Koos du Plessis (1945-1984)
Jou beeld is ‘n verflenterde foto in ‘n skewe, versplinterde raam En ‘n sestal geskommelde letters Spel jou tweelettergrepige naam. Jou woorde is dor manuskripte vir die motte bewaar op die rak en ons dae ‘n kralesnoer syfers ‘n outydse muuralmanak. Jou oë was die kleur van die aarde, van saffier, van smarag of agaat, en jou stem ‘n ontwykende deuntjie gevange in ‘n stukkende plaat.
vergete is die lag in jou oë of die tranespoor oor jou wang, maar soms in die nanag onthou ek hoe diep ek na jou kon verlang. Want wat ek vir altyd wou vashou, het die tyd uit my hande laat gly en wat ek so graag wou vergeet het, is vir ewig gebalsem in my. Uit: Om jou verlaas te groet, 1885
Agtergrond oor Koos du Plessis Hy is op 10 Mei 1945 in Rustenburg gebore en het aan die Hoërskool Hugenote in Springs gematrikuleer. Hy behaal ‘n onderwysdiploma (by NKP) en ‘n B.A- graad aan Wits. In 1969 trou hy met Mornay en hulle het 3 dogters, nl. Irma, Karien en Karla. Later word hy ‘n koerantman.
Hy word egter bekend vir sy betrokkenheid by die Musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s. Bekende luisterliedjies is Sprokie vir ‘n Stadskind en Kinders van die Wind. Op 15 Januarie 1984 verongeluk hy op die ou Krugersdorp-pad.
DIE DATUM EN BUNDELTITEL Die gedig verskyn in 1985 – ‘n jaar ná sy dood. Die bundeltitel: “Om jou verlaas te groet.” Verlaas beteken die laaste maal. Dis amper asof hy geweet het hy gaan finaal afskeid neem. Heel ironies!!
Strofe 1: Hy kan nie meer haar gesig of naam onthou nie. Alliterasie hef die gehawende toestand van die foto uit Metafoor = r. 1 Jou beeld is ‘n verflenterde foto in ‘n skewe, versplinterde raam en ‘n sestal geskommelde letters spel jou tweelettergrepige naam. Dit dui op haar naam
Droë, lewelose handgeskrewe briewe Vismotte wat papier vreet Strofe 2: Die inhoud van haar briewe het vervaag en die jare na hul verhouding het verby gegaan. R. 5 en 7 is METAFORE Droë, lewelose handgeskrewe briewe Jou woorde is dor manuskripte vir die motte bewaar op die rak (Intertekstualiteit = Matt. 6: 19-20) en ons dae ‘n kralesnoer syfers op ‘n outydse muuralmanak. Vismotte wat papier vreet
Die kralesnoer het ‘n begin en ‘n einde Die kralesnoer het ‘n begin en ‘n einde. Dus dui dit op die verhouding van die geliefdes (die ons r. 7) wat ‘n begin en ‘n einde het. Die outydse muuralmanak dui aan dat die verhouding se dae getel is. Die interteks wys ook dat haar geskrewe woorde (briewe) ook sal vergaan.
Matteus 6: 19-20 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
Wat buite bereik bly / dit vervaag. Strofe 3: Hy kan nie die presiese kleur van haar oë onthou nie en haar stem is ook vergete. Sy is dalk dood Bruin groen oë 9. Jou oë was die kleur van die aarde, 10. van saffier, van smarag of agaat 11. en jou stem ‘n ontwykende deuntjie 12. gevange in ‘n stukkende plaat. Wat buite bereik bly / dit vervaag.
Strofe 3 (vervolg) In r. 10 word van halfedelgesteentes gebruik gemaak, asook assonansie om te dui op die kosbaarheid van die herinneringe wat nou vervaag. Die metafore in r. 11 en 12 is funksioneel – haar stem kan nie meer gehoor word nie, soos ‘n deuntjie wat jy nie meer kan hoor nie, omdat die plaat stukkend is. (Dui ook daarop dat sy oorlede is.)
vergete is die lag in jou oë of die tranespoor oor jou wang Strofe 4: Hy het vergeet hoe sy gelag en gehuil het, maar hy onthou sy verlange na haar. Tranespoor is personifikasie (trane soos spore) R. 13 en 16 is ‘n paradoks want hy sê hy’t vergeet, maar deur dit wat hy sê onthou hy tog. Verlange is in die verlede slegs herinne-ringe is nou oor. vergete is die lag in jou oë of die tranespoor oor jou wang maar soms in die nanag onthou ek hoe diep ek na jou kon verlang.
Strofe 5 se onthou en vergeet is ‘n paradoks en ironie Strofe 5: Tema: Wat hy wou onthou het hy vergeet en wat hy wou vergeet, onthou hy. Strofe 5 se onthou en vergeet is ‘n paradoks en ironie Die voegwoord gee die rede vir die herinnering nl. dat hy nooit sy eertydse geliefde sal vergeet nie! Want wat ek vir altyd wou vashou,(dit wat mooi was!) het die tyd uit my hande laat gly en wat ek so graag wou vergeet het, (die lelik) is vir ewig gebalsem in my.
Stemming: Die gedig se stemming en toon is hartseer en dit sluit aan by die spreker se gevoelens van verlies. Spreker: Hier is ‘n ek-spreker of eerstepersoonspreker aan die woord. Dit is iemand wat terugdink aan ‘n verlore geliefde uit sy verlede.
Die bou van die gedig: Die gedig bestaan uit 5 kwatryne waarvan die 2de en 4de versreël rym. Die rymskema is gebroke. (Sluit aan by die gebrokenheid / hartseer in die gedig) Elke strofe bestaan uit 1 sin. Elke versreël bestaan uit 8 en 10 lettergrepe (dit help met die ritme van die gedig) Die gedig is geskryf om gesing te word. Die alliterasie en assonansie in die gedig beklemtoon woorde en ondersteun die ritme.
Progressie in die gedig: In die eerste 3 strofes is dit jou beeld, woorde en oë, maar in strofe 4 kom die ek by en in die laaste strofe is die fokus nét op die ek. Metafore: Dit dui die verlies in die gedig aan.
Die onthou en vergeet tema: Dit wat hy onthou: * Haar gesig op die foto * Haar oë en naam * Haar briewe * Die verlange na haar Dit wat hy vergeet het: * Haar stem * Die lag in haar oë * Die trane oor haar wange
Tema: Herinneringe vervaag mettertyd, sodat dit wat jy moontlik wou onthou, jy vergeet en dit wat jy wou vergeet, jy onthou.