De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

As jy weer skryf Ingrid Jonker.

Verwante presentaties


Presentatie over: "As jy weer skryf Ingrid Jonker."— Transcript van de presentatie:

1 As jy weer skryf Ingrid Jonker

2 As jy weer skryf (vir Jack) As jy weer in jou dagboek skryf Onthou
Om die goue blaar te sien in die somerson Of miskien die blou moederskappie Op een van ons afwesige wandelinge Teen Tafelberg En wat my bloed vermeng het met die bloed van Die son saans in Lissabon Het jou saamgedra soos ‘n spieël En ek het jou geskryf Op die oop bladsy Van my treurigheid Jou naamlose woord Om in my oë te sien Die son wat ek nou vir altyd bedek Met swart vlinders

3 Chris Chameleon se video oor die verwerking van Ingrid Jonker se gedig:
As jy weer skryf

4 You Tube video van Chris Chameleon: As jy weer skryf

5 Agtergrond Kantelson, die bundel waaruit dié gedig kom, is ‘n versameling werke wat in 1966 verskyn het. In dié bundel word talle temas en motiewe uit haar vroeër werke herhaal. Liefde en liefdesverhoudings staan sentraal in die oorgrote meerderheid van haar gedigte, wat dikwels op ‘n afwesige geliefde gerig is.

6 In hierdie gedig is daar ‘n persoonlike aanslag volgens die ondertitel.
Die gedig het ‘n nostalgiese toon, want die geliefde is nie meer by haar nie. Die gedig is in sy geheel ‘n herinneringsgedig, want die woord “onthou” kom 2 keer as ‘n enkelreël in die gedig voor. (Vir beklemtoning)

7 As jy weer skryf (vir Jack)
Die gedig is deur Ingrid Jonker geskryf aan een van die mans in haar lewe, nl. Jack Cope

8 As jy weer in jou dagboek skryf Onthou (Wat moet hy onthou??)
Om die goue blaar te sien in die somerson Of miskien die blou moederkappie Op een van ons afwesige wandelinge Teen Tafelberg Die oomblikke wat onthou moet word is intens intieme oomblikke wat deur kleurryke beelde geskep word.

9 Simbool 1: Die goue blaar

10 Simbool 2: Blou moederkappie ( ‘n wilde orgidee)

11 Sy vra die afwesige geliefde om die momente te onthou, maar in werklikheid is dit sy wat dit in herinnering roep: “... Die afwesige wandelinge teen Tafelberg” Dus is dit IRONIE

12 Simbool 3: Wandelinge teen Tafelberg

13 * Die son in r. 8 dui simbolies op die lewe
En wat my bloed vermeng het met die bloed van Die son saans in Lissabon S-alliterasie - Halfrym Deur die alliterasie word elke woord uitgelig. Die verwydering tussen die geliefdes word verder beklemtoon. Reël 7 is die langste reël in die gedig!! * Die son in r. 8 dui simbolies op die lewe

14 Haar bloed wat vermeng met die sonsondergang in Lissabon
Haar bloed wat vermeng het met die sonsondergang in Lissabon sê vir ons dat sy permanet deel is van Portugal. Bloed wat vermeng dui op ‘n intieme, passievolle band. Die herhaling van die woord bloed dui ook daarop en die rooi kleur dui ook liefde aan. Daar is dus ‘n defnitiewe kontras tussen die rooi sonsondergang en die swart vlinders. Dit dui op die liefde vir haar nuwe tuiste en die hartseer oor haar geliefde wat agter bly.

15 ‘n Sonsondergang in Lissabon waar sy gaan bly het.

16 Die kaart van Lissabon

17 Het jou saamgedra soos ‘n spieël
Die vergelyking wys dat al is die vervreemding ‘n werklikheid, is sy tog nog een met hom. Hy is nie net deel van haar nie, maar ‘n weerspieëling van haar. Sy het hom saamgedra soos ‘n spieël.

18 Interessant Prof. D. H. Steenberg wys daarop dat die spieël sedert die Middeleeue twee kante besit: ‘n Negatiewe kant wat die verganklikheid kan onthul en ‘n positiewe kant wat die vermoë het om die ewige te weerspieël. DUS Vir die digter gaan dit om daardie dinge wat verby is, maar ook om die dinge wat sy vir ewig met haar saamdra.

19 En ek het jou geskryf Op die oop bladsy Van my treurigheid
Jou naamlose woord Die momente wat verby is, skryf sy op die “oop bladsy van haar treurigheid” Dit is herinneringe wat haar baie hartseer maak, daarom is die hele toon van die gedig dié van somberheid.

20 As jy weer in jou dagboek skryf (Herhaling)
Onthou (Die tweede keer wat die woord gebruik word) Om in my oë te sien Die son wat ek nou vir altyd bedek Met swart vlinders

21 As jy weer skryf is ‘n gedig wat spreek van eensaamheid, daarom die swaar nostalgiese toon teweeggebring deur ‘n liefde wat verby is, maar ‘n geliefde wie se teenwoordigheid nie prysgegee wil word nie.

22 Tipografie Dit is hoe die gedig gedruk is – m.a.w die bou van die gedig. Kyk na die volgende aspekte: * Strofebou: slegs 1 strofe in die gedig. * Aantal versreëls: 18 versreëls. * Hooflettergebruik: elke reël begin met ‘n hoofletter. * Alleenplasing: versreëls 2, 6 en 15 staan alleen om te beklemtoon.

23 Tipografie (vervolg) * Subtitel: (vir Jack) net onder die titel en ter uitbreiding van die titel – hier word dus vir die leser aangedui vir wie hierdie gedig eintlik geskryf is – waarskynlik iemand wat saam met die digter die belewing gedeel het.

24 Vrye Vers Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik nie: hier kom geen leestekens in die gedig voor nie en dit lyk of elke versreël ‘n selfstandige sin is, omdat elke versreël met ‘n hoofletter begin. Geen vaste rymskema nie: gebroke rym (abcdef) Versreëls: die versreëls is nie ewe lank nie.

25 Vrye Vers (vervolg) Praatpoësie: dit klink soos ‘n afskeidsbrief aan ‘n persoonlike vriend (soos in die subtitel voorkom) – waarin belewinge wat gedeel is, weer aangehaal word. Dit is dus ‘n geselsbrief/praatpoësie, daarom is daar geen van die funksionele vaste digvorme nie – dit is ‘n persoonlike gesprek.

26 Herhaling Dit word gebruik om kernbegrippe te beklemtoon en sekere gevoelens van verlange hier te beklemtoon, bv. die woord “ONTHOU” in reëls 2 en 15 Dit beklemtoon juis dit wat sy wil hê die persoon moet onthou – dit waarna sy ook terugverlang.

27

28 Alleenplasing Dit is wanneer die woord/e alleen in ‘n reël geplaas word ter beklemtoning van die betekenis. Dit gebeur juis hier ook met die woord “ONTHOU”.

29 Kontras Twee sake word in teenstelling met mekaar geplaas om ‘n beeld duideliker na vore te bring, bv.: Die gelukkiger dae met die “goue akkerblare en somerson” teenoor die ongelukkiger tye wat die “swart vlinders” uitbeeld.

30 Progressie Daar is ‘n vordering t.o.v gebeure/emosies, bv:
* hier is daar ‘n “vordering” van die goeie na die slegte, omdat dit ‘n afskeidsbrief is.

31 Beantwoord al die vrae op bladsy 3 en 4


Download ppt "As jy weer skryf Ingrid Jonker."

Verwante presentaties


Ads door Google