GEVANGENIS IN CESARÉA Les 12 vir 22 September 2018
Paulus was in Cesaréa vir sy eie veiligheid Paulus was in Cesaréa vir sy eie veiligheid. Hy was onder Romeinse jurisdiksie. Almal wat Paulus ondervra het, het geweet dat hy niks onwettig gedoen het nie. Nietemin moes Paulus by die keiser appelleer om te verhoed dat hy deur die Jode gevang geneem word. Voor Felix. Handelinge 24. Beskuldiging en verdediging. Voor Festus. Handelinge 25:1-12. Politieke kwessies. Voor Agrippa. Handelinge 25:13-26:32. Koning Agrippa en Bernice. Paulus se toespraak. Agrippa se reaksie.
BESKULDIGINGS EN VERDEDIGING “Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is.” (Handeline 24:14) Die hoëpriester Ananias het 'n prokureur, Tertúllus, gehuur om Paulus voor Felix te beskuldig: Paulus was beskuldig dat hy opstand onder die Jode aangehits het. [NEE] Hy was die leier van die sekte van die Nazareners. [JA] Hy het probeer om die tempel te ontheilig. [NEE] Paulus het eers die tweede "beskuldiging" aanvaar, hoewel die Christendom op daardie stadium nie onwettig was nie. Hy het verduidelik dat hy daarvan beskuldig word dat hy in die opstanding van Jesus geglo het. Hy het probeer om genadiglik voor God en mense te leef. Felix was 'n man van twyfelagtige karakter. Hy het besluit om die vonnis uit te stel, met die hoop om omkoopgeld van Paulus te ontvang.
POLITIEKE KWESSIES “Maar omdat Festus aan die Jode ‘n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?’” (Handelinge 25:9) Festus vervang Felix as die goewerneur van Judea in 60 nC. Die Jode het probeer om Paulus na Jerusalem te bring om hom tydens die oordrag te vermoor. Festus het hulle versoeke verwerp, daarom het die Jode na Cesaréa gegaan om Paulus weer van dinge te beskuldig "maar hulle kon dit nie bewys nie.” Paulus se verdediging was eenvoudig: " Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie." (Handelinge 25: 8) Festus het Paulus 'n Joodse vehoor aangebied. Dit was 'n politieke skuif ten gunste van die Jode. Paulus het daarop aangedring om hom op die hoogste Romeinse regsbank te beroep: Keiser (Nero!)
KonING AGRIPPA AND BERNICE “Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.” (Handelinge 25:23) Om in die opstanding van Jesus te glo was 'n gekheid vir Festus, maar nie 'n misdaad nie. Wat moet die beskuldiging teen Paulus wees voor Nero? Herodes Agrippa II en Bernice het gekom, en Festus het hulle raad gevra. Hulle het met groot vertoon gekom maar het die moeilike verhouding tussen hul familie en Jesus verberg. Sy oupa het probeer om Jesus as kind dood te maak. Sy oom het Johannes die Doper doodgemaak en Jesus veroordeel. Sy pa het die apostel Jakobus gemartel.
PAULUS SE TOESPRAAK “Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word.” (Handelinge 26:2) Paulus het geweet dat Agrippa sy toespraak kon verstaan, omdat hy 'n Jood was en die verhaal van Jesus geken het. Paulus se toespraak was meer as 'n verdedigingstoespraak, maar 'n getuienis en 'n oproep. Hy het vertel dat hy 'n ywerige Fariseër was wat die Christelike Kerk vervolg het (v. 4-11) Hy het van sy bekering vertel en die sending wat Jesus hom gegee het om te vervul (v. 12-18) Hy het ontken dat hy die Joodse wet verbreek het, en hy het die Messias bekendgestel (v. 19-23)
AGRIPPA SE ANDWOORD Festus het Paulus onderbreek. Toe probeer Paulus Agrippa se gewete aanspreek. Paulus was nie bekommerd oor vrylating van sy fisiese kettings nie. Hy wou sy gehoor uit hulle kettings van sonde loslaat. Paulus se sendingywer het sy eie versorging en sy eie veiligheid ver oortref. Ydelheid? Arrogansie? Vrees dat hy sy posisie verloor het? Amper gered! ... maar verlore. Moenie dat enigiets verhoed dat jy jou lewe aan Jesus oorgee nie. “‘Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.’ En Agríppa sê vir Paulus: ‘Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.’” (Handelinge 26:27-28)
Daar is 'n les vir ons in hierdie ervaring van Paulus, want dit openbaar God se manier van werk. Die Here kan die oorwinning bring uit wat vir ons ongemaklik is en soos nederlaag lyk. Ons staan die gevaar om God te vergeet, om te fokus op die dinge wat gesien word, in plaas van om met die oog van die geloof te sien wat ongesiens is. Wanneer ongeluk of onheil kom, is ons gereed om God te beskuldig van verwaarlosing of wreedheid. As Hy dit goedvind om ons bruikbaarheid in een of ander lyn te sny, treur ons, en stop nie om te dink dat God dit vir ons ten goed kan laat uitwerk nie. Ons moet leer dat tugtiging deel is van Sy groot plan en dat die Christen onder die roede van ellende soms meer vir die Meester kan doen as wanneer hulle in aktiewe diens betrokke is E.G.W. (The Acts of the Apostles, cp. 45, p. 481)