De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)

Verwante presentaties


Presentatie over: "Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)"— Transcript van de presentatie:

1 Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)
Waaroor handel die Kwart-voor-sewe-lelie?

2 Dit gaan oor die wel en wee van ‘n stadsgesin wat bestaan uit ‘n vergeetagtige ma, ‘n gemoedelike pa, die hoofkarakter Iris en haar twee sussies Elsa en Kara, hul “Hollandse hond”, ‘n huishulp wat presies weet wat sy wil hê (Johanna) en ‘n buiteaardse beskermengel met ‘n aardse humorsin.

3 In hierdie roman word daar op fyn ironiese wyse gespot met die stereotiepe gesin.
Ma is die nie-stereotiepe, vergeetagtige huisvrou/moeder wat as’t ware in ‘n wêreld van haar eie woon. Haar oudste suster, Elsa, die onderwyseres kies ‘n gewone lewe met ‘n man, huis en kinders. Sy is die perfeksionis.

4 Kara , die middel suster, wou eers ‘n non word, maar wanneer sy die donker, aantreklike Claude oorsee ontmoet, verloop haar lewe heel anders. Die swart huishulp, Johanna, vervul eintlik die rol van die ma in die huis. Sy maak hulle groot, gee hulle kos en ondersteun hulle. Sy help selfs later om Elsa se kind groot te maak.

5 Die roman speel af tydens die apartheidsera
Die roman speel af tydens die apartheidsera. Die gesin het egter nie dieselfde beginsels oor swart Suid-Afrikaners soos die res van die nasie nie. Iris en haar familie sien nie kleur raak nie. Die kwart-voor-sewe-lelie is nie ‘n tipiese roman nie. Dit is op twee vlakke saamgestel nl: *Die struktuur van die liefdesverhaal teenoor *Die ironie in die verhaal.

6 Literêre Terme – Bl 267 1. Afloop – die finale deel van die verhaal
2. Antitese - Teenstelling van gedagtes bv hoe meer haas hoe minder spoed. 3. Boodskap - Dit is die les of morele gedagte in die verhaal. 4. Buitestander (outsider) - ‘n Karakter wat nie aan ‘n groep behoort nie bv. Iris. Sy het ‘n breër visie op sake as die res van die karakters. Sy was altyd anders as haar susters.

7 5. Chronologies – Die gebeure is gerangskik volgens die volgorde van die verhaal.
6. Eerstepersoonsverteller of ek-verteller – die hoofkarakter (Iris) vertel die verhaal en beskryf haar emosies en gevoelens. 7. Eufemisme – versagtende uitdrukking 8. Hiperbool – oordrywing ter wille van beklemtoning.

8 9. Intrige/plot – die volgorde waarin gebeure gerangskik is.
10. Inversie – omkering van woorde 11. Ironie – die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel. 12. Karikatuur/spot – om oordrewe met ‘n karakter se karaktertrekke of voorkoms te spot.

9 13. Klanknabootsing – die gebruik van woorde om na te boots, bv die engin wat “klieks” maak.
14. Konflik – dit kan uiterlik (tussen karakters) of innerlik (in die gemoed van ‘n karakter) wees. 15. Kontras – twee uiterstes word teenoor mekaar gestel.

10 16. Metafoor – een ding word deur ‘n ander met soortgelyke eienskappe vergelyk bv. Ma se kombuismes wat ‘n sekel is. 17. Metonimia - net ‘n gedeelte van ‘n geheel word genoem. 18. Oksimoron – twee teenoorgestelde begrippe word met mekaar verbind bv ou nuus.

11 19. Onderbeklemtoning – die uitdruk van iets op ‘n terughoudende wyse, eerder as om die volle feite weer te gee. 20. Paradoks – skynbare teenstrydigheid bv om die waarheid te sê moet ek lieg. 21. Personifikasie – menslike eienskappe aan lewelose dinge, diere of plante gee. 22. Plat karakter – ‘n statiese karakter wat voorspelbaar is en min of geen ontwikkeling toon, bv Frederik.

12 23. Retoriese vraag – ‘n vraag wat gevra word waarop ‘n antwoord nie verwag word nie.
24. Ronde karakter – ‘n dinamiese karakter wat ontwikkel en deur die tyd en ruimte gevorm word, bv. Iris. 25. Sarkasme – minagting wat wil seermaak. (Hotelklerk) 26. Satire - spot met die lewe en dwaashede van die mens.

13 27. Simbool - wanneer ‘n voorwerp gebruik word om iets anders te verteenwoordig, bv die blom ( die-kwart-voor-sewe-lelie) raak simbolies van Iris se lewe en verwagtinge. 28. Stereotipe – ‘n persoon met die tipiese eienskappe van ‘n sekere groep. 29. Subintrige – ‘n tweede storielyn, bv. Bettie se gifdrinkery in Vermont.

14 30. Tema – die sentrale idee of hoofgedagte van ‘n teks
30. Tema – die sentrale idee of hoofgedagte van ‘n teks. ( Die kwart-voor-sewe-lelie se tema is: Die mens se hunkering na die groot oomblik in sy lewe wat maak dat die wonder van die huidige oomblik dikwels by hom verbygaan.) 31. Vergelyking – twee dinge wat bymekaar gestel word met soos, net soos en nes.

15 32. Vertelde tyd – die tydperk wat die verhaal dek is ongeveer 4 jaar.
33. Verteltyd – die tyd wat die verhaal vertel word is 211 bladsye. 34. Woordspeling – die humoristiese wyse waarop ‘n woord gebruik word om ‘n ander betekenis uit te bring.


Download ppt "Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)"

Verwante presentaties


Ads door Google