Provinsiale Opleiding vir Tale Afrikaans Tweede Addisionele Taal: Drama Graad 12 15-30 Mei 2017.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
Advertisements

S. J Pretorius skryf dikwels oor die sirkus
Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
My siel, Pa Marie van Rensburg
@FXit.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
My STOMPv2I gids Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie.
Dowe Kultuur.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
Daar het iets in ons land verkeerd gegaan Daar het iets in ons land verkeerd gegaan. Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
DIE LIGGAAM VAN JAHSHUA.
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Welkom! Doopvoorbereiding Verwelkom almal en open met gebed.
My Sv1TOMPv2I gids Basiese Afrikaanse sinskonstruksie
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Selfportret Herman Lintvelt.
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
DRAMA: KABV-VEREISTES
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Leesbegrip.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
Kwart-voor-sewe-lelie (8)
Keerpuntgebeurtenisse
Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Blind date Moontlike antwoorde:.
Preek Jesaja 53:6.
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
GELOOFSBELYDENIS AHV GELOOFSVERKLARING 2000
Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)
Ons wag.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Vrugte van die Gees.
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
LYDENDE EN BEDRYWENDE VORM
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Die lewe is (soos) … Metafoor – kort vergelyking
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
1 Pet. 4:
Hand. 1:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
DIE GEHEIM TOT GESINSEENHEID
Rom.1:18-32.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Die skryfproses Afrikaans sonder Grense (graad 8) bl. 12
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.
Transcript van de presentatie:

Provinsiale Opleiding vir Tale Afrikaans Tweede Addisionele Taal: Drama Graad 12 15-30 Mei 2017

Perdekrag Cecilia du Toit Google images

DIE DRAMA KABV, bl. 26 DIE LEESPROSES PRE-LEES Aktiveer voorkennis LEES let op hoe woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens., die betekenis van die teks beïnvloed Gebruik leesbegripstrategieë POST-LEES beskou en beoordeel teks in geheel

Woordkeuse, figuurlike taal en retoriese elemente DIE DRAMA (EENBEDRYF) Literêre kenmerke Agtergrond Intrige Karakters Temas en boodskappe Woordkeuse, figuurlike taal en retoriese elemente

DIE DRAMA (EENBEDRYF)… Wat is ʼn eenbedryf: Bestaan slegs uit een bedryf Kan uit een of meer as een toneel bestaan (Perdekrag = 2 tonele) Sentrale tema (Perdekrag = Vergifnis / Genesingskrag van interaksie tussen mens en dier) Boodskap (Perdekrag = Mense moet mekaar aanvaar en vergewe) Min karakters teenwoordig

Perdekrag as eenbedryf In Perdekrag is daar drie karakters: Lucky, Wilma en Binki en drie diere-karakters: Kaizer, Lady Jane en Tinkerbelle Die karakters se probleme word in die eenbedryf uitgebeeld. Die gebeure speel oor twee Saterdae af. Daar is TWEE tonele. Dit vind by die Silwerkloof Stalle plaas. (Agtergrond) Die eenbedryf is baie korter as ʼn vollengte drama.

Perdekrag Fokus: Skrywer se doel Titel Literêre kenmerke: Tema Boodskap Intrige Karakters Agtergrond Taal (figuurlike taal en retoriese elemente)

Skrywer se doel Daar is uitkoms vir elkeen wat skuldig voel oor hul negatiewe dade. Elkeen met probleme het die hulp van ander nodig om bo hulle probleme uit te styg. Aanvaarding bring genesing, selfs deur diere. Vergifnis van jouself en deur ander bring heling.

Titel Letterlik verwys die woord perdekrag na ’n eenheid van krag in ’n masjien. Die titel suggureer dat die storie oor perde handel. Dit is ’n woordspeling wat dui op die fisieke krag van ’n perd wat in verband gebring word met die idee van die krag van genesing soos wat Kaizer en sy vergewensgesinde gebaar teenoor Lucky tot uiting kom.

Die genesende krag van ʼn perd Titel/Tema Eenheid van krag in ʼn enjin of masjien Fisiese krag van ʼn perd Die genesende krag van ʼn perd

Tema Vergifnis Aanvaarding Die hooftema is die genesingskrag van die interaksie tussen mense en diere en in die aanvaarding van mekaar. Die twee hoofkarakters het emosionele letsels, skuldgevoelens en probleme om te hanteer. Lucky het met sy skuldgevoelens probeer deel maar het geleer dat hy nie sy woede op onskuldige diere kan uithaal nie.

Boodskap Mense se liefdevolle interaksie met diere bring genesing en aanvaarding. Mense moet steun op ander se hulp om hul probleme te bowe te kom. Mense moet mekaar aanvaar en vergewe.

Intrige / verhaalverloop… Lucky se aankoms sit die handeling aan die gang. Sy koms veroorsaak spanning. Die konflik tussen Lucky en Wilma verhoog die spanning. Dis duidelik dat hy nie daar wil wees nie. Lucky gooi die leiband woedend neer en skop die strooihoop uitmekaar. Dit dui op sy gefrustreerheid en ongelukkigheid.

