INTERNET KOMMUNIKASIE

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
Advertisements

@FXit.
Ongelykheid en armoede
VAKBONDE TERME.
Begrotingsaspekte Tegnologie vandag Die raamwerk vir begroting ”’n Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse” Die beheerliggaam moet.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
TEGNOLOGIE EN HULPMIDDELS
Dowe Kultuur.
Onderwerp 10 Die entrepreneur
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Begin ‘n besigheid Onderwerp 11
Spaargeld Onderwerp 16 Wat gaan ons leer? • persoonlike spaargeld • die doel van spaargeld • die geskiedenis van banke • die rol van banke • dienste wat.
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Selfportret Herman Lintvelt.
Die wêreld het so klein geword
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
Kopiereg.
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
Die geskiedenis van geld
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Rekenaar Virusse.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
Navorsingsiklus Vraagstelling Die stappe is as volg: Beplanning
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Leesbegrip.
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Wat van die res van jou lewe?
RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN REKENAAR TEGNOLOGIE EN ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE BINNE DIE US ONDER FASILITEITSBESTUUR Hierdie riglyn moet saam gelees word.
Navorsingsiklus Vraagstelling Die stappe is as volg: Beplanning
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Blind date Moontlike antwoorde:.
Welkom almal! Diakonietoerusting 2014.
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE
Beskerm jou grootste bate…
Webregistrasie.
Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
DIE TOEKOMS!!! “Ons behoort tyd te spandeer om ons toekoms te beplan, want ons gaan die res van ons lewe daarin deurbring”
God se vreemde opdragte
Vrugte van die Gees.
Welkom by die Kategese 6 Mei 2018.
Welkom, Leiers!.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Hoekom belê in aandele. Hoekom belê in aandele.
Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
“Posting” die nuwe lewe?
Rom.1:18-32.
GROEP WERK & KO OPERATIEWE LEER
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Die skryfproses Afrikaans sonder Grense (graad 8) bl. 12
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
LO Kwartaal 1 Graad 10.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

INTERNET KOMMUNIKASIE

Kitsboodskappe (Instant messaging) (IM) Teksgebaseerde kommunikasie Internet of slimfoon Real-time Albei partye aanlyn Internet: Google Talk, MTN Messenger, Yahoo Messenger Slimfoon: BBM, Whatsapp, Mxit   Micro-blogging kort teksbooskappe (+/-140 karakters) Bv. Twitter Blog (Weblog)  ’n Blog (web log) webblad word deur ’n individu onderhou Gereelde kommentaar oor sekere sake lewer, of materiaal soos grafika of video’s laai. Inskrywings verskyn in omgekeerde chronologiese volgorde

Mxit program wat gratis afgelaai kan word om kitsboodskappe (instant messages) te stuur en te stoor. in Suid-Afrika ontwikkel. kan op GRPS/3G-selfone en op tafelbladrekenaars gelaai en gebruik word. ondersteun konneksie met ander kitsboodskappers soos MSN Messenger, ICQ en Google Talk. stuur en te ontvang gratis one-in-one teks- en multimediaboodskappe te.   One-in-one teksboodskap: verskeie boodskappe & grafika in een boodskap. Mxit-taal : woorde verkort om minste karakters te gebruik - klinkers uitgelaat, ens. Emoticons dui emosies aan Mxit beskik oor al die standaard gereedskapstukke wat ’n kitsboodskap kliënt moet hê. BV. ’n Kontaklys. Lêeroordrag. Deel van foto’s deur middel van ’n selfoon se ingeboude kamera. Profielfoto’s. Gesprekke wat geëtikeer is (tabbed conversations). Formateringsgereedskapstukke.

