2 Dit bepaal of jy: Slaag of Druip Toelating tot ‘n Universiteit sal kry Pos / Aanstelling sal kry

2 1.3 Redes waarom jy Eksamens moet aflê:
1.3.1 Dit is MEETINSTRUMENTE – waarmee jou - Vaardighede, Kennis en Begrip van ‘n onderwerp gemeet word

3 1.3.2 Dit leer jou om: Groot hoeveelhede werk te hanteer en te onthou Onder druk en binne ‘n sekere tyd jou kennis en vaardighede weer te gee Om vraagstellend en krities na inligting te kyk, dit te verwerk en in jou eie woorde weer te gee

4 1.3.3 Dit help jou om: Verskillende tipe / soorte vrae oor jou werk te antwoord Die LEKKER van GOEIE punte te beleef!!!

5 2. Voorbereiding vir EKSAMENS:
2.1 ‘n Bose kringloop begin: as jy gespanne is voor jy begin leer- Dit lei daartoe dat jy nie kan leer nie Dit lei weer daartoe dat jy nie in die Eksamen kan dink nie

6 2.2 Wenke- 2.2.1Vra voor die tyd wat die inhoud vir die eksamen behels Hoe lank die vraestel sal duur Watter soort vrae gevra gaan word Watter werk geleer moet word Voorbeelde van vrae wat gevra kan word

7 2.2.2 Stel vas watter vaardighede getoets gaan word
Moet jy: Feite onthou? Inligting vergelyk; kontrasteer; of die betekenis interpreteer. Beginsels of Teorie kan gebruik om probleme op te los? Uitkomstes volgens veranderlikes voorstel? Idees, konsepte of metodes evalueer?

8 Dit is altyd BETER om te weet wat jy moet leer en jy nie hoef te leer nie!
Maak SEKER jou werk is op datum

9 2.2.3 Beplan jou STUDIETYD- Leer met HORLOSIE byderhand – bepaal vooraf hoeveel tyd jy nodig het vir elke vak Skeduleer jou werk sodat jy ELKE DAG in die kwartaal bietjie leer en nie nodig het vir BAIE leer die dag voor die eksamen nie

10 Stel Studieroosters vir elke dag op, ASOOK ‘n HERSIENINGS rooster gedurende die eksamen
Moenie UITSTEL NIE! Dit laat die werk net ophoop tot ‘n onhanteerbare hoeveelheid wat jou brein nie op een slag sal kan verwerk nie Opsommings en “stories” moet binne 72 uur NA dit gehoor is 6 tot 10 keer herhaal word Liaseer jou werk in VERSKILLENDE lêers vir netheid en orde

11 2.2.4 Gebruik ‘n STUDIEMETODE-
Dit IS die BESTE manier om inligting in jou brein te stoor Werk ALLE moontlike LANGVRAE VOOR die tyd uit!

12 Toets jouself op DIESELFDE manier waarop jy in die eksamen getoets sal word
Maak seker hoe word MOEILIKE WOORDE gespel – oefen om dit vinning en korrek te skryf

13 2.2.5 EKSAMENVOORBEREIDING-
Voorbereiding vir die eksamen word REGDEUR die jaar gedoen!!!!! Werk vorige en ou vraestelle uit – kyk HOE word vrae gevra!!! Maak seker jou OPSOMMINGS en GEHEUE tegnieke is reeds LANK voor die tyd GEREED en gedoen!!!

14 Organiseer jou werk en werkplek
Hersiening beteken dat jy jou werk weer moet sien EN NIE vir die EERSTE keer moet sien nie!!!!! Verander jou PRIORITEITE – daar is nog BAIE tyd (jare) om jou sosiale-, kultuur- en sport lewe weer te geniet!!! Jy kry net EEN kans vir hierdie eksamen!!!

15 LUISTER in die klas!!! Let veral op na:
Iets wat oor die eksamen gesê word Wat op die bord geskryf word Sinne wat beklemtoon of herhaal word Woorde soos: Dit is ‘n eksamenvraag Jul gaan dit in die eksamen kry Dit is ‘n belangrike vraag Leer dit Dit is belangrik WANT.... Wenke word dikwels gegee wanneer die gereelde “praters” nie oplet nie!!!!!

