De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

GEARRESTEER IN JERUSALEM

Verwante presentaties


Presentatie over: "GEARRESTEER IN JERUSALEM"— Transcript van de presentatie:

1 GEARRESTEER IN JERUSALEM
Les 11 vir 15 September 2018

2 Die beproewinge van Paulus in Jerusalem:
Paulus verlang na 'n verenigde kerk (Galasiërs 3:28). Hy het die heidense kerke aangemoedig om hulle Joodse broers in Jerusalem te help deur offergawes vir hulle te gee (Romeine 15:25-27) Paulus het baie beproewinge in Jerusalem ervaar, net soos die Heilige Gees bekend gemaak het (Handelinge 21:22), beide binne en buite die kerk. Die beproewinge van Paulus in Jerusalem: Probleme met die gelowiges. Handelinge 21:15-26. Probleme met die Jode. Handelinge 21:27-36. Paulus verdedig homself: Voor die skare. Handelinge 21:37-22:29. Voor die Sanhedrin. Handelinge 22:30-23:11. Gered van die dood. Handelinge 23:12-35.

3 PROBLEME MET DIE GELOWIGES
Handelinge 21:15-26 PROBLEME MET DIE GELOWIGES “Hulle het gehoor dat jy al die Jode wat onder die heidene woon, leer om van die wet van Moses af te sien. Jy sou hulle geleer het om nie meer hulle kinders te laat besny nie en om nie die Joodse gebruike te onderhou nie.” (Handelinge 21:21) Paulus is hartlik deur die kerk in Jerusalem verwelkom. Nieteming vertel Jakobus hom van kritiek teen hom. Sommige mense het gesê dat Paulus die Jode leer om van hul tradisie af te sien. Paulus is gevra om sy "vroomheid" te bewys deur die Nasareer-gelofte van sommige Joodse gelowiges te ondersteun. Paulus kon die valse aanklag net ontken. Hy stem egter in tot Jakobus se versoek. Sommige broers kon glo dat Joodse tradisies voorwaardelik was vir hul redding.

4 “Hierdie toegewing was nie in ooreenstemming met sy leerstellings of met die vaste integriteit van sy karakter nie. Sy adviseurs was nie onfeilbaar nie. Alhoewel sommige van hierdie manne onder die inspirasie van die Gees van God geskryf het, het hulle soms verkeerde invloed gehad. Ons moet onthou dat Paulus vir Petrus teë gestaan het aangesien hy skeinheilg was en omdat hy dubbele standaarde gehad het.” E.G.W. (SDA Bible Commentary, volume 6, on Acts 21:20-26)

5 PROBLEME MET DIE JOODE Handelinge 21:27-36
“Toe die sewe dae van die reiniging byna om was, het Jode van die provinsie Asië vir Paulus by die tempel gesien. Hulle het die hele skare aangehits en vir Paulus gegryp.” (Handelinge 21:27) In sommige gevalle het die Nasareergelofte nog ‘n verdere ritueel versoek: “moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer. En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring” (Numerie 6:9-10) Kort voor daardie tyd geëindig het, was Paulus daarvan beskuldig dat hy heidene na die binnehof van die Jode gebring het (groot tekens het aangedui dat dit die doodstraf tot gevolg sal hê.) “Geen vreemdeling is toegelaat om binne die temple afbakening te kom nie. Wie daar gekry sou word sal gevolglik vir sy eie dood verantwoordelik wees.” Die Romeinse bevelvoerder, Claudius Lysias, moes tussenbeide tree, want die skare het Paulus byna gehang. Hy het Paulus gevange geneem en hom na die Antonia vesting geneem.

6 VOOR DIE SKARE Handelinge 21:37-22:29
“Broers en vaders, luister na wat ek nou tot my verdediging vir julle wil sê.” (Handelinge 22:1) Paulus het toestemming gevra om te praat. Hy praat in Aramees, die Hebreeuse taal, sodat die skare stil was. Paulus wou sy landgenote oorreed dat Jesus die Messias was. Hy het sy persoonlike getuiens gelewer. Almal het baie noukeurig na hom geluister totdat hy oor sy sending na die heidene begin gepraat het. “Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: ‘Weg van die aarde met so ‘n mens, want hy behoort nie te lewe nie!’” (Handelinge‬ 22:22) Die Romeinse bevelvoerder het Paulus in die vesting geneem en hom ondersoek deur middel van geseling. Paulus het genoem dat hy 'n Romeinse burger was, sodat hy nie aan so 'n soort marteling onderwerp kon word nie.

7 VOOR DIE SANHEDRIN Handelinge 22:30-23:11
“En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: ‘Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg!’” (Handelinge 23:6) Paulus het probeer om met die Sanhedrin te praat soos hy met die skare gedoen het. Hy het gepraat oor sy persoonlike toewyding, sy vervolging van die Christene, die openbaringe van Jesus en sy bekering. Maar Ananias het diegene wat by hom gestaan het, beveel om hom te slaan, sodat Paulus nie kon voortgaan om te preek nie. Daarna het Paulus gepraat oor die opstanding om die Fariseërs teen die Sadduseërs op te hits. Claudius het Paulus weer gered. God het Paulus aangemoedig en hom verseker dat hy in Rome sou getuig.

8 GERED VAN DIE DOOD Handelinge 23:12-35
“Die volgende dag het die Jode 'n komplot teen Paulus gesmee. Hulle het gesweer dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie.” (Handelinge 23:12) God gebruik Paulus se neef om hom te red van 'n gewisse dood deur die Jode. Die jongman het Claudius gewaarsku, en hy het Paulus na Cesaréa gestuur. Die Jode en die Sanhedrin het 'n diep haat teenoor Paulus getoon, en meer as 40 mense het die sameswering teen hom ondersteun. Daarom het Claudius met groot sorg Paulus beveilig tydens sy verplasing. Paulus kon voor Felix 'n regverdige oordeel aanvra en selfs, indien nodig, tot die keiser appelleer.

9 “Weer eens het die Here aan Paulus verskyn en aan hom geopenbaar dat hy na Jerusalem moes gaan, en dat hy daar vasgebind sou word en vir Sy Naam sou ly. Alhoewel hy vir ’n lang tyd ’n gevangene was, het die Here nogtans ’n spesiale werk deur hom gedoen. Sy bande sou juis die middel wees om die kennis van Christus te versprei en God te verheerlik. Waar hy van stad tot stad gestuur is in verband met sy verhoor, het hy voor konings en goewerneurs getuig van Jesus en die gebeurtenisse in verband met sy eie bekering, sodat hulle sonder verskoning sou wees ten opsigte van hulle verhouding tot Jesus.” E.G.W. (Early Writings, page 207)


Download ppt "GEARRESTEER IN JERUSALEM"

Verwante presentaties


Ads door Google