Mxit (Dienste) Tradepost Dit is die Mxit e-handel winkel waar gebruikers betaal om toegang tot sekere dienste soos oorsigte oor nuus en films en die tyd van films te kry. Musiek kan afgelaai word, horoskope kan gelees word. ens. – alles teen ’n prys. Daar word vir die dienste in Moola betaal. Moola Moola is die amptelike Mxit geldeenheid. Een Moola = een Suid-Afrikaanse sent. word in Suid-Afrikaanse rand via ’n kredietkaart of via ’n SMS-diens gekoop. Mxit Musiek MXit musiek is ’n inisiatief om die groei van Suid-Afrikaanse musiek te bevorder en kunstenaars kan hulle musiek aan die Mxit-gemeenskap bekendstel. Mxit musiek word aan gebruikers beskikbaar gestel deur die Tradepost en wel as die Mxit Musiekwebblad. Gebruikers kan sommige musiek gratis aflaai of teen ’n minimale koste van 250 Moola. Dit is ongeveer R2,50. Die Dating Game Dit is ’n pasmaatdiens (match maker) wat onder Tradepost se kontakte kieslys aangebied word. Die gebruiker kan dan deur virtuele kletsareas soek vir moontlike maats van die teenoorgestelde geslag met wie hy/sy dink hy/sy oor die weg sal kom. Dit klink na pret om van die dating game gebruik te maak, maar dit is baie gevaarlik. Op 27 Julie 2006 het die ‘Die Huisgenoot’ ’n artikel geskryf waarin genoem is dat pedofiele op hierdie terrein beweeg. Die veiligste is om nooit persoonlike inligting aan vreemdelinge bekend te maak nie. Mxit het egter stappe geneem om die Mxit-gebruikers te beskerm. Daar verskyn veiligheidswenke op die Mxit webblad en daar is reëls ingebring wat pornografie en enige vorm van molestering verbied. Mxit gebruikers kan ook ander gebruikers verban om hulle deur Mxit te kontak.

kletskamers (chat rooms) Kletskamers is gereserveerde areas waar persone wat dieselfde belange deel, bymekaar kom en gesels. Die gesprekke vind werklik plaas. Die moderator vir elke kletskamer, moet die inhoud van die gesprekke monitor om molestering te voorkom. Baie gebruikers is egter nie tevrede met die gebruik van moderators in kletskamers nie. Hulle reken dat ’n moderator inbreuk maak op privaat gesprekke.   ’n Kletskamer is ’n manier waarop geleer, gesels en gesosialiseer kan word, maar ’n kletskamer het ook sy donker kant. Dit hou baie gevare in vir kinders en tieners. Wees waaksaam vir onverantwoordelike volwassenes wat kletskamers gebruik vir hulle eie vermaak en kinders so molesteer. Jou ouers moet bewus wees van watter kletskamers jy besoek en met wie jy chat. Die gebruik van kletskamers kan ook lei tot sosiale interaksie probleme. Lang ure wat in kletskamers gespandeer word, lei tot swak sosiale vaardighede. As ’n kletskamer egter oordeelkundig gebruik word, kan dit baie pret inhou. Dit is wanneer die virtuele wêreld as ’n plaasvervanger vir die werklike wêreld gebruik word, wat probleme ontstaan.

Video-konferensie Konferensie oor ‘n rekenaarnetwerk tussen twee of meer mense (op verskillende plekke) Funksioneer asof almal in een vertrek is, deurdat die rekenaarnetwerk klank en beeld versend Elkeen wat deelneem moet ‘n  video-kamera (webcam), mikrofoon en luidsprekers aan sy rekenaar gekoppel hê. Beelde en klank verskyn op elkeen se rekenaar.

TELEFOONOPROEPE OOR DIE INTERNET (VOIP – Voice Over Internet Protocol) VOIP is die tegnologie wat dit moontlik maak om ’n stem deur middel van internetkonneksies of ander netwerke deur middel van Internet Protokols oor te dra.   SKYPE = toepassingsprogram om telefoonoproepe oor die internet te maak. Moet nog in RSA betaal om oproepe na ander landlyne en selfone te maak. baie goedkoper is as om ’n gewone telefoon te gebruik. Betaal niks meer as die maandelikse internetdiens nie. Kan stem- en kitsboodskappe (teks) stuur Ander dienste: kitsboodskappe kan gestuur word, lêers kan oorgedra word, en videokonferensies kan gehou word.  gebruikersprofiele en aanlyn status indikators. Voice chat = oproep na ’n enkel gebruiker of konferensie. Text chat : groepsgesprekke, emotikons, die stoor van gesprekke, los boodskap as ontvanger nie aanlyn is nie redigering van vorige boodskappe.