16 2.2.6 EEN DAG voor die tyd- Jy behoort AL jou werk REEDS te ken! Hersien jou opsommings en geheuetegnieke – VERAL jou KERNWOORDE! MOENIE die aand voor die tyd NUWE werk leer nie

17 Toets jouself en hersien werk waaroor jy nie seker is nie
MOENIE DIE HELE NAG LEER NIE – slaap genoeg

18 2.2.7 DAG van eksamen- Wees FISIES en EMOSIONEEL gereed vir die eksamen: Eet vrugte, drink water en doen ontspannings oefeninge Besluit dat jy jou HEEL BESTE sal lewer Fokus op dit wat jy WEET en NIE op dit wat jy nie weet nie

19 Moenie STIMULANTE neem nie – dit versnel jou hartklop en verhoog jou spanning wat jou brein “afsluit” Neem die REGTE skryfbehoeftes saam; Neem saam: sakdoeke vir loopneus en suiglekkers vir konsentrasie Neem horlosie saam – Hou die tyd dop!!! Beplan jou tyd!

20 Daag BETYDS op!!!! – Jy sit jouself onder onnodige “druk” as jy laat is
LEER DIE VORIGE DAG KLAAR!!! Jy gaan jouself net deurmekaar maak om dan nog eers NOG werk in jou kop te druk!!! Moenie dat ander kinders jou deurmekaar maak nie – Jy gaan JOU kennis toets NIE hul kennis aanvul nie!

21 Skryf van EKSAMENS: ONTSPAN en haal diep asem Plaas AL jou SKRYFBEHOEFTES op jou tafel FOKUS op die werk wat jy gaan skryf – moenie dat ander jou deurmekaar of gespanne maak nie LUISTER na die INSTRUKSIES wat gegee word

22 Skryf inligting / formules wat jy DALK mag vergeet op die AGTERKANT van jou vraestel
LEES DIE HELE VRAESTEL deur VOOR jy dit begin antwoord – Maak seker jy het AL die bladsye - Klaar ENIGE ONDUIDELIKHEDE uit - LEES INSTRUKSIES DEEGLIK

23 LEES VRAE DEEGLIK - Maak seker van die VERSKILLENDE soorte vrae - Maak seker jy VERSTAAN wat in die vraag voorkom en HOE dit beantwoord moet word - ONDERSTREEP belangrike woorde

24 BEPLAN jou tyd – Skat hoeveel tyd jy aan elke vraag moet spandeer - Bestee meer tyd aan vrae wat meer tel - Begroot ekstra tyd vir LANGVRAE en DINKVRAE

25 Begin EERSTE met die MAKLIKE vrae – dit gee “jou brein” selfvertroue!
Moenie stilstaan by vrae wat jy nie ken nie – beantwoord ander vrae en kom later terug nie hierdie vrae Beantwoord AL die vrae – Selfs die waarvan jy nie seker is nie Moenie dat onebekende vrae jou ontstel nie – gebruik wat jy weet oor die vak – jy het geleer – jy KAN “iets”skryf!

26 Moenie “gorrel”nie en vermy herhalings – dit mors tyd – en dit help NIKS!!!
Skryf netjies en leesbaar – trek ‘n streep na elke afdeling / langvraag Hersien jou antwoorde EN maak seker jy het: - Die vrae reg verstaan - Die vrae reg beantwoord - Die antwoorde reg genommer - Nie belangrike inligting uitgelaat nie

27 - Die antwoordblaaie REG gesorteer
- Al jou antwoordblaaie ingehandig - Al jou besonderhede aangedui Gebruik AL die tyd tot jou beskikking MOENIE uitloop voor jy nie: - Al die vrae reg beantwoord het nie - Al die instruksies gevolg het nie

28 4. Verskillende SOORTE vrae:
Waar of Vals Soek na spesifieke sleutel- en negatiewe woorde soos nie, geen, nooit en lang stellings – maak seker jy verstaan die stelling Woorde soos: nee; nooit; niks; altyd; elke; heeltemal; slegs impliseer GEWOONLIK dat die stelling 100% Waar moet wees, anders is dit Vals

29 Woorde soos soms; dikwels; gereeld; gewoonlik; oor die algemeen impliseer gewoonlik WAAR stellings
Onderstreep negatiewe woorde soos: nie; nooit; kan nie en lees die hele sin weer – Lees nou die sin asof die negatiewe woorde nie daar is nie EN as die stelling WAAR is, is die teenoorgestelde gewoonlik VALS wanneer die negatiewe woord in die sin teruggeplaas word

30 ONTHOU – ELKE DEEL van die sin moet WAAR wees om die hele stelling WAAR te maak – Lees lang sinne DEEGLIK en gee aandag aan WOORDGROEPE en LEESTEKENS PASOP vir stellings wat logies klink – sien jou stelling in jou verbeelding – HIER TOETS hul jou wakkerheid en Kennis!

