De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Leesstuk!! Op bladsy twee volg daar ‘n leesstuk. Lees baie goed deur en maak dan jou opsomming!

Verwante presentaties


Presentatie over: "Leesstuk!! Op bladsy twee volg daar ‘n leesstuk. Lees baie goed deur en maak dan jou opsomming!"— Transcript van de presentatie:

1 Leesstuk!! Op bladsy twee volg daar ‘n leesstuk. Lees baie goed deur en maak dan jou opsomming!

2 Die olie-katastrofe in die Golf van Mexiko
As ’n olieboortoring het die Deepwater Horizon beslis sy staal getoon. In September 2009 nog het hy die diepste oliebron in die geskiedenis geboor toe hy in die see meer as tien kilometer ondertoe getonnel het. Hy sou wel deeglik sy deel doen om die wêreld se alewige dors na olie te help bevredig. Die oliebron wat geboor is, is in die ekologies sensitiewe Golf van Mexiko by Amerika.  Die olieboortoring is in 2001 in Suid-Korea gebou en aan die oliereus BP verhuur tot Daar was blykbaar ook geen duidelike gevaartekens op die horison dat die Deepwater Horizon hierdie wêrelddeel spoedig in baie diep water sou laat beland nie. Maar toe, op 20 April 2010, terwyl die Deepwater Horizon besig is om ’n nuwe olieput in die Golf te boor,  ruk ’n verwoestende ontploffing die olietoring. Elf bemanningslede word gedood, nog sewentien is beseer. Verbete pogings om die daaropvolgende brand te blus, is vergeefs. Die Deepwater Horizon sink. En nou is die ru-olie wat oor lange eeue deur gesteentes onder die seebodem ingeperk is, ongebreideld besig om onder groot druk uit die bron te stroom—vanuit sowat 3000 meter onder die seevlak. Katastrofe! Dit word die grootste oliestorting nog vanuit die see op die strande van Amerika. Duisende mense werk dag en nag om die gemors te probeer skoonmaak van ’n geraamde 3,2 miljoen tot 6,4 miljoen liter ru-olie wat daagliks in die see uitgeblaas word. Vissers en ander mense wat van die see afhanklik is, staar ondergang in die gesig. En wat die dik, smerige gemors aan die seelewe doen, is hartverskeurend. Pogings om die vloei te stuit deur op die een of ander manier die oliebars toe te prop, werp nie juis vrugte af nie. Dit is geweldig moeilik, gesien die diepte waarop die gedoen moet word, en die BP-oliemaatskappy sit met seker die taaiste, swartste tameletjie in sy bestaan. Hy kan boonop met ’n horde eise gekonfronteer word van mense en ondernemings wat groot skade gely het. Intussen is opruimers naarstiglik besig om honderde kilometers strande, vleilande en riviermondings aan die noordekant van die Golf van Mexiko te probeer beveilig. Daar is skepe wat olie probeer wegskep uit die drywende oliekol van etlike duisende vierkante meter. Daar is vliegtuie wat uitvlieg om die see te bespuit met ’n chemikalie wat die olie kan opbreek. Daar is drywende versperrings waarmee gepoog word om van die olie op die see in te dam. En daar is sand-verskansings langs die kus. Ten tyde van die skrywe hiervan was die uiteinde van die geweldige ramp nie in sig nie. Die wêreld het asem opgehou van wat kan gebeur as die massiewe stroom olie nie gekeer kan word nie. Daar is selfs gesê dat die uitstroming tot in Augustus kan aanhou—met onberekenbare en bes moontlik onherstelbare skade aan die lewende organismes in die oseaan en op land op die drumpel van die see.

3 Olie-katastrofe in die Golf van Mexiko
Deepwater Horizon Ru-olie Stuit moeilik

4 Olie-katastrofe in die Golf van Mexiko
10km diep Deepwater Horizon Suid-Korea gebou BP 20/04/2010 ontploffing 3000m Ru-olie Groot druk Amerikaanse strande Diep Stuit moeilik BP Opruim

5 Olie-katastrofe in die Golf van Mexiko
10km diep Deepwater Horizon Suid-Korea gebou BP 20/04/2010 ontploffing 11 dood sink 3000m Ru-olie Groot druk Amerikaanse strande 3,2 – 6,4miljoen liter per dag Diep Stuit moeilik BP Skade, eise Opruim Skepe - skep Vliegtuie – bespuit chemikalië Drywende versperings - opdam Sand verskansings RAMP


Download ppt "Leesstuk!! Op bladsy twee volg daar ‘n leesstuk. Lees baie goed deur en maak dan jou opsomming!"

Verwante presentaties


Ads door Google