VOIP (vervolg) Wat benodig ’n gebruiker om te Skype? ’n Rekenaar met ’n vinnige verwerker en genoeg geheue, sleutelbord en ’n muis. ’n Goeie internetkonneksie – verkieslik breëband. Klank – die gebruiker moet seker maak dat die klankkaart goed werk. Luidsprekers of oorfone. ’n Mikrofoon. Skype sagteware wat gratis van die internet afgelaai kan word. Persone met wie die gebruiker kan kommunikeer. =moet ook Skype-gebruikers wees om van gratis diens gebruik gemaak te maak Wanneer moet die gebruiker betaal as Skype gebruik word? Die gebruik van Skype is gratis slegs as twee of meer partye kommunikeer deur ’n rekenaar (of ’n Skype-versoenbare toestel) te gebruik en hulle gebruik die Skype-diens oor die internet. As ’n Skype-gebruiker ’n oproep na ’n selfoon of ’n landlyn van ’n rekenaar af wil maak, dan moet goedkoop tariewe betaal word. Die Skype-gebruiker kan tyd oor die internet aankoop. oproepe na ander gebruikers maak (na buite), word dit SkypeOut genoem, oproepe van ander gebruikers ontvang (van buite), word dit SkypeIn genoem. Wie kan van Skype gebruik maak? In byna alle lande in die wêreld gebruik vir die volgende redes gebruik: om met familie te kommunikeer, vir sake oproepe, vir konferensies oor lang afstande, vir goedkoop oproepe wanneer die gebruiker reis.

VOIP (vervolg) Voordele van die gebruik van VoIP-dienste   Gratis / baie goedkoop Maklik vir reisigers. prentjies en data oordra tydens gesprek. Vriende en familie kontak behou. Nadele van die gebruik van VoIP-dienste Almal beskik nog nie oor breëband internetkonneksie nie. Kragonderbreking onderbreek die gesprek. makliker om ’n noodoproep van ’n tradisionele foon af te maak. kan soms probleme met die kwalitiet van klank ervaar. Dienste kan soms onbetroubaar wees. Konneksie probleme gedurende piektye.

RSS Waarvoor staan RSS? Really Simple Syndication Rich Site Summary (RSS 0.91) RDF Site Summary (RSS 0.9 and 1.0) Real-time Simple Syndication (RSS 2.0) Wat is RSS? RSS beteken om die nuutste hooftrekke van verskillende webbladsye af te kry. Hoe werk RSS? RSS-hoogtepunte is eenvoudige tekslêers wat die publiserende webmeester na ’n spesiale voedingsbediener stuur. Daardie RSS-voedingsbediener stuur die tekslêer weer na die rekenaarskerm van die inskrywer (subscriber). Die tydsverloop = baie vinnig. Gebruiker moet aanlyn wees om nuushoogtepunte te ontvang. Moet ‘n RSS-lesers kies en daarvoor registreer, bv. Bloglines.com; Newsgator.com; My Yahoo Reader; Google Reader; Mozilla Thunderbird.

RSS Hoekom sal van RSS-dienste gebruik maak? Voordele Hurricane Watch   Hurricane Watch  Nuus  Stokperdjies  Foto’s  Vriende/familie/kunstenaars se blogs  Politiek  Grappies en inspirerende aanhalings/versies/gesegdes Voordele  maklik die nuutste inligting van sekere webtuistes kry. Baie tyd word bespaar omdat daar nie op die web gesoek moet word nie. Die gebruiker bly op hoogte van die opdatering van ’n spesifieke webtuiste.

Webinar ’n Webinar is die aanlyn- of webweergawe van ’n ‘seminaar’. Dit vind op ’n vasgestelde tyd plaas en mense van oor die wêreld heen kan daaraan deelneem. Jy benodig dalk ’n spesiale uitnodiging, of moet soms betaal om deel te neem. Gewoonlik word die skerm in verskillende dele ingedeel – ’n videobeeld van die aanbieder, ’n aanbiedingsgedeelte wat die skyfies vertoon en ’n geselsarea waar die deelnemers met mekaar en met die aanbieder kan kommunikieer.

Webcast (Internetuitsending) Soortgelyk aan televisieprogram wat uitgesaai word, maar dis spesifiek vir Internet-transmissie ontwerp. Toegang word verkry deur tot die betrokke leerbediener te koppel. Vereis vinnige internetkonneksie met hoë bandwydte - nog nie in SA beskikbaar

Podgooie of Podcasts voorafopgeneemde video- of oudioprogramme wat vir aflaai beskikbaar gestel is. kan vir sommige podgooie ‘inteken’, deur ’n program soos iTunes te gebruik. Sodra jy ingeteken het, sal iTunes ’n nuwe ‘episode’ aflaai sodra dit beskikbaar is. Sodra die podgooi afgelaai is, kan ’n mens op jou rekenaar, of op ’n toestel soos ’n iPod of gebruikertablet daarna kyk/luister.