31 Veelkeusige vrae: Lees vrae deeglik en maak seker hoe antwoorde gemerk word – AS dit negatief gemerk word, verloor jy punte as jy raai Skryf antwoorde op die vraestel VOOR jy dit op die antwoordblaai skryf – veral as ponskaarte gebruik word

32 Veelkeusige vrae toets jou kennis van detail, feite en verhoudinge, asook jou begrip en vermoë om probleme op te los Gebruik die verskillende opsies as wenke om die antwoord uit te klaar – kanselleer die definitiewe verkeerde antwoorde AS jy oor die antwoord twyfel

33 Omkring alle “100%” stellings soos: altyd; nooit; slegs; nooit; maar en behalwe – dit beperk moontlike antwoorde op die vraag Vergelyk 2 of 3 antwoorde en bepaal watter een pas die beste by die vraag By “al die bogenoemde” opsie kyk jy NET vir 2 of 3 opsies wat waar is, dan is die antwoord: “al die bogenoemde”

34 Met getalle antwoorde is die hoogste en laagste antwoord gewoonlik nie die regte antwoord nie
Die langste oplossing is DIKWELS die REGTE een Verander net jou antwoord as jy DOODSEKER is dit is VERKEERD

35 Kortvrae: Dek gewoonlik AL die werk wat jy moes leer – KEN jou sleutelwoorde Soek na moontlike wenke in die taalgebruik van die vraag Gebruik jou logika en algemene kennis oor die vak om vrae uit te werk Antwoord jou vrae kort en bondig

36 Kolom vrae: Hier moet jy die ooreenkomste of verskille vas stel Merk vrae waaroor jy onseker is en kom later terug daarna Kanselleer antwoorde uit totdat jy by die regte antwoord by die regte vraag het

37 Vul die antwoorde in: Lees die vraag ‘n paar keer deur Soek wenke in die inhoud Soek die “werkwoord” in die sin Lees die volgende sin – die antwoord mag daarin wees Merk die wat jy nie kan invul nie en kom later terug daarna

38 Langvrae: Werk ALLE moontlike langvrae VOOR die eksamen uit Begin met die vrae wat jy die BESTE KEN en die waar jy die MEESTE PUNTE gaan kry Lees die vraag en onderstreep belangrike woorde en maak SEKER jy weet wat om te doen Maak seker van WAT gevra word!!!

39 Skryf jou KERNWOORDE op die vraestel
Antwoord die vraag en MOENIE afdwaal of deurmekaar raak nie Gee spesifieke feite en gebruik voorbeelde as jy iets moet verduidelik Gebruik toepaslike WOORDESKAT Laat spasies oop om later nog inligting by te voeg

40 Skryf LEESBAAR – maak seker dit is maklik om jou vraetsel na te sien
Hersien jou antwoorde, klaar onduideikhede uit en maak spel- en taalfoute reg

41 5. Wat as jou “vasslaan”? Ontspan Dink aan jou boek of die klaskamer... Dink aan toe jy dit gehoor of geleer het... Gebruik jou sintuie... Tel STADIG van 50 na 0 en DWING jou brein om die antwoord te soek Gaan aan met die volgende vrae en kom later terug na daardie vraag Ontspan en dink aan JOU “prentjie of storie”

42 6. Wat as jou tyd opraak? Ontspan Beantwoord liewer ‘n paar vrae gedeeltelik as net een vraag Skryf ‘n kort opsomming van jou hoofpunte sodat die moderator kan sien dat jy die werk ken, maar nie kon klaarkry nie HOU GEREELD DIE HORLOSIE DOP Bespreek ERNSTIGE probleme met jou onderwyser

43 7. Eksamen “WERKWOORDE”:
Analiseer – Ondersoek die detail en verdeel in belangrike dele Bepaal – Bewys die waarde van die inligting Beskryf – Gee ‘n volledige antwoord Bevestig – Bewys dat dit waar is en staaf jou inligting met feite Bewys – Gee bewyse en redes waarom iets waar / onwaar is Definieer – Gee die presiese betekenis van iets

44 Demonstreer – Bewys deur middel van redenasies
Gee diagrammatiese voorstelling – Gee ‘n grafiese, tekening, kaart, plan of skematiese voorstelling Diffirensieer / Onderskei van mekaar – Wys hoe dinge van mekaar verskil Dui aan – Wys iets uit of toon iets aan Evalueer – Bespreek beperkinge en voordele Groepeer – Groepeer inligting volgens soort, ooreenkomste, kategorieë, ens.

