BOEKMERK Marise Joubert.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning
Advertisements

S. J Pretorius skryf dikwels oor die sirkus
Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord.
DIREKTE - EN INDIREKTE REDE
My siel, Pa Marie van Rensburg
Onderwyser Antjie Krog.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
Sprokie vir ‘n stadskind
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
KONTAK Antwoordgids.
Omdat.
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Selfportret Herman Lintvelt.
Koos du Plessis ( ).
Die wêreld het so klein geword
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
Saamgestel deur Marelize Swanepoel
Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel.
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Wat van die res van jou lewe?
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
MA.
KABOUTERLIEFDE Antwoordgids.
Keerpuntgebeurtenisse
Brief Fernel A. Abrahams.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Rondom my Dawie de Jager.
Valse profete ♫ Speakers Wat sê die Bybel?.
Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?
Joh. 14: :
Wie’s Hy? Adam Small.
Staan op en skree nou: Ek is lief vir Jesus! Staan op en skree nou ek is lief vir Hom! Almal moet weet, ja almal moet.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
Ons wag.
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Druk (Click) om voort te gaan
Afhanklikheid van God.
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Die lewe is (soos) … Metafoor – kort vergelyking
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Hand. 1:
ACTS ACTION II..
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Meervoude: Die drie huise Marelize Swanepoel.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

BOEKMERK Marise Joubert

Letterlike betekenis : ‘n strokie leer, karton of materiaal wat ons in ‘n boek sit om te wys waar ons ophou lees het. In die rekenaar is dit ‘n gestoorde kortroete wat jou na ‘n spesifieke webblad lei.

Figuurlike betekenis : Dit is die herinnering wat jy in jou geheue wegbêre as ‘n belangrike of self lewensveranderende gebeurtenis en jy sal elke keer daarheen “teruggaan” om die geluk van daardie oomblik te smaak. Negatief : om weer die hartseer te onthou om nie dieselfde foute te begaan nie.

Uiterlike Bou Die gedig bestaan uit 6 strofes. Strofes verskillende lengte. Geen vaste rymskema nie. Afwesigheid van leestekens is opvallend. Gedig is ‘n vrye vers. Inkeping in strofes 1, 3, 5 en 6. .

BOEKMERK   1 kinders 2 met wange soos mossies 3 wat teen elke oggend stoei 4 hande altyd woerende vlerke 5 elke lyfie ‘n seilende gesang – 6 vlak bo die waterspieël 7 van ‘n klipvloergang 8 vlytig stort die druppels klank 9 oor haar uit totdat sy verbaas 10 die reuk van bittersoet jasmyn 11 uit haar skooljare proe 12 waar sy ook kon mor 13 en protesteer

14 waarom is alles altyd ver 15 waarom is alles altyd hier 16 waarom moet ek leer 17 van optel aftrek deel 18 van dooie digters 19 uit die toentertyd 20 en watter land sit waar 21 en waarom draai die son   22 toe maak sy die dag weer oor – 23 met elke skoolklok werk sy 24 namens mossiekind 25 kom ons pars die wind 26 met wange soos soldaatjies 27 totdat elkeen net die geur 28 van jasmyn kan boekmerk 29 teen die onheil van ons 30 ellelange reis

Woordverklaring: Mossies mossies (sparrows): klein vaal voëltjies met klein, ronde wit of swart gesiggies . Mossies in die Bybel: Lukas 12:6-7: (6) “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. (7) Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” In hierdie twee verse word aangedui dat selfs die kleinste, vaalste ou voëltjie soos die mossie vir die Here kosbaar is. Die mens is vir Hom nog soveel kosbaarder.

Woordverklaring Stoei – om te baklei te veg Woerende- bewegende vlerke – ledemate wat voëltjie gebruik om te vlieg

Woordverklaring seilende – bewegende waterspieël – weerkaatsing / mirage klipvloergang – loopvlak van klip

Woorverklaring vlytig – hardwerkend verbaas – geskok jasmyn – soort blom met soet reuk

Woordverklaring mor – neul of kla protesteer – om te betoog teen iets

Woordverklaring toentertyd – lank gelede pars – druk onheil – slegte gebeurtenis ellelange – baie lank

STROFE 1: Reël 1 : kinders - Alleenplasing dus beklemtoning Dit is amper asof spreker kinders aanspreek Reël 2: met wange soos mossies VERGELYKING Die kinders se wange lyk soos die van mossies . Reël 3 : wat teen elke oggend stoei Sukkel elke oggend om op te staan vir skool Reël 4: hande altyd woerende vlerke – Metafoor Klanknabootsing – woerende –soos woer-woer. Reël 5: elke lyfie ‘n seilende gesang Sinekdogee- lyfie dui op leerder; Metafoor. Die beskrywing van die kinders. Hulle hande en arms is altyd aan die beweeg net soos die vlerke van die voël en hulle liggaampies is aan die beweeg en hulle is ‘n gawe van God.

Strofe 1 Reël 6 : vlak bo die waterspieël Reël7: van ‘n klipvloergang Die liggaampies van die kinders word gereflekteer op die blink gepoleerde klipvloer van die skool se gang soos hulle op en af in die gange beweeg. Vlak bo – naby; digby. Die skool se gang so glad en blink jy kan jou weerspieëling daarin sien (soos by water).

Strofe 1 Die woorde mossies en lyfies dui aan dat ons hier te doen het met laerskoolkinders. Die kinders se lyfies word vergelyk met ‘n seilende gesang. Hulle beweeg so baie dat dit lyk asof hullee vlieg. Hulle swaai hulle arms. Die beweging is so baie dat ‘n mens dit kan hoor. Hulle beweging gaan gepaard met baie klank – daarom gesang. Die woorde : stoei; woerende en seilende beskryf die bewegende kinders.

Strofe 2 Reël 8: vlytig stort die druppels klank Reël 9: oor haar uit totdat sy verbaas - Onderwyseres Die onderwyseres hoor die lawaai / geraas / gepraat van die kinders in die gange en dit klink vir haar soos druppels klank. Sy kan net vaagweg hoor wat hulle sê. Die klank stort oor die onderwyseres. Reël 10: die reuk van bittersoet jasmyn -Oksimoron Reël 11 uit haar skooljare proe- Sinestesie (reël 10 – 11) Die spreker proe die reuk van jasmyn. Die smaaksintuig word vir die reuksintuig aangewend. En terwyl sy die kinders se geraas hoor, bring dit aangename herinneringe van haar eie skooljare terug. Die herinnering is so sterk dat sy self die reuk van jasmyn kan proe. Die dae was egter nie net aangenaam nie – bittersoet.

Strofe 2 Reël 12 : waar sy ook kon mor - assonansie in herhaling van o klank Reël 13: en protesteer: - na die dubbelpunt gaan ‘n verduideliking volg. Dit wat sy in haar skooljare gedoen het en wat die kinders vandag ook nog doen, nl. “mor” en “protesteer”. Die twee woorde mor en protesteer dui aan dat die spreker soms ontevrede was op skool.

Strofe 2 Die haar dui moontlik op ‘n laerskoolonderwyseres. Die woorde vlytig en stort dui vir ons aan dat die kinders baie energie het. Die kinderstemme herinner die ondewyseres aan haar skooldae. Die sintuie smaak, gehoor, tas en reuk kom in gedig voor. Smaak- proe jasmyn Gehoor - druppels klank Tas- die druppels klank wat oor haar stort Reuk - ruik die jasmyn