ONSTABILITEIT / TRAUMATIESE SINDROOM
Uitkomste Om vertroud te wees met die meganisme van ‘n onstabiliteit / traumatiese sindroom. Om vertroud te wees met die kliniese beeld van ‘n tipiese pasiënt met ‘n akute onstabiliteit sindroom. Om vertroud te wees met die algemeenste mediese sowel as fisioterapeutiese behandelings protokol vir ‘n pasiënt met ‘n tipiese akute / sub-akute en kroniese onstabiliteit sindroom. Om vertroud te wees met die moontlike patologiese veranderinge wat geassosieer word met ‘n onstabiliteit sindroom.
Uitkomste Om vertroud te wees met die kliniese voorkoms van ‘n tipiese pasiënt met ‘n onstabiliteit sindroom. Om vertroud te wees met die geassossieerde simptome wat ervaar kan word deur ‘n pasiënt met ‘n tipiese onstabiliteit sindroom.
Oorsake Trauma a.g.v. motorongeluk of sportbesering Degeneratief in die gewrig-kompleks Lei tot onreëlmatige patrone van vergelykbare tekens en verskeidenheid van tekens en simptome
Hiperekstensie-besering Versnelling as ‘n motor van agter gestamp word Sitplek met onderlyf versnel na vore Nek is onstabiel en kan nie beweging van kop beheer nie Nek gaan in skielike ekstensie – refleks sametrekking van fleksore laat nek in fleksie gaan
Hiperfleksie-besering Vertraging as ‘n motor tot stilstand gedwing word na ‘n botsing Kop en nek beweeg steeds na vore en veroorsaak hiperfleksie totdat ken op bors stamp Refleks sametrekking van ekstensore van nek veroorsaak ekstensie
Algemeen Indien nek geroteer is tydens botsing sal daar ook oormatige laterale fleksie en rotasie plaasvind Normale fisiologiese omvang van beweging word oortref en gee aanleiding tot skade and anatomiese veranderings van die sagteweefsel
Strukture wat beseer word Ligamente Intervertebrale diskus Fasetgewrigte Omliggende spiere Hematome van veral m sternocleidomastoïd
Simptome Pyn tydens rus veral as strukture op strek geplaas word Pyn deur volle omvang van beweging Spiere is pynlik tydens strek en sametrekking Ligamente is pynlik as op strek geplaas word (behalwe interspineuse ligament wat pynlik is tydens ekstensie)
Behandeling: Akuut Totale bedrus vir eerste 2-3 dae Ondersteunende, sagte stut (wanneer pasiënt regop is) Ys vir eerste 24 uur Hitte is teenindikasie vir eerste 48 uur (Daarna klam hitte) Anti-inflammatoriese middels en spierverslappers Versigtige, aktiewe nie-gewigdraende oefeninge (behalwe rotasie en laterale fleksie) Sagte massering
Behandeling: Sub-Akuut Simptome raak meer spesifiek Speen vanaf nekstut – gebruik stut nog in motor of as nek moeg voel UKG en klam hitte/ys Mobilisasies – kort van pyn Versigtige isometriese oefeninge Vermeerder aktiewe oefeninge (bring fleksie en ekstensie oefeninge in program) Begin PNF patrone indien pyn dit toelaat Begin versigtig met distale neurale mobilisasies
Behandeling: Kronies Behandel volgens tekens en simptome Pyn aan einde van omvang van beweging (6-8 weke na besering) Speen totaal vanaf nekstut Isometriese oefeninge word geprogresseer tot in staan Evalueer spier wanbalans en behandel daarvolgens Maak gebruik van gekombineerde bewegings en neurale mobilisasie tegnieke vir finale rehabilitasie
Moontlike patologiese veranderinge Ligament beserings: Anterior longitudinaal Posterior longitudinaal Interspineus Diskus herniasie Fraktuur : Spineuse proses Werwelliggame Skeur van kapsel van fasetgewrig met akute sinovitis Skeur van nekspiere
Moontlike patologiese veranderinge (vervolg) Tempromandibulêre gewrigsbeserings Retrofaringeale hematome Esofageale bloeding Simpatiese kettingbeserings Konkussie en minor kopbeserings Vertebrale arterie skade Torakale uitlaatsindroom
Kliniese beeld Pyn en drukteerheid oor aangetaste strukture Verwysde pyn - irritasie van senuweewortel miofasciale snellerpunte skleretoom verwysing (diep brandpyn wat voel of dit in die been self is) Nekspierspasma Hoofpyne (gevoel van diep drukking met klopping, naarheid, braking en fotofobie) Beperking van normale omvang van beweging
Kliniese beeld (vervolg) Disfagie met heesheid in die akute fase Simpatiese tekens: Intermitterende swak visie Hoofpyn Horner se sindroom Duiseligheid: Vertebrale arterie tekens Middeloorbeserings
Horner se sindroom Miose (konstruksie van pupil) Pitose (drooping eye) Enolftalmose (sunken eye) Anidose (verlies van sweet aan die een kant van die gesig)
Kliniese beeld (vervolg) Anterior borskaspyn: presenteer soos angina vererger met oefening teer anterior gevoel van naarheid slaap sleg vererger met hoes/nies Edeem
Geassosieerde simptome Torakale uitlaatsindroom Lae rugpyn Hoofbeserings soos konkussie Tempomandibulêre gewrigsbesering Fibromialgie (kroniese pyn en styfheid in spiere met lokale teerheid) Psigoses Depressie Moeilike aanvaarding
Geassosieerde simptome (vervolg) Angs Woede Frustrasie (finansieël en familie) Persoonlikheidsveranderinge en inmenging in ADL Post traumatiese stres sindroom
Behandeling Analgetika Anti-depressante Chirurgie Psigiatriese behandeling