De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS

Verwante presentaties


Presentatie over: "EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS"— Transcript van de presentatie:

1 EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS
Les 10 vir 8 Desember 2018 EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS

2 Ons eenheid is gebaseer op individuele eenheid met Christus, maar persoonlike verhoudinge affekteer dit ook. Ons kan sommige voorbeelde van verhouding geskilpunte tussen Christene en hoe om dit op te los, in die Bybel vind. Herstel ‘n gebroke vriendskap. Handelinge 15:36-39 Herstel ‘n gebroke verhouding. Filemon 1 Herstel ‘n gebroke eenheid. 1 Korinthiërs 3:5-11 Herstelling na ‘n belediging. Vergifnis. Lukas 6:37 Herstelling. Mattheus 18:15-17

3 HERSTEL ‘N GEBROKE VRIENDSKAP
”Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.” (2 Timotheus 4:11) Hoewel ‘n argument oor Johannes Markus hulle vrienskap bedreig het, het Paulus en Barnabas het baie tyd saam spandeer. (Handelinge 15:36-39) Paulus wou Markus nie ‘n tweede kans gun nie, want hy het hulle op hul vorige sendingsreis verlaat. Maar Barnabas het Markus steeds vertrou. Die apostel van genade moes leer om genade te bewys aan een wat hom teleurgestel het. Paulus se bediening is later verryk deur Markus se bediening, en Paulus het sy hulp weer aanvaar.

4 HERSTEL ‘N GEBROKE VERHOUDING
“Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry,” (Filemon 1:15) Onesimus ‘n droster (slaaf) het iets van sy werkgewer (meester) gevat. Filemon kon ‘n regsgeding teen Onesimus aanhangig maak. In daardie tyd, het ‘n meester sy slaaf besit. As Filemon wrewel gewys het, sou dit sy leierskap in die kerk van Kolosse skade aangedoen het. Paulus was die bemidde- laar tussen hulle. Hy was ook gewillig om te betaal vir wat Onesimus gesteel het. Hy het geloof gehad dat Filemon in Christelike liefde sou handel en Onesimus as sy broeder sien (buite hulle werksverpligting).

5 God roep ons om saam te werk, nie te wedywer nie .
HERSTEL ‘N GEBROKE EENHEID God roep ons om saam te werk, nie te wedywer nie . Daar is geen groter of geringer gawes, almal word gegee om dieselfde doel te vervul. Daar is nie groter of geringer mense nie, maar mense met verskillende vaardighede/ talente. Daar is geen plek vir trotsheid of n onwaardigheids waan, al die meriete is God’ s’n. “en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here.” (1 Korinthiërs 12:5) Daar was ‘n eenheidsprobleem in Korinte (1 Korinthiërs 1:11-12). Hulle het nie verstaan dat God verskillende leiers en bedieninge gebruik om Sy werk te doen nie. Hulle almal is belangrik vir God. Paulus se advies aan die Korinte, leer ons dat:

6 VERGIFNIS “in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.” (Kolossense 1:14) Ons word nie vergewe deur ons bekering of belydenis nie, maar deur die dood van Christus aan die Kruis. Belydenis is ‘n manier om te vra vir Vergifnis. God vergewe ons nie omdat Hy van gerdagte verander het nie, maar omdat ons houding tot Hom verander het. Ons moet andere vergewe soos Hy ons vergewe het (Mattheus 18:21-35). Om andere te vergewe is ‘n lewensbelangrike behoefte vir ons eie geestelike welstand, en verlos andere van ons veroordeling. Dit vat ook ons wrewel weg, selfs ook as ons vergifnis nie aangeneem is nie deur ons oortreders nie.

7 “As jou broeders fouteer, moet jy hulle vergewe
“As jou broeders fouteer, moet jy hulle vergewe. Wanneer hulle na jou toe kom met belydenis, moet dan nie sê, ek dink nie hulle is nederig genoeg nie. Ek dink nie hulle voel hulle belydenis nie. Watter reg het jy om hulle te veroordeel, asof jy die hart kan lees?… Ons opsigselfs skuld alles aan die vrye genade van God. Genade in die Verbond orden ons aanneming. Genade in die Verlosser effekteer ons Verlossing, ons geslag, en ons verheerliking in ons erfdeel met Christus. Laat hierdie genade openbaar word aan andere.” E.G.W. (Christ’s Object Lessons, hfs. 19, p )

8 HERSTELLING ”laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.” (Mattheus 5:24) Watter drie stappe doen Jesus aan die hand in Mattheus 18:15-17 om ons te help om konflikte op te los wanneer ons te na gekom is deur n ander kerklidmaat? Om ons verskille op te los in privaatheid en in Christen liefde. Roep een of twee neutrale persone as getuies. Om die plaaslike Kerkraad te nader om tot Versoening te werk. Hierdie stappe moet in hierdie volgorde gevolg word om tot Versoening en Eenheid te lei. Hoe meer mense in hierdie proses betrek word, hoe moeiliker die Versoening.

9 “Dit is van kardinale belang om te verstaan dat die volk van Christus verenig is soos een; hierdie eenheid verbind mense met God deur die goue bande van liefde, en hou elkeen onder die verpligting om vir sy medemens te werk… Geen skeidings mure moet tussen mens en medemens opgebou word nie. Christus as die groot Middelpunt moet almal verenig soos een.” E.G.W. (Fundamentals of Christian Education, ch. 61, p. 479)


Download ppt "EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS"

Verwante presentaties


Ads door Google