De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

DRAMA: KABV-VEREISTES

Verwante presentaties


Presentatie over: "DRAMA: KABV-VEREISTES"— Transcript van de presentatie:

1 DRAMA: KABV-VEREISTES
Verwys na p in die KABV vir Afrikaans Huistaal. Drama handel oor woorde, taal, handeling, interaksie tussen karakters, beweging, gesigsuitdrukkings, lyftaal, stem, lig/donker. Dit moet opgevoer kan word. Daar is kykers (TV, rolprent, verhoog) of luisteraars (radio). Verbeelding is baie belangrik (veral by die radiodrama). Aspekte om te onderrig: karakterisering, verteller, tema en boodskap, agtergrond, tyd en ruimte, dramatiese struktuur, toon en stemming, toneelaanwysings/neweteks en dramatiese ironie.

2 KENMERKE VAN DIE RADIODRAMA
Eenbedryf: eendimensionele, eenrigtingmedium Word slegs ouditief waargeneem. Daarom is byklanke en geluide nodig om ruimtes en stemming vir die luisteraar te suggereer. Dialoog (hoofteks) tussen die rolspelers is die hoofelement. Omdat die luisteraar nie kan sién wat gedoen word nie (handeling) en net lúister, word alle handeling deur die dialoog tussen rolspelers (karakters) en deur byklanke gesuggereer. Stemtoon en stembuigings is baie belangrik. Tyd- en ruimtespronge kan maklik ingewerk word, Die luisteraar speel ‘n aktiewe rol – moet dekor (bv. meubels), rekwisiete (los items) en uiterlike voorkoms van karakters (bv. kleredrag en gesigsuitdrukkings) op kreatiewe wyse visualiseer. Neweteks/toneel- en verhoogaanwysings – word kursief en tussen hakies geplaas. Dit dien as instruksies aan spelers en moet ouditief waargeneem kan word.

3 DRAMATIESE STRUKTUUR UITERLIKE BOU
Uiterlike bou is die verdeling in bedrywe of tonele. Daar is een hooftema en een spanningslyn. Beperkte aantal karakters. Daar is nie werklik ruimte vir karakter- ontwikkeling nie; net openbaring van karaktereienskappe en karakterverandering. Dialoog is kompak en gekonsentreerd; direk afgespits op die gebeure. Intrige (storielyn) is die volgorde of struktuur waarin gebeurtenisse mekaar opvolg. Oorsaak en gevolg – dit wat aanleiding gee tot bepaalde gebeure, wat uiteindelik tot die klimaks en ontknoping lei.

4 DRAMATIESE STRUKTUUR INNERLIKE BOU
Eksposisie/uiteensetting: die dialoog en handeling word gebruik om die karakters bekend te stel, tyd en ruimte te plaas en moontlike botsing/konflik uit te beeld. Motoriese moment: dié gebeurtenis wat verdere handelinge aan die gang sit/aktiveer. Die spanningslyn verhoog nou. Ontwikkelingsfase: die handeling word verder gevoer. Krisisfase a.g.v konflik Klimaks/hoogtepunt: konflik kom tot ‘n punt. Daar is ‘n wending – ‘n probleem word opgelos, ‘n oorwinning word behaal of daar word ‘n bepalende keuse gemaak. Ontknoping/afloop: ‘n duidelike afname in die spanning

5 EN … Dramatiese doelstelling: hou gewoonlik verband met die tema van die drama. Dit verwys na die spesifieke reaksie wat die dramaturg wil ontlok. Tema: die sentrale gedagte/idee wat die teks as ‘n geheel bind. Dit kan gewoonlik as een woord gegee word; dit kan tot verskeie boodskappe aanleiding gee. Boodskap: spruit voort uit die tema; bepaalde faset van die tema; meer spesifiek, daarom ook breër/wyer geformuleer; kan ook ‘n les wees. Dramatiese ironie: ‘n vorm van kontras; die karakter is salig onbewus van die ware toedrag van sake, terwyl die leser/luisteraar/toeskouer weet wat werklik plaasvind. Titel: voorspelling vs werklike betekenis

6 Die Testament Inhoud in ‘n neutedop
Oom Josef sterf as ‘n welvarende man. Hy bemaak sy besittings aan Herman, Katinka en Zenobia Rousseau, en sy getroue huishoudster en voorman. Die Rousseau-gesin word deur die prokureur, Gideon Hansen, na sy kantoor ontbied vir die voorlees van oom Josef se testament. Dis wel Gideon Hansen wat in lewe die testament voorlees, maar daar is ‘n oorgang na oom Josef asof hy dit in sy eie stem voorlees. Die testament is nie ‘n ”gewone” testament nie. Daar is 9 voorwaardes/bepalings waaraan die gesin moet voldoen alvorens hulle hul erfporsie mag ontvang. Party van die voorwaardes is op die hele gesin van toepassing, terwyl ander vir individuele gesinslede geld. Terwyl die Rousseau’s deur oom Josef se voorwaardes werk, raak hulle geheg aan die plaas en begin met nuwe oë na dinge kyk. Nadat hulle oom Josef se seun, Jans, se brief aan sy pa gelees het, verstaan hulle waarom oom Josef die voorwaardes gestel het. Die Rousseau’s verloor byna hul erfporsie omdat hulle nie eerlik was oor die kontantgeld wat hulle op verskillende tye en op verskillende plekke in die huis gekry het nie. Zenobia word kamtig ontvoer. Haar ouers is bereid om alles prys te gee om haar veilig terug te kry. Die veranderde Herman, Katinka en Zenobia kry uiteindelik hul erfporsie. Oom Josef het selfs bepaal dat Zenobia vir 3 maande lank net met Gideon mag uitgaan!


Download ppt "DRAMA: KABV-VEREISTES"

Verwante presentaties


Ads door Google