Wat beteken my doop? Sessie 2 Vestig die deelnemers se aandag op die titel van die sessie, naamlik “Wat beteken my doop?” Verduidelik dat ons eers gaan probeer om die betekenis van ons eie doop te verstaan, want wie sy/haar eie doop na waarde skat, sal sy/haar kind se doop met die nodige begrip en waardering beleef. Sessie 2
Hersiening God skep die mens as sy beeld en verteenwoordiger Die mens kies om te sondig God se houding teenoor die sondige mens is steeds liefde God neem die inisiatief om die verhouding tussen Hom en ons te herstel In groot gemeentes gebeur dit dikwels dat ouers eers tydens hierdie sessie kom inskakel by die doopvoorbereiding. Doen daarom (indien nodig) baie vlugtig hersiening van die hooflyne van sessie 1. Herinner daaraan dat die Bybel se eerste woorde oor die mens ’n POSITIEWE uitspraak is, namlik dat God die mens geskep het as sy beeld, sy verteenwoordiger. Dit onderstreep hoe groot ons voorreg en verantwoordelikheid is om as God se verteenwoordigers ’n klein mensie te kan grootmaak om Hom in die wêreld te verteenwoordig! Herinner ook kortliks aan die ander hoofpunte.
Hersiening God reël en waarborg die herstelde verhouding deur ’n verbond (met ’n teken) Hy verbind Hom aan my om my God te wees Hy verbind my aan Hom om sy kind te wees Lig net weer die hoof waarhede in verband met God se verbondsluiting met Abraham uit, veral die feit dat dit ’n eensydige verbond is (’n testament) – dit kom weer in die sessie ter sprake. GOD SE TESTAMENT (VERBOND) =
Hersiening God neem die vloek vir die verbreking van die verbond op Hom. Herinner aan die simboliek van die ritueel in Gen 15 waaruit onder andere blyk dat God self die vloek vir die verbreking van die verbond (deur enige van die partye) op Homself geneem het en hoe dit ’n werklikheid geword het toe Christus aan die kruis sy lewe afgelê het (Gal 3:13-14a).
Kinders is saam met hulle ouers in die verbond ingesluit. Hersiening Kinders is saam met hulle ouers in die verbond ingesluit.
Wat beteken my doop? Sessie 2
1. Hoe lyk ons kinders se leefwêreld? Ons kind se leefwêreld 1. Hoe lyk ons kinders se leefwêreld? In hierdie sessie word nou inleidend gefokus op ’n beskrywing (identifisering) van die kenmerke van die soort wêreld en samelewing waarin ons kinders moet grootword. Dit is belangrik dat ouers bewus moet wees van ’n wêreld wat voortdurend aan die verander is sodat hul oë daarvoor oop kan wees asook vir die tydsgees en die uitdagings en geleenthede wat dit bied vir ouers en kinders. Dit gee ook nuwe begrip vir die troosryke en geloofsversterkende betekenis van die doop in die elkedagse lewe. 1.1 Beskryf kortliks die soort wêreld waarin julle kind sal moet grootword. Hanteer in ’n gemaklike gesprek. Vra die kursusgangers om te beskryf wat hulle self waarneem as tipiese kenmerke van die huidige samelewing. Of vra: Gestel jou oupa was 40 jaar in ’n koma en het pas uit die koma bygekom. Hoe sal jy vandag se wêreld aan hom beskryf? Kry terugvoer. Die volgende kenmerke sal waarskynlik genoem word: globalisering (verkleining van die wêreld as gevolg van die media, beter kommunikasiemiddels en versnelde reistyd), materialisme, inligtingsrewolusie (internet en voortspruitende kennisontploffing), algemene en maklike toegang tot internet en ander vorme van tegnologie (insluitend die vrye beskikbaarheid van sake soos visuele geweld, promiskuïteit en pornografie, selfs op televisie en selfone), invloed van sosiale media soos Facebook, Twitter, ens., hoë vlakke van misdaad en geweld in Suid-Afrika, die vervaging van grense en vervlakking van waardes en norme, oorbevolking en ekologiese krisis, ens. Die aanbieder sou die huidige tendense in verband kon bring met die verskuiwing van modernisme na postmodernisme.