45 Identifiseer – Verduidelik, klaar uit en gee betekenis met voorbeelde
Interpreteer – Verduidelik en gee jou eie standpunt Kategoriseer – Groepeer elemente wat dieselfde is, bymekaar Kontrasteer – Vergelyk en toon die verskille / ooreenkomste aan Kritiseer / Lewer kritiek op – Sê wat jy van die onderwerp dink en gee geskikte bewyse

46 Lewer kommentaar – Bespreek kortliks en gee jou eie opinie
Los op – Gee ‘n oplossing gebaseer op feite of kennis Lys – Gee ‘n genommerde lys van woorde, sinne of items of skryf in tabelvorm Noem – Gee net die name, feite, eienskappe of items Nommer – Skryf kort punte een vir een neer Onderskei – Toon hoofverskille aan

47 Omskryf – Gee ‘n breë, algemene georganiseerde; sistematiese beskrywing gebaseer op hooftemas en subtemas Ondersoek – Ondersoek in detail Ondersteun – Gee redes, bewyse of feite om stellings te staaf Gee oorsig – Ondersoek die onderwerp, analiseer en lewer kritiese kommentaar of stellings daaroor op ‘n georganiseerde wyse Toon aan – Wys en verduidelik

48 Regverdig – Bewys en gee sterk redes vir besluite of gevolgtrekkings
Toon die verband tussen – Beklemtoon konneksies en assossiasies op ‘n beskrywende wyse Stappe – Verduidelik stap vir stap Som op – Gee net die hoofpunte of –gedagtes Stel – Gee inligting of detail in eenvoudige presiese woorde Stel voor – Gee idees, oplossings of redes

49 Verduidelik – Gee redes, klaar uit en interpreteer die onderwerp
Vergelyk – Gee kwaliteite en eienskappe om ooreenkomste aan te toon

50 8. Om vraetselle “REG” te verstaan:
8.1 Lees die vraag stadig en met aandag: Soek die “werkwoord” in die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui wat jy moet doen

51 8.2 Lees die vraag stadig en met aandag:
Soek die “inhoud” van die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui wat jy moet gebruik

52 8.3 Lees die vraag stadig en met aandag:
Soek die “konteks” van die vraag – dit is daardie deel / woord van die vraag wat vir jou aandui hoe jy dit moet bewys / bewerk / verreken / antwoord

53 9. DOELWITTE: Moet opgestel word – dit motiveer jou om te werk / probeer / meer toegewyd te wees en te presteer Stel ‘n lys op van Doelwit punte en Behaalde punte per kwartaal Voorbeeld:

54 Vakke 1ste Kw Doelwit 2de Kw 3de Kw 4de Kw

55 10. NABETRAGTING NA EKSAMEN:
Bepaal voor die eksamen watter punte jy graag wil behaal – DOELWIT punte WERK om by jou DOELWIT punte uit te kom – dit is jou TOEKOMS!!! MOET NOOIT jou punte met ander vergelyk nie – Vergelyk dit SLEGS met jou VORIGE- en DOELWITPUNTE wat jy vir jouself gestel het

56 Gaan spreek gerus jou onderwyser en vra dat onduidelike antwoorde of punte aan jou verduidelik moet word Beloon jouself Vier fees as jy goed gedoen het en jou doelwitte bereik het!

57 Beantwoord die volgende vrae met JA of NEE en gee REDES daarvoor
Is jy tevrede met jou punte? Het jy jou doelwit bereik? Het jy die vrae reg verstaan? Was jou antwoorde duidelik en verstaanbaar? Het jy feite en vrae met mekaar verwar? Kon jy maklik onthou? Kon jy betyds klaarkry?

58 Het jy jou vraestel hersien voor jy dit ingehandig het?
Verstaan jy jou foute? Is daar ‘n patroon in die foute wat elke keer herhaal? Het jy ‘n probleem met spanning? Sukkel jy om te onthou? Sukkel jy om klaar te kry?


Download ppt "EKSAMEN VAARDIGHEDE: Waarom Toetse en Eksamens? 1.1 Jy moet weet:"

Verwante presentaties


Ads door Google