Intrige / verhaalverloop Lucky vertel hoe hy die katjies doodgemaak het. Lucky word eers bedreig deur die groot hings en vind dan later aanvaarding. Hy is nou minder opstandig en nie meer so wreed teenoor diere nie. Lucky kry insig en hy neem vir Kaizer water. Lucky ontdek dat Binki ook liggaamlike en geestelike letsels het. Hy help haar om van haar vrese te genees.

Karakters… Wilma: Sy het die dood van ʼn perd veroorsaak in haar dronkenskap Binki: Sy voel skuldig, teruggetrokke en skaam oor die feit dat sy nie haar hondjie uit hul brandende huis kon red nie. Sy is bitter teenoor haar ma. Lucky: Hy het babakatjies verdrink – hy is vir dieremishandeling, ʼn wrede daad, met gemeenskapsdiens gestraf. Hy het sy frustrasies en gevoel van onreg op hul uitgehaal. Botsing tussen Lucky en Wilma vind plaas wanneer die karakters verskillende opvattings oor sekere sake het. Lucky se stryd met homself dui ook op botsing. Die drie diere-karakters is die 3 perde, Kaizer, Lady Jane en Tinkerbelle. Lucky se frustrasie oor die “gegoede leefstyl” van die mense by die perdryskool teenoor sy eie konteks word beskryf.

Karakters Lucky verkry insig in die gawe van genade en sagmoedigheid in die gedaante van ʼn kragtige perd, nl. Kaizer. Die perd aanvaar hom deur sy poot uit sy eie vir Lucky te lig. Hierdie simpatieke gebaar van aanvaarding laat Lucky insig verkry in sy situasie. Lucky ontdek dat Binki ook liggaamlike en geestelike letsels oorgehou het sedert hul huis afgebrand het. Hy help haar om van haar vrese te genees. Binki het ook haar vrees vir perde oorkom deur hul aan te raak. Wilma probeer vergoed vir haar vorige onverantwoordelike optrede wat haar perd se dood veroorsaak het deur Lucky sy gemeenskapsdiens by die perdryskool te laat doen. Sy toon ook empatie met Binki in die hoop dat sy met haar kontak met die perde haar sal help hom haar vrese te bowe te kom.

Agtergrond Die gehoor word bewus van die plek (perdestalle/perdryskool te Silverkloof Stalle) waar die toneel afspeel. Die gesprek tussen die twee karakters, Wilma en Binki, skets die konteks van die eenbedryf. Sekere items (hooi, staldeure) op die verhoog stel die agtergrond (stalle) voor. Die tyd waarteen die drama afspeel is gedurende 2 agtereenvolgende Saterdae in September. Die drama fokus op diverse kwessies soos die arm swart seun vs. die baie hartseer ryk wit meisie en die gestremde kind in die rolstoel vs. mense wat gesond is by die ryskool.

Taal Lucky gebruik tienertaal/gemengde/gekruide taal wat hom ‘n geloofwaardige karakter maak. Die taalgebruik versterk die kritiese taalbewustheid, bv. die vergelyking: Dit stink soos vrot voete; idiomatiese uitdrukking: Gee die keiser wat die keiser toekom; sarkasme: Lucky het nogal gedink; en klanknabootsing: Zwieng … boem … en gemiaau-miaau van die katte.

Aktiwiteit 1: Tema en boodskap Bespreek die volgende in pare: Is die tema en boodskap betekenisvol vir die leerders? Bespreek en motiveer.

Lucky se liefde vir sokker. Terapeutiese rylesse vir gestremdes Aktiwiteit 2: Identifiseer gepaste uittreksels en formuleer vrae oor elk van die volgende ... (Dui ook die kognitiewe vlakke aan.) Lucky se taalgebruik. Gemeenskapsdiens. Tieners en hul selfone. Lucky se liefde vir sokker. Terapeutiese rylesse vir gestremdes Drankmisbruik (Wilma) Liefde vir troeteldiere (verwys na die verskillende kontekste).

Vrae … Lucky se houding teenoor diere. Lucky se frustrasie oor die “gegoede leefstyl” van die mense by die perdryskool teenoor sy eie konteks. Wat gee aanleiding tot Binki se skaam en teruggetrokke houding? Waarom kan ‘n mens sê dat die eenbedryf ‘n gelukkige einde het?

Perdekrag: Boekresensie Mense het dikwels probleme. Sommige probleme kan ons self oplos; vir ander het ons hulp nodig. In Perdekrag het Wilma, Binki en Lucky elkeen hulle eie probleme. Wilma, die eienaar van 'n perdryskool, het jare gelede die dood van 'n perd veroorsaak. Binki, 17, voel skuldig en skaam oor iets wat lank gelede gebeur het en is bitter teenoor haar ma. Lucky, ook 'n tiener, is vir 'n wrede daad met gemeenskapsdiens gestraf. Elkeen het die hulp van die ander nodig om bo hulle probleme uit te styg. Perdekrag is 'n drama oor skuld, aanvaarding en vergifnis: skuld teenoor weerlose diere, teenoor die gemeenskap, teenoor 'n medemens en teenoor jouself. Perdekrag handel ook oor mense wat mekaar se diepste gevoelens leer ken en mekaar aanvaar en vergewe – en vergifnis kry waar hulle dit die minste verwag. Ten slotte stel die drama die vraag teen die agtergrond van die spesiale en noue verbintenis tussen mense en hulle diere: is sagmoedigheid 'n swakheid of 'n krag? https:shop.pearson.co.za