Ons kind se leefwêreld Inligtingsrewolusie Keuseverlamming Vinnig verveeld (“boring”) – was daar, reeds gedoen... Afgestomp (want media wys alles) Kort aandagspan Fokus is gefragmenteerd Vanweë die geweldige invloed van die inligtingsrewolusie op die denke en lewenstyl van die sogenaamde “Millenniumgenerasie” (die jong geslag wat net voor en sedert die jaar 2000 gebore is), is dit goed om kortliks te wys op sekere algemene tendense as gevolg van die invloed van die internet en digitale media. Die genoemde tendense is grootliks besig om kenmerke van die huidige jong generasie te word. Ouers sal hiermee moet rekening hou in die verstaan van hulle kinders asook in die opvoedingsproses, sodat kinders nie maar net oorgelaat word aan hierdie invloede en tendense nie. Ouers het vandag ’n reuse taak om hul kinders se blootstelling aan hierdie invloede te bestuur. Daar word in sessie 4 verder hieraan aandag gegee. Google gerus die term Millenniumgenerasie vir meer inligting.
2. Hoe voel julle daaroor om in so ’n wêreld kind groot te maak? Ons kind se leefwêreld 2. Hoe voel julle daaroor om in so ’n wêreld kind groot te maak? Kry deelnemers se reaksie. Dit kan wissel van vrees, bekommernis en groot onsekerheid tot opwinding oor die geleenthede wat die “nuwe” wêreld bied. Wys daarop dat dit steeds God se wêreld is, dat God hier by ons is in alle omstandighede. Boonop bied die kinderdoop groot troos aan verbondsouers, want in die doop sê God dat Hy ons God is en dat Hy in hierdie wêreld by ons (en ons kinders) betrokke is en betrokke sal bly.
3. Vertel van / wys jou doopherinnering. Ons kind se leefwêreld 3. Vertel van / wys jou doopherinnering. Kursusgangers kan hierdie inligting in kleiner groepe met mekaar deel of, in geval van net ’n paar deelnemers, kan dit in die hele groep hanteer word. Gee elkeen geleentheid om te vertel. Vra wie sy/haar doop kan onthou. Diegene wat as baba gedoop is, sal dit uit die aard van die saak nie kan onthou nie. Ander (byvoorbeeld hulle ouers) moes hulle daarvan vertel. Vra of iets waarvan jy niks kan onthou nie vir jou van betekenis kan wees. Vra wie sy/haar geboorte kan onthou. Sou dit beteken dat jou geboorte van geen waarde of betekenis is nie, aangesien jy dit nie kan onthou nie en nie aktief daaraan deel gehad het nie (ook nie aan die besluit om verwek/gebore te word nie)? Daarom moet ons versigtig wees om nie die kinderdoop te bevraagteken op grond daarvan dat ons dit nie kan onthou nie, of dat dit sonder ons medewete en instemming aan ons bedien is. Watter waarde/betekenis het jou eie doop vir jou?
Ons kind se leefwêreld 4. Wie praat deur die doop? Kry gedagtes uit die groep. Dis God wat deur die doop met ons praat! Hierdie is ’n belangrike beklemtoning en uitgangspunt, dat dit God se teken (en seël/waarborg) aan ons is. Die onderliggende teologiese klem by kerke wat die kinderdoop verwerp, lê meer in die rigting van die dopeling wat deur die doop van sy haar geloof getuig (en omdat babas “nog nie kan glo” nie, kan hulle nie gedoop word nie, so word geredeneer). Moenie nou te veel tyd hieraan afstaan nie, aangesien dit uit die volgende lesing vanself verder duidelik sal word.
2-sydig 1-sydig Doop as teken (en seel) van God se (genade)verbond Verbond = kontrak: 2-sydig (word deur 2 partye onderhandel) 1-sydig (ontstaan by 1 party, bestaan tussen 2 partye: bv ’n testament) Hersien kortliks die inligting in verband met die Bybel se hantering van die begrip verbond. Dis belangrik dat die kursusgangers die ooreenkoms sal sien tussen hoe ’n testament werk en hoe God se genadeverbond “werk” (vergelyk die Bybel se gebruik van “diatheke” eerder as “suntheke” vir God se verbond met ons). Dan sal hulle ook maklik insien dat God kinders insluit in sy genadeverbond, dit wil sê dat kinders ook “erfgename” van God se (verbonds)beloftes kan wees.
