Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Skoolbeheerliggaam-opleiding 2012
Advertisements

Ongelykheid en armoede
VAKBONDE TERME.
Rekeningkundige begrippe
Eenheid 6 Pacta de Contrahendo
Onderwerp 10 Die entrepreneur
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 3.
Daar het iets in ons land verkeerd gegaan Daar het iets in ons land verkeerd gegaan. Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
Spaargeld Onderwerp 16 Wat gaan ons leer? • persoonlike spaargeld • die doel van spaargeld • die geskiedenis van banke • die rol van banke • dienste wat.
Onderwerp 4 Besighede Waarvan gaan ons leer? • formele en informele besighede. • soorte besighede (handels-, vervaardigings- en diensondernemings) wat.
PRODUKSIEFAKTORE Graad 8
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Arbeidsreg – ARR224 Lesings 13-14
Beslote Korporasies ONR 314.
Die wêreld het so klein geword
Kopiereg.
Die geskiedenis van geld
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 6.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 2
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 11
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 7
Hersiening van die EHI-basiskode se klousule oor werksure
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg – ARR224 Lesings 3-4
EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1.
FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal.
Wat van die res van jou lewe?
Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN REKENAAR TEGNOLOGIE EN ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE BINNE DIE US ONDER FASILITEITSBESTUUR Hierdie riglyn moet saam gelees word.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesings 2-3.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 4.
Besigheidstudies Graad 12
Besigheidstudies Graad 11.
Is jy regtig graad 10?.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.
Webregistrasie.
ARBEIDSREG VIR DIE BOER
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Is jy amper‘n senior?.
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 5.
Diensterreine Administrasie en Diensverhoudinge
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesings 2-3.
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 1.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
DIE #46 PLEK WAAR CHRISTENE DIE ERGSTE VERVOLGING ERVAAR
Hand. 1:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
WAAR KERKREG EN ARBEIDSREG MEKAAR ONTMOET
Beslote Korporasies ONR 314.
Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 1 Lesing 5.
’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.
VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde
Transcript van de presentatie:

Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1

Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Tema 2 Lesing 1 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3)

Verduidelik watter werknemers deur die WOBD beskerm word, en verwys ook na gedeeltelike beskerming. Definieer begrippe soos besoldiging, huiswerker, plaaswerker, senior bestuurswerknemer en werknemer. Bespreek volledig die maatreëls ingevolge die WOBD ten opsigte van werksure. Tema 2.1 (Leeruitkomste)

Voor die inwerkingtreding van die WOBD was die gemeenregtelike posisie gevolg. Daar wees geen erkenning verleen aan basiese arbeidsregte nie en gevolglik ook nie basiese diensvoorwaardes nie. Ten einde dus te voorkom dat die Werkgewer (WG) misbruik maak van die magsposisie wat hy beklee in die arbeidsverhouding, is die WOBD in werking gestel om gehoor te gee aan billike arbeidspraktyke. Basiese oogmerk van die Wet is om deur middel van wetgewing minimum diensvoorwaardes vir ongeorganiseerde werknemers in bepaalde arbeidsektore neer te lê. WOBD is van die grootste belang vir die daaglikse administrasie van personeel (werknemer) aangeleenthede, aangesien dit minimum standaarde daarstel wat voorsiening maak vir die beskerming van werknemers. Hierdie minimum standaarde geld egter net indien daar nie reeds ander voorkomingsmaatreëls, soos kollektiewe ooreenkomste of sektorale vasstellings, bestaan nie. Tema 2.1 (Inleiding)

