moenie die smiley vergeet nie deur Jelleke Wierenga
wa is jy nou?
wat doen jy?
ek verlaaaang!
kani wag vi satdag!
so baja om te sê!
lief vi jo!
woorde woorde woorde dit was ons kos
sms’e en e-pos
en elke oomblik wat ons kon praat oog met oog
lip lees lip
vingers voel vel
al ons jare te min vir ons twee saam.
Hoe het jy so gou genoeg van my gehad?
Skielik is jy so siek en sat
dat jy net 14 woorde nodig het om jou afsê in ‘n sms te set:
Dit werk ni me vi my ni jamr wil jou nie we sien ni.
Met ‘n smiley daarby