De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

SPONDILOLISTESE.

Verwante presentaties


Presentatie over: "SPONDILOLISTESE."— Transcript van de presentatie:

1 SPONDILOLISTESE

2 Uitkomste Moet vertroud wees met die definisie van Spondilolistes.
Moet vertroud wees met die patologie van ‘n tipiese Spondilolistese. Moet vertroud wees met die tipes Spondilolisteses. Moet vertroud wees met die kliniese tekens van ‘n tipiese pasiënt met Spondilolistese. Moet vertroud wees met die met die algemeenste fisioterapeutiese behandelings protokol vir ‘n pasiënt met tipiese Spondilolistese. Moet instaat wees om toepaslike advies aan ‘n pasiënt te verskaf met Spondilolistese.

3 Definisie Anterior verplasing (antero-listese) van ‘n vertebrale liggaam op die onderste vertebrale liggaam Kom gewoonlik voor tussen L4-L5 of tussen L5-S1 Kom algemeen in families voor Posterior verplasing: retro-listese

4 Spondilolistese

5 Patologie In staande posisie is daar ‘n konstante afwaartse en vorentoe krag op die laer lumbale werwels Liggaamsgewig en normale beweging kan dus aanleiding gee to spondilolistese Die anatomiese struktuur van die lumbo-sakrale gedeelte van die werwelkolom word aangetas

6 Patologie Mate van vorentoe verplasing word in Graad I tot IV uiteengesit Hierdie grade is elk ‘n kwart van die oppervlakte van die onderste werwelliggaam Graad I en II word konserwatief behandel Graad III en IV moet ‘n fusie ondergaan

7 Vyf tipes Kongenitale spondilolistese (L5/S1) – meer algemeen in dogters en soms geassosieerd met spina bifida. Spondilolitiese spondilolistese (L5) – a.g.v. bilaterale spondiloliese Traumatiese spondilolistese – a.g.v fraktuur van die pars interarticulari bv valskermspring

8 Vyf tipes Degeneratiewe spondilolistese (L4) – kom nie algemeen voor, voor die ouderdom van 50 jaar nie Patologiese spondilolistese – na lokale of algemene beensiekte soos tumore en infeksies

9 X-strale

10 Tekens en simptome Rug voel swak
Rug- of beenpyn Rug voel swak Soms lumbale skoliose en verhoogde lordose Trappie word in die rug gevoel Unilaterale en soms bilaterale worteldrukking met pyn in die bene Segmentele onstabiliteit Stywe rugekstensore, hamstringe en m psoas – poging om pelvis te stabiliseer

11 Tekens en simptome Ekstensie is mees algemene beperkte omvang Pyn vererger tydens staan veral met hoë hak skoene, afdraende loop, maaglê en ander ekstensie aktiwiteite Vind dit moeilik om vanuit fleksie te kom, moet met hande op bo-bene druk Ekstensie is pynlik en beperk RBO is beperk Vind verligting van pyn gedurende sit, ruglê en haaklê (stabiele posisies)

12 Behandeling Simptomaties: Erge gevalle – bedrus statiese traksie
Asimptomaties: Geen behandeling Simptomaties: Erge gevalle – bedrus statiese traksie lokale hitte analgetika Stabiele gevalle – verligting van simptome stabilisering verbeter houding tuisraad

13 Verligting van simptome
Maitland mobilisasie tegnieke (geen sterk tegnieke) Rotasie tot Gr IV- Longitudinale in fleksie Palpasie tegnieke nie verder as Gr II (wees uiters versigtig) Statiese traksie (27,5 kg – 35 kg)

14 Verligting van simptome
Snellerpunte Neurale mobilisasie Strek van rugekstensore en m psoas Versterking van rompstabiliseerders, m gluteus en m quadriceps Heropleiding van houding

15 Raad Sit is beter as staan
Vermy hardloop, spring, perdry en ander rukkerige bewegings Swem en fietsry is goeie oefeninge Geen kontaksport

16 Raad Vermy oorgewig Dra korset met pynlike aktiwiteite
Huisvrou moet trollie gebruik tydens inkopies Behou abdominale stabilisering ten alle tye Gemaksposisie is gewoonlik met ‘n kussing onder bene


Download ppt "SPONDILOLISTESE."

Verwante presentaties


Ads door Google