De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

7 Bybelse Redes vir ‘n Offervaardigheid

Verwante presentaties


Presentatie over: "7 Bybelse Redes vir ‘n Offervaardigheid"— Transcript van de presentatie:

1 7 Bybelse Redes vir ‘n Offervaardigheid

2 1. Maak staat op die Here se beloftes
2. Volgelinge van Christus se patroon 3. Help om God te eer met hele lewe 4. Bring God se wysheid en orde na jou finansies 5. Herinner dat God eienaar van alles is 6. Sal geestelike groei en vertroue in God versterk 7. Skat in die hemel verseker

3 (1) Maak staat op die Here se beloftes
10Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Mal 3:10 God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk 2 Kor 9:8

4 (2) Volgelinge van Christus se patroon
30"Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy. Lev 27:30 9Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn. Spr 3:9,10

5 (3) Help om God te eer met hele lewe
23Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer. Deut 14:23b

6 (4) Bring God se wysheid en orde na jou finansies
6Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het,7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. 9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. 1 Tim 6:6-10

7 (5) Herinner dat God eienaar van alles is
8Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige. Haggai 2:8

8 (6) Sal geestelike groei en vertroue in God versterk
5Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil. 2 Kor 8:5 17Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Fil 4:17

9 (7) Skat in die hemel verseker
19"Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees." Matt 6:19-21 18Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 19So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. 1 Tim 6:18-19

10 1. Maak staat op die Here se beloftes
2. Volgelinge van Christus se patroon 3. Help om God te eer met hele lewe 4. Bring God se wysheid en orde na jou finansies 5. Herinner dat God eienaar van alles is 6. Sal geestelike groei en vertroue in God versterk 7. Skat in die hemel verseker


Download ppt "7 Bybelse Redes vir ‘n Offervaardigheid"

Verwante presentaties


Ads door Google