U sou onthou dat ʼn dienskontrak slegs as ʼn gewone kommersiële kontrak beskou is ingevolge die gemenereg (locatio conductio operarum) en dit kan dit tot gevolg hê dat ʼn situasie ontstaan waar daar geen (indien enige) beskerming aan ʼn werknemer verleen word in terme van siekverlof, jaarlikse verlof, maksimum werksure, ens. Die rede hiervoor is as volg: met gewone kommersiële kontrakte geniet die kontrakspartye algehele kontrakteervryheid en kan hulle op diensvoorwaardes ooreenkom soos werksure van 20 uur per dag vir 7 dae per week. Die WOBD maak voorsiening vir basiese diensvoorwaardes wat nie misken kan word in enige dienskontrak nie, selfs al sou beide partye daarop ooreenkom. Bv: indien beide partye gewillig is om ʼn dienskontrak te sluit ingevolge waarvan die werknemer 7 dae per week, 11 ure per dag moet werk, sonder enige vakansieverlof, sou so ʼn kontrak ongeldig wees in terme van die WOBD, selfs al het albei partye daartoe toegestem. .

Tema 2.1 (Doelwitte van WOBD) Die doel van hierdie Wet is om: Ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid te bevorder deur te verseker dat werksomstandighede van werknemers wel aan standaarde voldoen wat sosiaal aanvaarbaar is. om uitvoering te gee aan en die reg op billike arbeidspraktyke (soos vervat in art 23(1) van die Grondwet) om uitvoering te gee aan die verpligtinge wat deur die Republiek, as lidland van die Internasionale Arbeidsorganisasie, opgeloop is;

Wysiging van basiese diensvoorwaardes Enige van die basiese diensvoorwaardes ingevolge die WOBD kan gewysig word deur: Kollektiewe bedinging; Sektorale vasstellings; Ministeriële vasstellings; Dienskontrakte. Enige wysiging sal egter slegs aanvaarbaar wees indien dien meer gunstige voorwaardes daarstel. Wysiging van basiese diensvoorwaardes

Die WOBD vind toepassing op beide die openbare- en privaatsektore en sluit alle werknemers in, behalwe lede van die: Nasionale Weermag Nasionale Intelligensie Agentskap Suid-Afrikaanse Nasionale Akademie van Intelligensie Suid-Afrikaanse Geheimediens Direkteure en personeel van Comsec Onbesoldigde vrywillige werkers wat vir ʼn organisasie werk wat ʼn liefdadigheidsoogmerk het. Tema 2.1 (Toepassing I)

Gedeeltelike toepassing Die gedeeltelike uitsluitings kan as volg opgesom word: Die WOBD is van toepassing op persone wat beroepsopleiding ondergaan, behalwe in soverre enige voorwaarde van hulle diens deur die bepalings van ʼn ander wet gereël word. Hierdie Wet, behalwe art 41 (skeidingsloon), is nie van toepassing op persone in diens op skepe ter see ten opsigte van wie die Handelskeepvaartwet van 1951 van toepassing is nie. Senior bestuurswerknemers, reisende verkoopspersoneel wat hul eie werksure bepaal en werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 8-18 (oortyd, werkure, etenstyd, rusperiodes, Sondag werk, nagwerk, openbare vakansiedae). Gedeeltelike toepassing

Werknemers wat minder as 24 uur per maand werk is uitgesluit van die bepalings van art 19-27 (siekverlof, jaarlikse verlof, kraamverlof en gesinsverantwoordelikheidsverlof), art 28-35 (besonderhede van diens en vergoeding) en art 37-42 (diensbeïndiging, betalings tydens sodanige beëindiging en dienssertifikate). Werknemers betrokke by onverwagse werk wat sonder versuim en slegs na-ure gedoen kan word is uitgesluit van art 9 (gewone werkure), art 10(1) (oortyd werk), art 14(1) (etenspouses), art 15(1) (rustye), art 17(2) (nagwerk) en art 18(1) (openbare vakansiedae). Werknemers wat meer verdien as ʼn bedrag in ʼn vasstelling deur die Minister gestel (huidiglik R183,008) kan uitgesluit word van voorwaardes wat handel met werksure, gemiddelde ure, ure deur die Minister voorgeskryf, etensbreuke, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondag-werk, nagwerk en openbare vakansiedae. .

