De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Wie’s Hy? Adam Small.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Wie’s Hy? Adam Small."— Transcript van de presentatie:

1 Wie’s Hy? Adam Small

2 Wie’s Hy? Die poet, wie’s hy? djulle het so baie bek oorie poet, ma wie’s hy? Is hy rêrag soes djulle dink die ou moerie pen ennie ink wat in sy study sit en poems dink? Nai, djulle’s mistaken, nie hy nie ma d’julle is die poets, djulle wat innie straat loep ennie gladde bek verkoep ma die dinge sien en soema net daa God tien hulle roep!

3 Engels Afrikaans Poet Digter Study Studeerkamer Poems Gedigte Mistaken verkeerd

4 Assimilasie Standaardafrikaans Wie’s Wie is Oorie Oor die Rêrag Regtig Moerie Met die Ennie En die Innie In die

5 Kaapse Afrikaans Standaardafrikaans Ma Maar Soema Sommer Daa daar

6 Ontronding: Kaapse Afrikaans Standaardafrikaans Soes Soos Loep Loop
Verkoep Verkoop Tien teen

7

8 “POET” “DJULLE” METODE Skryf (“pen ennie ink”) Praat (“gladde bek”, “roep”) PLEK Studeerkamer (alleen) Op straat (tussen ander) (“innie straat”) TYDSVERLOOP Dink eers, skryf dan (intellektueel) Geen tydsverloop (“soema net daar”) (instinktief)

9 VRYE VERS Geen vaste rymskema (tog bietjie rym in gedig)
Geen vaste ritme Lengte van versreëls wissel Lengte van strofes wissel (Hierdie gedig het WEL hoofletters en leestekens) Herhaling van woorde (wie’s hy/ djulle)

10 TEMA Almal wat taal speels en kreatief gebruik, is digters.
Digterskap is dus nie net om in studeerkamer te skryf nie. Digterskap kan ook PROTESTEER teen wat verkeerd is (“God tien hulle roep”)

11 Saamgestel deur:E Cronje
Hoërskool Kampsbaai


Download ppt "Wie’s Hy? Adam Small."

Verwante presentaties


Ads door Google