Brief Fernel A. Abrahams
Antjie Krog Intertekstualiteit Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig sonder fensie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer ‘n kaalvoetgedig want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie Antjie Krog
Brief Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig sommer so, nes Antjie maar ek gebruik soms leestekens en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie want dit hoort vir my nes plastiekblomme en wit skoene nie by Ma nie. Ek het grootgeword, weet Ma – ek skrik soms vir myself want my skoolbaadjie pas nie meer nie my hare is lank ek wil ‘n oorring dra ek bid byna nooit nie en ek glo nie sommer net in God nie ek dink, praat, skryf selfs oor die dood – ek wonder of Ma van my verse sal hou – Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly – en ek het nie kon nie ‘skuus Mammie maar ek is nog Ma se kind grootmenskind anderster kind
Eerste strofe Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig sommer so, nes Antjie maar ek gebruik soms leestekens en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie want dit hoort vir my nes plastiekblomme en wit skoene nie by Ma nie. 1. Mammie: dui op respek en is ‘n liefdevolle aanspreekvorm. 2. kaalvoet gedig: eenvoudige gedig. 3. en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie: spreek sy ma met respek aan 4. nes: ‘n vergelyking 5. want: ‘n rede/verduideliking word verskaf 6. nes: deur “jy” te sê word deur die spreker met plastiekblomme en wit skoene vergelyk (slegte smaak/pas nie by sy ma nie) 7. “Mammie” na “Ma”: liefdevol na ‘n meer formele aanspreekvorm
Tweede strofe Ek het grootgeword, weet Ma – ek skrik soms vir myself want my skoolbaadjie pas nie meer nie my hare is lank ek wil ‘n oorring dra ek bid byna nooit nie en ek glo nie sommer net in God nie ek dink, praat, skryf selfs oor die dood – ek wonder of Ma van my verse sal hou – het grootgeword: is nou ‘n volwassene want: motiveer/verskaf redes/bewyse dat hy grootgeword het (vyf bewyse volg) – bewyse is eers fisies, dan meer diepliggend my hare is lank/ek wil ‘n oorring dra: rebels, dui verder op groei en ek glo nie sommer net in God nie: bevraagteken dink, praat, skryf selfs oor die dood: toon emosionele groei. Progressie van dink na praat na skryf wonder: twyfel, is nie seker nie Herhaling van “ek”: moontlike selfbeheptheid.
Derde strofe Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly – en ek het nie kon nie ‘skuus Mammie maar ek is nog Ma se kind grootmenskind anderster kind Ek weet: hy is seker van sy saak. Hy spreek spyt uit dat hy verander het. Inkeping: dui op die onafwendbare, hy moes verander. ‘skuus Mammie: Elisie, wat dui op kinderlikheid. Dit is ‘n liefdevolle aanspreekvorm. Hy vra om verskoning. Verwys weer na Antjie se gedig. “kind”-herhaling: beklemtoon dat hy sy ma se kind bly, ten spyte daarvan dat hy verander/groei grootmenskind: Oksimoron. Dui op moontlike onsekerheid
Addisioneel Tema: Groeipyne asook die belangrikheid van kommunikasie Die gedig is geskryf in vrye versvorm. Is die gedig ‘n vorm van plagiaat? Beklemtoning deur: alleenplasing en inkeping (strofe 3) Alliterasie: “sommer so, nes Antjie” (r.2) Assonansie: “want my skoolbaadjie pas nie meer nie” (r.10)
Antjie vs. Fernel Antjie & Fernel Gedig Spreek haar ma as “jy” aan Digter is ‘n dogter Geen leestekens Wil graag self verander om by die ma se waardes aan te pas Brief Spreek sy ma as “mammie” aan Digter is ‘n seun Gebruik soms leestekens Is tevrede met sy andersheid al sal sy ma nie daarvan hou nie Antjie & Fernel Beide gedigte is in vrye versvorm Beide gedigte is eenvoudig Beide gedigte bestaan uit drie strofes Beide kinders vra vir hul ma’s om verskoning Beide kinders hou van hul ma’s Beide kinders het vermoedelik nie ‘n noue verhouding met God nie