De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE

Verwante presentaties


Presentatie over: "EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE"— Transcript van de presentatie:

1 EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE

2 Agtergrond: Objektief moontlik.
Impossibilium nulla obligatio est : Geen verbintenis word geskep nie. Vereiste kom van Romeinse- en Romeins-Hollandse Reg. Onderneming om iets onmoontliks te doen- van vroegste tye reeds die sluit van ‘n kontrak ondermyn.

3 Rede: Dit is onredelik om ‘n persoon gebonde te hou aan ‘n aanvanklik-onmoontlike prestasie.
Uitgangspunt: Nie een van partye dra “skuld” vir onmoontlikheid nie, aangesien hulle nie bewus was daarvan by aangaan van die kontrak nie.

4 Betekenis van “onmoontlikheid”
1. Subjektiewe (Relatiewe) onmoontlikheid: Skuldenaar is nie instaat om prestasie te verrig nie. Iemand anders kan moontlik instaat wees om prestasie te verrig. Spesifieke debiteur se onvermoe om prestasie te verrig.

5 2. Objektiewe (absolute) onmoontlikheid:
Algemene onvermoe om te presteer. Niemand is instaat om te presteer in die oe van die reg nie. Voorbeelde:

6 Lewering van iets wat nie bestaan nie.
Res extra commercium: Poging om ‘n natuurlike persoon te verkoop. Mandaat om aandele op die aandelebeurs te verkoop wat nie gelys is nie.

7 Toets vir objektiewe onmoontlikheid: pragmaties.
Absolute fisiese onmoontlikheid sal toets slaag. Prestasie wat fisies moontlik is word onmoontlik indien aandringing daarop onredelik in die omstandighede sou wees. Prestasie deur reg verbied: Objektiewe onmoontlikheid/wederregtelikheid.

8 Prestasie bloot moeilik- nie objektief onmoontlik nie, maar subjektief onmoontlik.
Subjektief onmoontlike prestasie kan egter soveel finansiele en ander druk veroorsaak dat dit as objektief onmoontlik beskou kan word. Sien voorbeelde bo-aan p. 76.

9 Effek van onmoontlikheid:
Subjektiewe onmoontlikheid: Voorkom nie skep van verbintenis nie. Indien skuldenaar nie eventueel presteer nie: pleeg kontrakbreuk. Objektiewe onmoontlikheid: Geen verbintenis ontstaan in terme van daardie prestasie nie. Waarborg: Persoon wat prestasie waarborg is gebonde daaraan, selfs al is prestasie objektief onmoontlik.

10 Blou Bul Boorkontrakteurs v McLachlan
Feite: Kontrakteurs sou boorgat skoonmaak tot 132 meter diep teen ‘n koste van R18 per meter. Nodige materiaal sou ook op daardie diepte geinstalleer word teen R18 per meter. Daar is staalpype en afval in die boorgat gevind, wat verdere boorwerk onmoontlik gemaak het.

11 Regsvraag: Objektief of Subjektief onmoontlik? Kon ander instansie met beter boormateriaal moontlik die prestasie verrig het?

12 Beslissing: Prestasie was objektief onmoontlik. Dus het geen verbintenis ontstaan in terme van daardie prestasie nie.

13 Ratio decidendi: Eloff, RP: Waar onmoontlikheid geopper word, gaan dit nie meer oor die vraag na die teenwoordigheid van wilsooreenstemming nie. Wat wel toepaslik is, is dat een van die wyses waarop ‘n verbintenis totstand gekom het, geelimineer kan word. Die appellant se eis tot onmoontlikheid kan slegs slaag indien die onmoontlikheid absoluut is.

14 TOETS 1 8 MAART 2010. 08:30 HMS, SSO 45 PUNTE, 1 UUR.

15 Eenheid 1-7 Ooreenstemmende Hoofstukke in handboek

16 Hofsake: Eenheid 1: Brisley v Drotsky Eenheid 2: Du Toit v Atkinson Motors.

17 Eenheid 3: Preller v Jordaan. Eenheid 4: Steyn v LSA Motors.

18 Eenheid 5: Reid v Jeffreys Bay Property Holdings. Driftwood Properties v McLean. Craib v Crisp.

19 Eenheid 6: De Jager v Burger. Eenheid 7: SA Sentrale Graanmaatskappy Bpk v Shifren en Andere.


Download ppt "EENHEID 8 MOONTLIKHEID VAN PRESTASIE"

Verwante presentaties


Ads door Google