Tema 2.1 (Definisies I) Basiese diensvoorwaarde Besoldiging Huiswerker ʼn Bepaling van die Wet of ʼn sektorale vasstelling wat ʼn minimum beding of diensvoorwaarde bepaal. Besoldiging Enige betaling in kontant en/of in goedere of in beide kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan iemand in ruil waarvoor daardie persoon vir ʼn ander persoon werk. Huiswerker ʼn Werknemer wat huiswerk verrig in die huis van sy of haar werkgewer en dit sluit ook in ʼn tuinwerker, ʼn persoon wat as bestuurder van ʼn motorvoertuig by ʼn huishouding in diens is en ʼn persoon wat kinders, bejaardes, siekes, verswaktes of gestremdes versorg, maar dit sluit nie ʼn plaaswerker in nie. Plaaswerker ʼn Werknemer wat hoofsaaklik in of in verband met boerderybedrywighede in diens is, en ook ʼn werknemer wat uitsluitlik of hoofsaaklik huiswerk op ʼn plaas verrig. Tema 2.1 (Definisies I)

. Senior bestuurswerknemer Tydelike werkverskaffingsdiens ʼn Werknemer wat die gesag het om werknemers te huur, te dissiplineer en te ontslaan, en om die werkgewer intern en ekstern te verteenwoordig. Tydelike werkverskaffingsdiens Enige persoon wat, teen vergoeding, vir ʼn kliënt, ander persone verkry of verskaf wat dienste lewer aan of werk verrig vir die kliënt en wat deur die tydelike werkverskaffingsdiens besoldig word. .

Werknemer Enige iemand behalwe ʼn onafhanklike kontrakteur, wat vir iemand anders of vir die Staat werk en wat besoldiging ontvang of daarop geregtig is om besoldiging te ontvang asook iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van die werkgewer voort te sit of te bedryf. Let op die bepalings van art 83A van die Wet. Indien enige van die volgende faktore aanwesig is, word die weerlegbare vermoede geskep dat ʼn werknemer werkgewer verhouding bestaan: Die wys waarop die persoon werk is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. Die persoon se werksure is onderworpe aan die toesig en beheer van ʼn ander persoon. Indien ʼn persoon vir ʼn organisasie werk, is die persoon deel van daardie organisasie. .

Die persoon het ten minste 40 ure per maand gedurende die laaste 3 maande vir die ander persoon gewerk. Die persoon is finansieel afhanklik van die persoon vir wie hy werk of dienste lewer. Die persoon word van werkstoerusting deur die ander persoon voorsien. Die persoon werk slegs vir een ander persoon. (In terme van art 79(1) sluit ʼn werknemer ook ʼn vorige werknemer en ʼn applikant vir die werk in. Art 82(1) bepaal dat ʼn persoon wie se dienste deur ʼn tydelike werkverskaffingsdiens voorsien is, ʼn werknemer van die tydelike werkverskaffingsdiens is. .

Tema 2.1 (Gewone werksure I) Werksure moet gereguleer word met inagneming van: die gesondheid en veiligheid van werknemers, die Goeie Praktykskode rakende die Regulering van Werkstyd asook die gesinsverantwoordelikhede van werknemers. Vir doeleindes van die regulering van gewone werksure, oortyd en ʼn saamgeperste werksweek word ʼn “dag” word gedefinieer as ʼn periode van 24 uur wat gemeet word vanaf die tyd wat die werknemer normaalweg met diens begin. Tema 2.1 (Gewone werksure I)

Tema 2.1 (Normale werksure) Ten aansien van weeklikse ure: Maksimum van 45 uur per week. Ten aansien van daaglikse ure: Indien 5 dae of minder per week gewerk word, ʼn maksimum van 9 ure per dag. Indien vir meer as 5 dae per week gewerk word, ʼn maksimum van 8 ure per dag. (Indien die dienste insluit om die publiek te dien, mag die maksimum ure per dag met 15 minute per dag vermeerder word, maar mag nie 60 minute per week oorskry nie.) Tema 2.1 (Normale werksure)