De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

WANNEER KONFLIK KOP UITSTEEK Les 7 vir 17 November 2018.

Verwante presentaties


Presentatie over: "WANNEER KONFLIK KOP UITSTEEK Les 7 vir 17 November 2018."— Transcript van de presentatie:

1 WANNEER KONFLIK KOP UITSTEEK Les 7 vir 17 November 2018

2 Persoonlike verskille
Interne konflik is een van die grootste gevare teen Eenheid Die vroeë Christen kerk het met die soort probleme te doen gehad. Ewenwel hulle het dit op so ‘n manier opgelos dat die kerk hegter verenig was, en die Evangelie vinniger versprei is as voor die konflik Wat kan ons leer van die vroeë Christen kerk om ons interne konflik beter te hanteer? Persoonlike verskille Handelinge 6:1-7 Kulterele verskille Handelinge 10:1-11:24 Leerstellings verskille Handelinge 15:1-22

3 PERSOONLIKE VERSKILLE: DIE PROBLEEM
“En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs,omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.” (Handelinge 6:1) Christene het alles wat hulle gehad het met die kerk gedeel, so is elke persoonlike probleem uitgesorteer. Daar was geen arm persone in die kerk nie (Handelinge 4:32-34). Nogtans, het daar met tyd probleme opgeduik. ‘n Groep mense (Jode van Griekse afkoms) het gevoel dat hulle nie soos die Jode van Judea (Hebreërs) behandel was nie . Die Apostels het besluit om hierdie voortrekkery die nek in te slaan. Hulle het verstaan dat die verkondiging van die Evangelie ernstig sou afneem indien hulle aan hierdie soort geskille aandag moet gee.

4 PERSOONLIKE VERSKILLE: DIE OPLOSSING
“Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanststel.” (Handelinge 6:3) Die twaalf Apostels het ‘n kerkvergadering uitgeroep en ‘n voorstel gemaak: om die werk in twee spanne op te deel; die Bediening van die Woord en die Bediening van die Tafels. Die kerk het sewe manne aangestel; “van goeie reputasie” om toesig te hou oor die uitdeling van die brood (raar maar hulle was van Griekse afkoms). Nou het meer mense die Kerk bedien en voortrekkery was stopgesit . Die oplossing was op die volgende gegrond: Elkeen se versoek was aangehoor. Verantwoordelikhede was uitgedeel. Die kerk het die geskikte persone gekies.

5 KULTURELE VERSKILLE: DIE OPLOSSING
“En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis en gesê: ‘By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.’” (Handelinge 11:2-3) Die kerk het geglo dat God net die volk van Israel wou red. In daardie geval sal mense van ander kulture uitgesluit wees van Verlossing indien hulle nie Jode word nie. Hulle het geweier om met die Heidene te meng. God het ingegryp en ‘n visioen aan Petrus gegee, om hom te ooreed om ‘n Heiden se huis te besoek. Die kerk in Jerusalem het besluit Petrus moet oor die kole gehaal word vir die “sonde.”

6 KULTERELE VERSKILLE: DIE OPLOSSING
“Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?” (Handelinge 10:47) God het weer ingegryp en Petrus oorreed om Cornelius en sy gesin by die kerk te laat aansluit. Hulle is gedoop alhoewel hulle nie Jode was nie, en hulle was nie besny nie. Maar die kerk was nie gereed om die Heidene te ontvang nie. Petrus moes elke besonderheid aan die kerk leiers vertel wat gebeur het by Cornelius se plek. Die Oplossing was as gevolg van: Direkte inmenging van die Heilige Gees. Die nederige onderwerping van die kerkleiers aan die Heilige Gees

7 LEERSTELLINGS VERSKILLE: DIE OPLOSSING
“En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.”(Handelinge 15:1) GELOOF WERKE Dieselfde Kulturele verskille soos in die vorige geval veroorsaak wrywing oor die leerstelling ivm besnydenis. Was fisiese besnydenis nodig om gered te word? Of was die besnydenis van die hart (bekeering) genoeg om gered te word? Die kerk vergader en die Judasieers verdedig hulle leerstelling met aanhalings uit die Geskrifte. Petrus vertel sy ondervinding met Cornelius se geval. Paulus en Barnabas verdedig hulle punt met wonderwerke wat God onder die Heidene gedoen het.

8 LEERSTELLING VERSKILLE: DIE OPLOSSING
“Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge.” (Handelinge 15:28) Die kerk het ‘n paradigmatiese skuif nodig. Hulle moet nou met eeue se tradisies wegdoen en die Skrifte onder toesig van die Heilige Gees lees. Hierdie was ‘n moeilike probleem. Verlossing moet elkeen bereik sonder enige uitsondering. Nuwe Waarhede het opgeduik toe hulle Skrifte met hierdie gedagtegang ondersoek het. Die stappe na die oplossing was: Die Kerkleiers het vergader. Elkeen het sy standpunt gelig. Hulle het vir die Heilige Gees gevra en die Geskrifte ondersoek. Die besluit was neergeskryf.

9 ‘N GIDS TOT KONFLIK OPLOSSING
Die ernstige konflikte in die vroeë kerk was oorkom deur liefde, eenheid, vertroue, en ‘n volle oorgawe tot die Woord van God en die leiding van die Heilige Gees. Wat kan ons van hulle ondervindings leer om die probleme te konfronteer in die Kerk vandag? Konflikte moet erken word en onmiddelik aangespreek word. Een of meer mense was aangestel om ‘n oplossing vir die probleem te vind. Die stories en opinies van beide kante van die konflik was aangehoor. Skrifte is in ag geneem. Getuienis van God se leiding was beide aangebied en gesoek. Die besluit was gekommunikeer saam met die redes vir die besluit.

10 E.G.W. (Testimonies to Ministers and Gospel Workers, cp. 10, p. 110)
“Indien ‘n broeder dwaling vekondig, moet hulle wat in belangrike possisies is dit weet; en indien hy die waarheid spreek moet hulle, hulle aan sy kant skaar. Ons hoort almal te weet wat onder mekaar verkondig word; want as dit die waarheid is hoort almal dit te hoor. Die Sabbatskool onderwyser hoort dit te weet, en elke Sabbatskool leerling hoort dit te verstaan. Ons is almal onder verpligting teenoor God om te verstaan wat Hy aan ons stuur… moenie so vol vooroordeel wees dat jy nie ‘n punt kan erken eenvoudig omdat dit nie met jou idees saamstem nie.”


Download ppt "WANNEER KONFLIK KOP UITSTEEK Les 7 vir 17 November 2018."

Verwante presentaties


Ads door Google