De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Eenheid 6 Pacta de Contrahendo

Verwante presentaties


Presentatie over: "Eenheid 6 Pacta de Contrahendo"— Transcript van de presentatie:

1 Eenheid 6 Pacta de Contrahendo
Kontraktereg Eenheid 6 Pacta de Contrahendo

2 Leeruitkomste: Verduidelik wat bedoel word met die begrip pactum de contrahendo en onderskei hierdie begrip van ander vorme van voorkeurkontrakte. Bespreek die regsaard van die opsiekontrak. Lys en bespreek die vereistes vir die opsiekontrak. Bespreek kortliks die breuk van die opsiekontrak en die remedies beskikbaar aan ‘n party wat skade gely het as gevolg van sodanige breuk.

3 Lys voorbeelde van voorkeurkontrakte.
Verduidelik kortliks wat bedoel word met die begrip “voorkeurreg”. Bespreek die vereistes van ‘n voorkeurreg. Onderskei tussen opsies en voorkeurkontrakte.

4 Bestudeer: Hutchison et al pp 65-76. Venter v Bircholtz
Hirschowitz v Moolman Ficksburg Transport (Edms) Bpk v Rautenbach De Jager v Burger Dettman v Goldfain

5 Pacta de Contrahendo KONTRAK GEMIK OP DIE SLUITING VAN ‘n ANDER KONTRAK. Voorbeelde: Opsiekontrak; Voorkeurkontrak.

6 Opsiekontrak: Beperk aanbieder se bevoegdheid om aanbod terug te trek.
Voorkeurkontrak: Skep voorkeurreg namens ‘n persoon vir aangaan van ‘n ander soort kontrak, SOU SO PERSOON BESLUIT OM HOEGENAAMD SO KONTRAK TE SLUIT. Behels slegs ‘n reg om aan te dring op die samewerking van die ander party tot die sluit van die substantiewe kontrak.

7 Partye het reeds wilsooreenstemming bereik, maar wil nie dadelik kontrakteer.
Bied beskerming teen latere weiering om die kontrak te sluit. Pacta de contrahendo moet onderskei word van pre-kontraktuele reelings.

8 Pre-kontraktuele reelings:
Pre-kontraktuele reelings het geen verbintenisregtelike effek nie. Sluit in: Memoranda van verstandhouding; Hoofde van ooreenkoms; Ooreenkomste in beginsel; Briewe van bedoeling.

9 Doel van pre-kontraktuele reelings:
Om vertroue te bewerkstellig, deur toegewydheid tot die aangaan van die kontrak te demonstreer deur die partye, of om enige vordering in onderhandelinge op rekord te plaas. Verskaf ‘n hersiening van vordering gemaak deur prokureurs;

10 identifiseer uitstaande faktore;
voorsien basis vir verdere vordering tot ‘n bindende ooreenkoms Gevolge van reelings hang af van die interpretasie van hul terme in die konteks van omstandighede.

11 Corbett AR in Hirschowitz v Moolman:
“’n Pactum de contrahendo is ‘n ooreenkoms om in die toekoms ‘n kontrak te sluit” Dus: Kontrak gemik op die aangaan van ‘n ander kontrak.

12 Opsiekontrakte: Regsaard:
“’n Regskonsep wat ‘n kontrak tussen twee partye, die OPSIEGEWER en die OPSIENEMER/HOUER, beslaan, om ‘n aanbod om te kontrakteer oop te hou.” Kontrak wat substantiewe aanbod oophou: Opsiekontrak.

13 Onderskei opsiekontrak van die substantiewe kontrak.
Opsiekontrak is NIE substantiewe kontrak met opskortende voorwaarde nie. Venter v Birchholtz:

14 Opsiekontrak is unieke kontrak.
Word opgedeel in aanbod om te koop tesame met ‘n ooreenkoms om die aanbod staande te hou vir ‘n bepaalde tydperk. Geen opskortende voorwaarde bestaan nie. Die uitoefening van die opsie is nie die voldoening aan ‘n voorwaarde van die koper nie.

15 Word verbintenis geskep deur opsiekontrak?
Ja: Opsiehouer het reg dat opsiegewer sy aanbod sal oophou vir aanname. Opsiegewer het verpligting aanbod oop tte hou vir moontlike aanname en skep van kontrak.

16 Opsiehouer ontvang ook regsbeskermde mag/bevoegdheid om ‘n substantiewe kontrak te sluit deur uitoefening van die opsie.

17 2.Vereistes vir opsiekontrak.
Moet voldoen aan algemene vereistes vir kontrakte, asook: 1. Die objek van die opsie moet duidelik omskryf word. 2. Die prys/koste van die objek moet bepaald/bepaalbaar wees. 3. Wyse van betaling vir objek moet bepaald wees. 4. Tydsduur waarbinne opsie uitgeoefen moet word, moet bepaald wees.

18 Partye mag ooreenstem op wyse waarop substantiewe aanbod aanvaar moet word.
De Jager v Burger and Another: FEITE: Appellant het aan B ‘n opsie om te koop verleen om haar aandele in sekere onroerende eiendom te koop.