Nuusgroepe groot aansteekborde, waar enigiemand lang boodskappe oor spesifieke onderwerpe kan lees en kan plaas. Dit kan deur verskeie webtuistes en maatskappye in stand gehou word. Die oudste versameling van nuusgroepe is Usenet, wat ’n baie groot versameling nuusgroepe oor ’n groot aantal onderwerpe bevat.

Sosiale netwerke  Sosiale netwerke maak dit moontlik vir mense om met vriende, ander werksmense, studente en met vriende van vriende kontak te maak en te kommunikeer. Ou vriende kan opgespoor word en nuwe vriende kan gemaak word. Jong en ou mense kan op ’n sosiale netwerk inskakel.

Facebook Gebruiker kan kontrole uitoefen oor die inligting wat hy/sy deel. Kan net die profiele sien van die mense wie hy/sy op ’n Facebook-uitnodiging aanvaar het en wie se profiele sigbaar is. Kan foto’s op ’n Facebook-profiel te laai, om skakels (links) en video’s te deel. Applications = is al die ekstras wat jy aan jou Facebook-profiel las. Hou ook sekere gevare in. Die gebruiker kan sy eie veiligheidsvlak kies. Die beste is egter om jou profiel en inhoud net sigbaar aan vriende te maak en die gevaarlikste is om ’n oop profiel te hê. Wees altyd bedag op mense wat hulle as ’n vriend voorgee.

MySpace  verskil van Facebook omdat dit ’n funksie het wat die gebruiker toelaat om ’n unieke profielbladsy te skep - moet kennis van CSS en HTML hê Skep jou eie profiel en kommunikeer met vriende. vir die meer kreatiewe gebruiker absoluut gratis om te gebruik. fokus op sekuriteit kleiner as Facebook omdat die soort mens wat MySpace oor die algemeen gebruik, nie naïewe mense is nie. MySpace-profiele kan ook privaat gehou word.

Twitter sosiale netwerk gebruik om vriende, familie en kollegas op datum te hou met wat ’n mens doen. ’n Tweet is ‘n boodskap / update Tweet <140 karakters = micro-blogging skakel ook met ander sosiale netwerke. Hoe om deel van die Twitter sosiale netwerk te word? Moet aanlyn wees. Gaan na die Twitter aantekenbladsy: https://twitter.com/signup. Sleutel jou naam, gebruikersnaam, wagwoord en e-posadres in. Onthou dat ’n gebruikersnaam nie spasies mag hê nie; baie gebruikers gebruik hulle regte name en vanne sonder spasies tussenin. Nou moet jy gaan kyk wie van jou vriende alreeds op Twitter is. As jy in Twitter is en jy gebruik Gmail, Yahoo, Hotmail of enige ander gewilde internet e-posdiens, sal jou rekenaar self vir e-posadresse soek. Jy kan hierdie stap natuurlik oorslaan deur op Skip te kliek. Jy kan nou kies wie jy wil volg. Jy hoef natuurlik nie en mag hierdie stap ook oorslaan deur op Skip te kliek. ’n Tweet is natuurlik ’n Twitter-boodskap. Om iemand wat jou volg te blok, lys hom as SPAM.

LinkedIn om besigheidskontakte op te bou om sodoende hulle eie maatskappy te bevoordeel of vir mense wat werk soek om die mees geskikte werk te vind. professionele webtuiste met inligting beperk tot beroepsbelange. Sakedirekteure, professionele mense en CEOs van maatskappye in die 25-65 jarige ouderdomsgroep word deur hierdie sosiale webtuiste geteiken. Die doel van LinkedIn is ernstig en dit is die rede waarom dit ’n tipe betaalkanaal is as ’n mens deel wil word daarvan. LinkedIn lede het ’n sterk, vertrouenswaardige verhouding waarop gesteun kan word indien nodig en dit voorsien ’n sterk basis vir die soek van werk en professionele interaksies.

FourSquare Ligging gebaseerde sosiale netwerk webtuiste Op mobiele toestelle gebaseer. gebruikers wie GPS geaktiveerde mobiele toestelle gebruik, bv slimfone. Dit laat gebruikers toe om met vriende in verbinding te kom en om hulle ligging te opdateer. Gebruikers word met punte beloon as hulle by plekke inskakel. Gebruikers kan kies of hulle hulle pos na hulle rekeninge op Twitter, Facebook, of beide gestuur wil hê. Dit is moontlik vir gebruikers om ’n doenlysie vir privaatgebruik te skep en om wenke by venues te plaas wat ander gebruikers kan lees. voorstelle vir lekker dinge om te doen, om te sien of om by sekere plekke uit te eet. Foursquare gee ook kennis van opdaterings van vriende (friend updates) – dit word ‘pings’ genoem. Wapens kan verdien word as by sekere plekke met sekere tags aangemeld word, vir die aantal kere wat die webtuiste besoek word, ens.

