De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

PETRUS SE BEDIENING Les 6 vir 11 Augustus 2018.

Verwante presentaties


Presentatie over: "PETRUS SE BEDIENING Les 6 vir 11 Augustus 2018."— Transcript van de presentatie:

1 PETRUS SE BEDIENING Les 6 vir 11 Augustus 2018

2 Die evangelie is ook geleer aan die heidene wat in Antiochië woon.
Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel deur na verskillende plekke te reis en sy broers, behoeftiges, skeptici en uitlanders te bedien. Die evangelie is ook geleer aan die heidene wat in Antiochië woon. Petrus se bediening. Die bediening van genesing. Hand. 9:32-43. Die bediening aan die Heidene Handelinge 10:1-43. Die bediening van aanvaarding Handelinge 10:44-11:1-18. Die Kerk se bediening. Prediking aan die Heidene. Hand. 11:19-30. Ly vervolging. Handelinge 12.

3 DIE BEDIENING VAN GENESING
“En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.” (Handelinge 9:41) God het Petrus gebruik om wonderwerke te doen soortgelyk aan dié van Jesus. Lukas 5:17-26 Handelinge 9:32-35 “Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe." “Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op.” Markus 5:35-43 Handelinge 9:36-43 “Maar Hy het almal uitgedryf …Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op.’” “Petrus het almal buitentoe gestuur…Tabíta, staan op.’” Handelinge 9:32-43

4 DIE GENESINGSBEDIENING
“En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.” (Handelinge 9:41) Die resultaat was dieselfde in beide gevalle “het hulle die Here verheerlik”, ”hulle was uitermate verbaas” en ”baie het in die Here geglo.” Wanneer ons God toelaat om ons ten volle vir die evangeliesaak te gebruik, kan groot dinge gebeur. Handelinge 9:32-43

5 DIE BEDIENING AAN DIE HEIDENE
“En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie.’” (Handelinge 10:34) 'n Engel het aan Cornelius die hoofman oor honderd vertel wie hy moet roep en waar om hom te kry. Petrus was 'n toegewyde Jood, hy wou nie 'n heidense huis binnegaan nie, vir hom was dit ‘n saak van verlossing. Daarom het God in 'n spesiale visioen aan hom vertel om aan die heidene te preek. Jesus gebruik Petrus se voorbeeld om te leer dat verlossing universeel is (Titus 2:11; Galasiërs 3: 26-28; Efesiërs 2:11-19) Niemand word uitgesluit van God se genade nie. Ons moet die goeie nuus aan almal verkondig. Handelinge 10:1-43

6 DIE BEDIENING VAN AANVAARDING
“En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: ‘So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.’” (Handelinge 11:18) Petrus het gesien dat die heidene die Heilige Gees ontvang "soos aan ons in die begin." Daarom het hy verstaan dat hulle gedoop kan word en deel van die kerk kan word (geen besnydenis was nodig nie) Maar die Kerk was nog nie gereed om hulle te aanvaar nie. Hulle het met Petrus oor sy gedrag gepraat. Hulle kon egter nie weerstand bied na hulle die hele storie gehoor het nie. Die deur was oop vir die heidene. Dit sou binnekort groot resultate meebring. Handelinge 10:44-11:1-18

7 PREDIKING AAN DIE HEIDENE
“En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.” (Handelinge 11:20) Baie gelowiges moes van Jerusalem af wegvlug weens Saulus se vervolging. Hulle het aan elke Jood gepreek wat hulle ontmoet het. Party van hulle het besluit om aan die heidene in Antiochië te preek. God het alles gereël. Saulus het 'n apostel geword, Petrus het begin om aan die heidene te preek en die kerk het hulle aanvaar. Toe die kerk gehoor het dat heidene in Antiochíë bekeer word, het hulle Barnabas gestuur. Hoekom hy? Want hy “was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof” en hy het Paulus geken en geweet waar om hom te kry. Hulle het vir 'n jaar Christus in Antiochíë verkondig. Die gelowiges was vir die eerste keer as "Christene" bekend daar. Handelinge 11:19-30

8 LY VERVOLGING “En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen. En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.” (Handelinge 12:1-2) Die vyand was toornig oor die Kerk se groei, daarom motiveer hy Herodes om die vordering van die evangelie te stop. Die dood van die eerste apostel en die inhegtenisneming van Petrus het die Kerk bekommer. Herodes het seker gemaak dat Petrus nie kon ontsnap nie, omdat ander apostels baie maklik uit die tronk uitgebreek het (Handelinge 5:17-20) Die kerk het vergader om saam te bid, en God het hulle gebede beantwoord deur 'n engel te stuur om Petrus te bevry. Herodes was later deur 'n engel getref. Handelinge 12

9 “Christus het geen onderskeid van volksherkoms of rang of geloof erken nie. Die skrifgeleerdes en Fariseërs wou die gawes van die hemel plaaslik, net vir hulle volk toe-eien en die res van God se gesin op aarde uitsluit. Maar Christus het gekom om elke skeidsmuur van verdeling te verwyder. Hy het gekom om te toon dat Sy gawe van genade en liefde so onomhein is as die lug, die lig of die reënbuie wat die aarde verkwik. Die lewe van Christus het 'n godsdienstige geloof geskep wat geen klassestelsel het nie, ‘n geloof waardeur Jood en heiden, vryman en slaaf, in ‘n gemeenskaplike broederskap op gelyke voet voor God saamgesnoer word. Sy werk is deur geen voorgeskrewe beleid beïnvloed nie. Hy het geen verskil gemaak tussen bure en vreemdelinge, vriende en vyande nie. ‘n Sieledors na die waters van die lewe – dit is wat by Hom die deurslag gegee het.” E.G.W. (The Ministry of Healing, cp. 1, p. 25)


Download ppt "PETRUS SE BEDIENING Les 6 vir 11 Augustus 2018."

Verwante presentaties


Ads door Google