19 B het toe die respondente as opsiehouers genomineer.
Die opsie is verleen vir ‘n tydperk van 5 jaar en sou verval op 31 Mei 1992 om 06:00 die oggend. Die finale klousule het die volgende bewoording bevat:

20 “Die opsiehouer kan sy opsie skriftelik uitoefen by wyse van ‘n geskrewe kennisgewing deur voorafbetaalde geregistreerde pos wat gestuur moet word voor of op 31 Maart Sodanige kennisgewing is die voorgeskrewe wyse van kommunikasie ondanks die feit dat dit moontlik nog nie deur die geadresseerde ontvang is nie:

21 Op 30 Maart 1992 het die respondente ‘n dokument geteken ingevolge waarvan hulle die opsie uitgeoefen het, en die dokument afgelewer by die appellant se woning om 21:00 op 31 Maart 1992. Die appellant het ontken dat die opsie betyds uitgeoefen is, en aangevoer dat sy die eiendom aan ‘n derde party mag verkoop.

22 Respondent voer aan dat die woord “kan” in die laaste klousule aanduidend was dat die pos van aanname deur voorafbetaalde geregistreerde pos nie die enigste wyse van aanname was nie. ‘n Ewe-voordelige wyse van aanvaarding kon aangewend word, volgens respondente.

23 Respondente voer verder aan dat die metode wat hulle vir aanname gebruik het (fisiese aflewering) meer effektief was as die voorgeskrewe aanname, en dus as geldige en tydige aanname aanvaar moes word.

24 Regsvraag: Was die wyse van aanname van die respondente aanvaarbaar, alhoewel dit nie voldoen het aan die voorgeskrewe wyse van aanname nie?

25 Beslissing: 1. Daar was twee wyses van aanname voorgeskryf deur die kontrak: 1.1. Werklike kommunikasie voor 06:00 op 31 Maart 1992. 1.2. Die pos van die aanname deur voorafbetaalde geregistreerde pos voor of op 31 Maart 1992.

26 2. Indien die respondente van die tweede wyse gebruik wou maak, moes hulle dit gedoen het deur die pos van die aanname by wyse van voorafbetaalde geregistreerde pos, nie fisiese aflewering om 21:00 nie. 3. Die aanname van die opsie is nie betyds uitgeoefen nie.

27 Ratio decidendi: Dit was nie ‘n opsie vir die respondent om die opsie fisies uit te oefen na 06:00 op 31 Maart 1992 nie. Selfs al was die uitgeoefende wyse van die opsie meer voordelig vir die opsiegewer as die stuur van die aanname per geregistreerde pos.

28 3. Nuttige klousules in opsiekontrak:
Opsie mag nie oorgedra/sedeer word nie. Insluiting van ‘n teenprestasie vir die gee en hou van die opsie. Klousule wat die vererwing van die opsie verbied.

29 4. Remedies vir kontrakbreuk:
Gereguleer deur algemene beginsels van kontraktereg. Skadevergoeding. Terugtrede.

30 Voorkeurregte: 1. Regsaard: Kontrakte wat die volgende regte skep:
1.1. “Reg op eerste weiering”: Voorkeurreg by huur van eiendom. 1.2. “Voorkoopsreg”: Voorkeurreg vir die koop van eiendom. 1.3. Voorkeurreg geskep deur ‘n kontrak wat aan die koper die reg verleen om iets aan ‘n ander te verkoop.

31 2. Reg van eerste weiering:
Kontrak wat reg van eerste weiering skep, plaas nie ‘n verlpliting op die gewer van die reg om die eiendom te verkoop nie. Sou die gewer wel besluit om die eiendom te verkoop, het die houer van die reg ‘n voorkeur om dit te koop.

32 “Trigger event” – Breytenbach v Stewart.
Indien gewer van reg besluit om sy eiendom te verkoop, is hy verplig om ‘n aanbod aan die houer van die reg te maak. Die toestaan van die voorkeurreg bepark die gewer daarvan se bevoegdheid om afstand te doen van sodanige reg.

33 Vereistes vir die voorkeurreg:
Kontrak waarin voorkeurreg geskep word moet aan alle vereistes vir ‘n kontrak in die algemeen voldoen. Prys waarteen eiendom gekoop mag word kan gestel word of is objektief bepaalbaar. Sien problematiek rakende of voorkeurkontrak die essentialia van die substantiewe kontrak moet vooruitloop.

34 Onderskeid: Opsies en Voorkeurkontrakte
Opsie: Behels aanbod aan geadresseerde wat deur laasgenoemde aanvaar kan word. Voorkeurkontrak: Geen aanbod bestaan ten tyde van die gee van voorkeurreg nie, en gewer is nie verplig om ‘n aanbod te maak tensy hy/sy besluit om te vervreem nie. Sien veral studiegids pp


Download ppt "Eenheid 6 Pacta de Contrahendo"

Verwante presentaties


Ads door Google