De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Skatte van die koninkryk van die hemele…

Verwante presentaties


Presentatie over: "Skatte van die koninkryk van die hemele…"— Transcript van de presentatie:

1 Skatte van die koninkryk van die hemele…
Ek wil graag vandag aansluit by die aangrypende bvoodskap van Oom Francois Strydom, hy het gepraat oor die verskillende dele van ‘n mens. Siel , Gees en Liggaam en die wissel werking en stryud tussen die verskillende dele van ‘n mens. Hy het ook gepraat oor ‘n mens se redding en het genoem van die belangrikheid dat ‘n mens op die pad van heiligmaking moet vorder. Dit het my laat dink, oor my eie lewe en my eie pad van heiligmaking, is ek ooit besig met so ‘n ding, en is dit belangrik? Die kort antwoord is Ja, JA! Dis lewens belangrik. Wat moet ons bymekaar maak vir die ewige lewe en hoe doen ons dit?

2 God se doel vir die mens? Vir watter doel het God die mens gemaak?
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. As ‘n mens die vers in die bybel lees is dit maklik om die eerste gedeelte van die vers mis te lees en te let op die tweede gedeelte van die vers, laat ons heers, dit klink lekker. Ons sal oor die visse heers, die voëls, selfs die diere wat op die aarde kruip, ag sommer oor die hele wêreld. Maar wat is Vader Yahweh se doel met die mens, ja dit is om te heers, maar wat is die eerste begeerte wat Hy uitspreek aan die begin van die vers, Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis… Die beeld en gelykenis verwys wel na ‘n die fisiese beeld van onse Vader, want my seun lyk tog soos ek, aangesien ons is familie is, maar nog verder as die fisiese. My seun lyk nie net soos ek nie, hy het ook my gewoontes en tree soos ek op. Netso as ons Sy kinders genoem wil word moet ons die eienskappe van ons verlosser Jashua ons meester ook dra en daagliks aan diegene rondom ons openbaar deur die manier wat ons lewe. DIE DOEL VAN HIERDIE BOODSKAP IS OM U TE HELP OM DIE OPDRAG VAN HEILIGMAKING TOT UITVOERING TE BRING.

3 Het jy behoefte aan heiligmaking?
Vervulling met die Heilige Gees Eff 5:18 Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Hoekom volkome heiligmaking? 1Thes 3:13 sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges. Groei tot Geestelike volwassenheid Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, 2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. Elke bekeerde wat hier sit vandag, raai ek, hoop ek is op soek na ‘n dieper verhouding met onse drie-enige Elohim. Ons smag daarna om toegrus te word met die krag van die Gees, die Heilige Gees. Die behoefte aan heiligmaking in die kinders van God se lewens word telkens in die Bybel genoem. Begrippe wat direk hiermee in verband staan, is die vervulling of salwing met die Heilige Gees, dissipelskap, vrugte dra wat by die bekering pas en geestelike volwassenheid.

4 Die probleem van teruggevalle Christene
Gal 3:1-3 1 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! Die heel eerste geestelike bate wat ‘n teruggevalle Christen verloor, is sy heiligmaking. Deurdat hy aan die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede toegee, gaan hy willens en wetens onder die beheer van die Heilige Gees uit en begin om weer onder die mag en invloed van die vlees te lewe. Moet nie wees soos die Galásiërs wat na ’n goeie begin veragter het en in die mag van die vlees geëindig het nie, want so is baie harde werk tot niet gemaak.

5 Gevaar van geestelike gawes sonder die liefde…
1Kor 13:1-3 1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. 8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. Dit is wonderlik om die vrug van die Gees in jou lewe te openbaar, dit is nog beter om die geestes gawes te beoefen, maar sonder die liefde is dit alles ook maar niks. Ons moet in ons eie lewens waak teen liefdeloosheid, dit is ons behoud en een van die min dinge wat tot in ewigheid sal bestaan, daar is geskrywe dat die profesie sal vergaan, want as ons in die hemele is sal ons tog almal ten volle weet, daar is dan geen meer nut vir profesie nie. Tale en kennis sal tot nie gaan, maar die liefde nimmer meer. Ons moet dus ook in liefde uitreik na ons naastes om hul sodoende na ons Verlosser te lei.

6 Maak skatte bymekaar… Matt 6:19-21
19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

7 Die skatkis van die hemele…
Geestelike Gawes Heilige Lewe Vrugte van die Gees Lei ander na redding Skatkis van die Liefde

8 Gawes van die Gees 1 Kor. 12:4-11 Gawes van die Gees Woord van wysheid
Woord van kennis Geloof Genadegawes van gesondmaking Werkinginge van kragte Profesie Onderskeiding van geeste Allerhande tale, en uitleg van tale ens.

9 Hoe bepaal jy jou gawes? Toets vir top 3 gawes – op die internet
Bly jou gawes altyd dieselfde? Matt 25:14-30 Gelykenis van Talente Wanner behoort jy te begin met die werk? Matt 21:28-32 Gelykenis van die twee seuns

10 Maak vordering… Bepaal jou Geestes gawes
Stel doelwitte (vir die jaar, vir vandag) Aanvaar dat mense gaan sê – Hy’s “weird” Wees konsekwent Verander slegte gewoontes Vat verantwoordelikheid Bestudeer en oordink die Woord – aanhoudend Wees dankbaar Moenie “worry nie” – dit is ongeloof Wees heilig…

11 Wees heilig. (punt) 2 Kor. 6:11-18 (Dringende vermaning om heilig te lewe) 14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? 15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? 16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; 18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

12 Afsluiting Open. 22:11-14 11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. 12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.


Download ppt "Skatte van die koninkryk van die hemele…"

Verwante presentaties


Ads door Google