Vlog (video-blog) tradisionele webblog wat video’s insluit. geskep deur ’n video van jouself of ’n gebeurtenis te skep, dit op die Internet te laai en dit dan saam met ’n boodskap op jou blog te laat. Voorheen podcasts genoem. podcast = beide audio en video

vodcast werk op selfde beginsel as ’n video podcast. Podcasting was oorspronklik vir audio lêers bedoel, maar meer mense stuur video’s – veral omdat breëband konneksies meer toeganklik is.

E-pos Rekenaargebaseer (ISP) Stuur en ontvang via ’n e-pos program bv. Microsoft Outlook Kan gewoonlik net van jou eie rekenaar af werk Hoef nie aanlyn te wees om te lees en skryf nie ISP koste en betaal vir internettoegang Stel e-pos adres op d.m.v. gebruikersnaam, e-pos adres, inkomende posbediener, en ’n uitgaande posbediener.  

E-pos (vervolg) Webgebaseerde (web-based) Ontvang en stuur vanaf webblaaier soos G-mail of Yahoo mail. Toegang tot e-pos van enige Internet gekoppelde rekenaar Voordele Toegang vanaf enige Internet gekoppelde rekenaar. Rugsteun outomaties jou data. Al verander jy van ISP, jou webgebaseerde e-posadres bly dieselfde Gratis, betaal slegs vir internettoegang   Nadele kan soms stadig laai. Moet inlog en aanlyn wees om te lees en skryf.

E-pos (vervolg) Mary.Jones@mweb.co.za Notas: Voordele van e-pos Cc: carbon copy (almal sien) Bcc: Blind carbon copy (niemand sien) Re: verskyn in subject-veld as jy Reply Fwd: verskyn in subject-veld as jy Forward Reply to All: almal in To: en Cc: kry dit Aanhegsel: fotos, dokumente – moenie te groot wees - Zip Voordele van e-pos Vinniger afgelewer en beantwoord as gewone pos Stuur van enige tyd of plek as daar Internettoegang is Gratis Veelsydig; kan fotos en ander dokumente aanheg Omgewingsvriendelik: spaar papier   Nadele van e-pos Moet internettoegang hê Kan virusse versprei Weet nie wanneer gelees gaan word nie Kan baie gemorspos kry NETIKET: Spelling Geen hoofletters Geen virusse Nie te groot aanhegsels Moenie beledig Terg met smileys Moenie kettingpos / hoaxes / spam aanstuur Gebruik Bcc as jy na baie mense stuur Versigtig met persoonlike inligting domein Mary.Jones@mweb.co.za Geografiese ligging Tipe organisasie gebruikernaam ISP

Poslyste (mailing lists) Opgestel deur mense met dieselfde belange en wat inligting oor ‘n spesifieke onderwerp wil deel. Maak gebruik van jou e-posadres. As jy soontoe e-pos kry almal in die poslys die boodskap.

Faks na e-pos Jy kan jou rekenaar & die internet gebruik om ‘n faks na iemand se e-pos adres te stuur. Moet geregistreer wees vir die diens by jou diensverskaffer (Telkom) Jy ontvang verniet fakse maar betaal vir die wat jy stuur.

Gevare van sosiale netwerke   Internetbankdienste en sosiale netwerkfasiliteite het die primêre teiken vir kuberkrakers geword. Hulle roof persoonlike inligting van gebruikers deur van verskillende tegnieke gebruik te maak. Kuberkrakers breek in gebruikers se profiele in en steel dan hulle wagwoorde. Koobface is ’n rekenaarwurm wat gebruikers se inligting op Facebook steel. Hierdie wurm gebruik dan ’n persoon se Facebook-profiel om video’s, wat ook virusprogramme bevat, te versprei. In die video-boodskappe is daar skakels wat lei na webwerwe wat belaai is met lokvalle wat besoekers kul en hulle rekenaars met kopieë van die wurm affekteer. Die kuberkrakers stel ook soms vals profiele op en dring hulleself so op verskillende maniere in ander mense se sosiale kringe in. Die kuberkriminele kul gebruikers om sekere dokumente oop te maak wat die slagoffers se rekenaars met die Koobface-wurm besmet. Kriminele maak van gemors e-pos gebruik om mense te fop om persoonlike inligting uit te gee.