De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde

Verwante presentaties


Presentatie over: "VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde"— Transcript van de presentatie:

1 VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde Voegwoorde se naam sê wat hulle doen – hulle voeg sinne saam (of verbind sinne). Soms verander die woordorde van ‘n sin na ‘n voegwoord. Let goed op na die leestekens. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

2 Inleiding Voegwoorde word in 3 groepe opgedeel.
Met elke groep gebeur daar iets anders met die werkwoorde in die tweede sin. Groep 1 voegwoorde: Neweskikkende sin Sin 1 is net so belangrik soos Sin 2 Groep 2+3 voegwoorde: Onderskikkende sin Sin 1 is belangriker as Sin 2 Kom ons begin… Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

3 MEOW + DOG Groep 1 Voegwoorde
Daar is geen verandering in woordorde nie. Sin 1 voegwoord Sin 2 Watter voegwoorde val in hierdie groep? , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as MEOW + DOG A N F A A N R T Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

4 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet en drink koffie Susan eet. Susan drink koffie.
Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

5 Groep 2 Voegwoorde Alle voegwoorde wat begin met “d” behalwe
Woordorde in tweede sin verander. Werkwoord 1 in sin 2 volg direk na die voegwoord. Watter voegwoorde val in hierdie groep? dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien. Alle voegwoorde wat begin met “d” behalwe dog en dat Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

6 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan het geëet ;daarom is sy nie meer honger nie. Susan het geëet. Sy is nie meer honger nie. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

7 Groep 3 Voegwoorde Alle voegwoorde wat eindig met “dat”, “wat”
Woordorde in tweede sin verander. Werkwoord 1 in sin 2 gaan na die einde van die sin. Watter voegwoorde val in hierdie groep? Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. Wanneer; hoeveel, waar; waarom; omdat. Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien. Alle voegwoorde wat eindig met “dat”, “wat” en alle Vraagwoorde Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

8 Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is
Veelvoudige sin Sin + voegwoord + Sin Susan eet totdat sy versadig is. Susan eet. Sy is versadig. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

9 Kom ons kyk na die volgende voorbeelde. Verbind gou die volgende sinne:
Jan eet sy kos. Hy is honger. (want) Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom) Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat) Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

10 Jan eet sy kos. Hy is honger. (want)
Want  voegwoord groep 1 Woordorde verander glad nie. Sin voegwoord Sin 2 Jan eet sy kos, want hy is honger. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

11 Die seun doen sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom)
Daarom  voegwoord groep 2 Woordorde verander: werkwoord 1 direk na voegwoord. Sin 1 voegwoord ww1 sin 2 Die seun doen sy huiswerk; daarom kry hy goeie punte Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

12 Ons is baie bly. Dit is amper kersfees. (omdat)
Omdat  voegwoord groep 3 Woordorde verander: werkwoord 1 skuif na die einde van die sin Sin 1 voegwoord sin 2 ww1 Ons is baie bly omdat dit amper kersfees is. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

13 Groep 1 Groep 2 Groep 3 , maar en of , want , dog óf… óf nóg… nóg Sowel…as dan; daarna; dus; daarom; derhalwe; nogtans; nietemin; anders; gevolglik; al; toe; tog; buitendien. Dat; omdat; totdat; voordat; nadat; sodat. Wanneer; hoeveel, waar; waarom. Wie; terwyl; alhoewel; toe; sodra; sedert; aangesien; as; mits; tensy indien Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

14 Wat as daar ‘n hulpwerkwoord in die sin is???
Ek voel gelukkig. Ek sal ‘n present kry. (omdat) ANTW: Ek voel gelukkig omdat ek ‘n present sal kry. Hulpww gaan voor die werkwoord aan die einde van die sin. Hulpwerkwoorde: wil/wou Moet/ moes Sal / sou kan/kon Gaan /mag Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

15 Wat as ek moet begin met ‘n Groep 3 voegwoord????
Ek het skool toe gegaan. Ek was siek. Alhoewel…….. WAT MAAK EK NOU?? Stappe: 1. Onderstreep V1 in altwee sinne. 2. Besluit watter een van die twee sal ‘n beter SIN 1 maak. NB: jy moet weet wat voegwoord beteken. 3. Plaas die werkwoord van Sin 1 aan die einde en die werkwoord van Sin 2 aan die begin. Alhoewel ek siek was, het ek skool toe gegaan. Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010

16 GEEN LEESTEKENS VOOR GROEP 3 VOEGWOORDE NIE!!!
ONTHOU… Dis ALTYD werkwoord 1 van SIN 2 wat rondskuif. Jy kan jou sin NET met ‘n Groep 3 voegwoord begin. “Al” van Groep 2 is die enigste uitsondering waarmee ‘n sin begin kan word. Leestekens vir die voegwoord groepe: Groep 1 Groep 2 Groep 3 Komma  ,maar ,want ,dog GEEN leestekens  en of sowel…as óf…óf nóg…nóg Kommapunt  ;dus ;daarna ;nogtans ;daarom ,al ,dan ,toe GEEN LEESTEKENS VOOR GROEP 3 VOEGWOORDE NIE!!! Kopiereg : M. Swanepoel(c)2010


Download ppt "VOLLEDIGE WEERGAWE Voegwoorde"

Verwante presentaties


Ads door Google