De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.

Verwante presentaties


Presentatie over: "’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019."— Transcript van de presentatie:

1 ’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019

2 Christene is die hande, voete, stem en hart van Jesus in hierdie wêreld.
Daarom moet ons optree soos Hy gedoen het: “net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien” (Mattheus 20:28) Elke Christelike kerk is 'n gemeenskap van dienaars. Ons word geroep om mekaar te dien en om die gemeenskap te dien. Dienaars en die gemeenskap. Dienaars wat intree. Dienaars wat preek. Dienaars binne die kerk. Dienaars wat saamwerk.

3 DIENAARS EN DIE GEMEENSKAP
“Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.” (2 Korinthiërs 2:14) Die eerste gelowiges het vir die behoeftiges in die kerk sowel as in die gemeenskap gesorg. Paulus het verskillende metafore gebruik wat die kerk as 'n gemeenskap van dienaars betrek. 'n Lewende offer (Romeine 12:1) Ons gee onsself aan God oor, sodat Hy Sy wil in ons kan vervul. Dit behels om ander te dien. Die liggaam van Christus (1 Kor 12:12-20) Christus is die hoof en ons dele van die liggaam. Ons dien die wêreld soos Hy gedoen het volgens ons eie vermoë. Ambassadeurs (2 Kor. 5: 18-20) God het ons geroep om versoening aan te kondig, beide tussen ons en tussen God en ons. Geur (2 Korhintiërs 2:14-16) Ons teenwoordig-heid in die gemeenskap is Christus se “reuk”. Die reuk van die lewe vir diegene wat Hom aanneem, en die reuk van die dood vir diegene wat Hom verwerp.

4 DIENAARS WAT INTREE “En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: ‘Júlle het ‘n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.’” (Eksodus 32:30) Die volk Israel het God se woede laat ontvlam deur die goue kalf te aanbid. God het voorgestel om hulle te vernietig en Sy beloftes aan Moses en sy nageslag te gee. Moses het die volk Israel liefgehad en met God geworstel en Sy voorstel verwerp. Moses was bereid om sy eie verlossing te verloor om die volk te red (Eksodus 32:32). Moses het sondaars so lief gehad dat hy vir hulle by God ingetree het.

5 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Mattheüs 5:16) DIENAARS WAT PREEK Jesus vra ons om die evangelie te verkondig: “En gaan preek en sê: ‘Die koninkryk van die hemele het naby gekom.’ Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” (Mattheüs 10:7-8) Die versorging van hulle is verbonde aan die verkondiging van die evangelie. Dit hoort saam. Albei aksies is ‘n reaksie op God se liefde. Sy liefde beweeg ons om ander lief te hê en om ons te beywer vir hul geestelike en liggaamlike welstand (1 Johannes 3:17).

6 DIENAARS BINNE DIE KERK
“Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” (Johannes 13:35) Geregtigheid, genade en liefde, moet alles beheer wat binne die kerk gebeur. Andersins, hoe kan ons 'n voorbeeld in ons gemeenskap wees? Kan ons voorbeeld ‘n afbeelding wees van ons geloof? Die kerk as organisasie moet billik en vrygewig wees teenoor sy werknemers. Dit moet die kwesbaarste lede beskerm en diegene in nood help. Elke kerklid moet vir ander lidmate sorg en hulle na die beste van hul vermoë help (Galasiërs 6:10; Hebreërs 13:16).

7 DIENAARS WAT SAAMWERK “so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.” (Romeine 12:5) 'n Groep mense wat saamwerk, kan meer doen as die individu wat alleen werk. Ons moet saamwerk as 'n verenigde liggaam. Elke persoon het, volgens die gawes wat die Heilige Gees hulle gegee het, ‘n ander rol. Samewerking is noodsaaklik om diegene in nood te versorg. Ons werk lewer dalk nie onmiddellik vrugte op nie, en dit kan uitputtend wees. Die apostel Paulus het ons hierdie raad gegee: “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” (Galasiërs 6:9)

8 “Ons leef in 'n spesiale periode van die aarde se geskiedenis
“Ons leef in 'n spesiale periode van die aarde se geskiedenis. 'n Groot werk moet binne 'n baie kort tydjie gedoen word, en elke Christen moet deelneem aan die volgehoue werk. God doen 'n beroep op mense wat hulself sal toewy aan die redding van siele. As ons Christus se offer begin verstaan wat Hy gemaak het om 'n verlore wêreld te red, sal 'n magtige worsteling gesien word om siele te red. O, dat al ons kerke die oneindige offer van Christus kan sien en besef!” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 9, cp. 13, p. 125)


Download ppt "’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019."

Verwante presentaties


Ads door Google