De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

PAULUS SE EERSTE SENDINGREIS

Verwante presentaties


Presentatie over: "PAULUS SE EERSTE SENDINGREIS"— Transcript van de presentatie:

1 PAULUS SE EERSTE SENDINGREIS
Les 7 vir 18 Augustus 2018

2 Ikónium. Handelinge 14:1-7 Werk vir Israel Listre en Derbe. Handelinge 14:8-20 Werk onder die heidene Antiochië. Handelinge 13:1-3 Voorbereiding vir die reis Antiochië in Psidië. Handelinge 13:13-52 Paulus se prediking Die reaksie van Jode en nie-Jode Keer terug na Antiochië. Handelinge 14:21-28. Konsolidering van die kerke Sálamis en Pafos. Handelinge 13:4-12 Élimas en Sérgius, opposisie en bekering In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

3 VOORBEREIDING VIR DIE REIS
Handelinge 13:1-3 VOORBEREIDING VIR DIE REIS “En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.’” (Handelinge 13:2) Jesus het alreeds aan Paulus vertel van sy missie om vir die heidene te preek (Handelinge 22:21). Hy het egter vir die Heilige Gees gewag om duidelik die regte oomblik aan hom te wys om die werk te begin. Na 'n tyd van gebed en vas het die Heilige Gees aan die kerk in Antiochië bevel gegee om die eerste sendingspan: Barnabas en Saulus te stuur. Die kerk het aan hulle die outoriteit vir die sending gegee deur hulle die hande op te lê. Eers het Barnabas die span gelei, maar vinnig het Saulus die hoofrol van die sendingekspedisie begin aanvaar. Vanaf Handelinge 13: 9 en verder was hy Paulus genoem.

4 Handelinge 13:4-12 OPPOSISIE EN BEKERING “Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.” (Handelinge 13:12) Die Heilige Gees het Paulus, Barnabas en Johannes Markus na Seleucia gelei waar hulle 'n boot na Ciprus geneem het. Barnabas was in Ciprus gebore, en dit was een van die eerste plekke waar Christene die evangelie verkondig het. Sommige manne uit Ciprus was die eerste om aan die heidene in Antiochië die boodskap te verkondig (Handelinge 11:19-20) Élimas was 'n Joodse towenaar wat hulle daar teëgestaan het. Die goewerneur, Sérgius Paulus, was geïnteresseerd in die Evangelie. Hy het dit uiteindelik aanvaar nadat Élimas voor Paulus blind geraak het.

5 Handelinge 13:13-52 PAULUS SE PREDIKING “En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is.” (Handelinge 13:32) Hulle het Ciprus verlaat en na Perge gegaan; en daarna na Antiochië in Psidië (Turkye). Johannes Markus het besluit om in Perge uit te tree, omdat hy bang was vir die uitdagings in hul reis. Hulle was genooi om in die Antiochiese sinagoge te preek die eerste sabbat wat hulle daar gebly het. Paulus het drie hoofpunte gepreek: God het Sy volk gelei van Egipte tot in Dawid se tyd (v ) Jesus het die Messiaanse beloftes vervul (v ) Paulus versoek die mense om die verlossing wat Jesus aanbied, te aanvaar (v )

6 DIE REAKSIE VAN JODE EN NIE-JODE
“En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.” (Handelinge 13:42) Daar was 'n paar heidene in die sinagoge tydens Paulus se preek. Hulle het nie Judaïsme ten volle aanvaar nie, miskien omdat hulle onder druk was om besny te word. Hulle het die Goeie Nuus met hul familie en vriende gedeel. Die volgende sabbat, “het byna die hele stad saamgekom” om Paulus te hoor preek. Die Jode het jaloers geword omdat die heidene die evangelie aanvaar het, en het Paulus en Barnabas uit die stad gegooi.

7 Handelinge 14:1-7 WERK VIR ISRAEL “En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.” (Handelinge 14:4) Die apostels het in Ikónium aangekom en dieselfde metode, soos in Antiochië gevolg, en het eers aan die Jode gepreek. Gevolglik het “‘n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword.” Die Jode wat nie geglo nie, het weereens probleme veroorsaak. Paulus en Barnabas moes uit die stad vlug om mishandeling te voorkom! Die meeste van die Jode het die evangelie verwerp, maar Paulus het nooit hoop verloor dat baie Jode Jesus sou aanvaar nie (Romeine 9- 11)

8 Handelinge 14:8-20 WERK ONDER DIE HEIDENE “En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe. En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.” (Handelinge 14:11-12) Hulle reis het voortgegaan na die gebied van Listre en Derbe. In Listre het Paulus 'n lam man genees wat genoeg geloof gehad het. Toe die Likaónieërs die wonderwerke sien het hulle gedink Paulus en Barnabas was gode wat mens geword het. Toe die apostels die situasie verstaan, kon hulle beswaarlik die mense se offerhandes stop. Sommige Jode van Antiochië en Ikónium het die situasie tot hul eie voordeel gebruik en heidene teen die apostels opgemaak. Paulus is gestenig, maar hy het wonderbaarlik oorleef.

9 KONSOLIDERING VAN DIE KERKE
Handelinge 14:21-28 KONSOLIDERING VAN DIE KERKE “En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë.” (Handelinge 14:21) Toe die reis eindig het hulle op hul spoor teruggegaan. Hoekom het hulle nie direk na Antiochië teruggekeer nie? Hulle wou die nuwe kerke konsolideer deur die nuwe gelowiges aan te moedig en te versterk. Hulle was gewaarsku oor die uitdagings wat voorlê. Hulle het ouderlinge aangestel. Hulle het saam gebid en gevas. Hulle het hulle aan die Here toevertrou. Terug in Antiochië het hulle getuienis aangaande hulle reis aan die klerk gelewer. Al die gelowiges het saam verheug.

10 E.G.W. (The Acts of the Apostles, cp. 34, p. 367-368)
“Paulus het nie die kerke vergeet wat hy gestig het nie. Na sy sendelingsreis, is hy en Barnabas terug op hul spoor om die kerke te besoek wat hulle gestig het, en het van hulle manne gekies wat hulle kon oplei om te help met die verkondiging van die evangelie. […] Die apostel het dit 'n deel van sy werk gemaak om jong manne op te lei vir die amp van die bediening. […] Ervare werkers doen vandag 'n edele werk wanneer hulle, in plaas daarvan om self al die laste te dra, jonger werkers oplei en die laste op hul skouers plaas.” E.G.W. (The Acts of the Apostles, cp. 34, p )


Download ppt "PAULUS SE EERSTE SENDINGREIS"

Verwante presentaties


Ads door Google