Kan ’n kind die begunstigde in ’n testament wees? Doop as teken (en seel) van God se (genade)verbond Kan ’n kind die begunstigde in ’n testament wees? Indien ’n kind die begunstigde (erfgenaam) in ’n testament kan wees, kan kinders mos ook die “begunstigdes” in God se testament/verbond wees.
GOD SE GENADEVERBOND (Testament) OU TESTAMENT NUWE TESTAMENT God Belofte & Eis Belofte & Eis Antwoord Antwoord JER 31 : 31-34 VERGIFNIS GEN 17 : 1-12 GAL 3 : 29 Doen nou die aanbieding (lesing) oor God se genadeverbond en die doop (punt 3) aan die hand van die PowerPoint. Oefen die aanbieding deeglik in. Benut die geleenthede vir interaksie deur die deelnemers te betrek by die lees van die toepaslike Skrifgedeeltes. Vra die deelnemers om nog nie na die diagram op bladsy 17 te kyk nie. Verduidelikende notas vir die aanbieder (die diagram word met elke klik verder onthul): Klik 1: God neem die inisiatief in sy verbond met die mens. Klik 2: Die Ou Testament vertel verder van God se verbondsluiting met Abram in Gen. 17:1-12. Hier word die verpligtinge en voorregte van die partye uiteengesit. Let daarop dat Abraham reeds ’n bejaarde persoon van 99jr was. Klik 3: Lees Gen 17:1-12 om te sien wat God aan Abram belowe het en van hom verwag het. In kort lê dit opgesluit in vs 1: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby en wees opreg.” Klik 4: Hoe sou Abram op God se beloftes en verwagtinge kon antwoord? Deur naby Hom te leef en opreg te wees (vs 1); deur God se verbond na te kom (vs 9), dit wil sê in ’n verbondsverhouding met God te bly en sy liefde te beantwoord; deur die verbondsteken te ontvang (vs 10-12). Klik 5: Die verbondsteken is die besnydenis, dit wil sê die verwydering van die voorhuid van die geslagsdeel van die man. Die seuns van verbondsouers moes die teken op die agste dag kry, dit wil sê op die eerste geleentheid waarop ’n vrou ná haar bevalling met haar kind in die openbaar kon verskyn (sien Levitikus 12). Hoekom het vroue nie die teken gekry nie? Vroue was in die antieke wêreld grootliks op die agtergrond en het dus nie veel getel in die samelewing nie. Nogtans het vroue deel gehad aan die verbondsteken van die man deurdat sy verwek is deur ’n man wat die teken dra, maar ook deur gemeenskap met haar eie man. Klik 6: Abram kry die teken op die ouderdom van 99 jaar. Hy het reeds in die Here geglo toe hy die besnydenis as teken gekry het (Gen 15:6). Klik 7: Isak kry die teken op die ouderdom van ag dae – hy kry dus eers die teken sodat hy later tot geloof in God sou kom. Abram het duidelik die verantwoordelikheid gehad om vir Isak, soos hy grootgeword het, te vertel wat die betekenis was van sy besnydenis. Klik 8: Intussen het baie jare verloop waarin die Israeliete aan God ontrou was en sy verbond verbreek het. Hy het hulle egter telkens (uit liefde) deur sy profete teruggeroep na Hom toe. Klik 9: Lees Jer 31:31-34. God kondig aan dat Hy ’n nuwe verbond met sy volk gaan sluit. Sy nuwe verbond met sy mense bestaan daarin dat Hy hulle harte sal verander deur sy woord in hulle harte en gedagtes vas te lê en die verhouding tussen Hom en hulle sal herstel. Klik 10: Die herstel van die verhouding tussen God en sy verbondsvolk sal moontlik gemaak word deurdat Hy hulle sondes sal vergewe! Klik 11: God se belofte van ’n nuwe verbond word vervul toe Jesus, die Seun van God, as die Goeie Herder sy lewe vir sy skape aflê (aan die kruis) en sodoende vir ons vergifnis bewerk. Klik 12: Wat het God se genadeverbond (met Abraham) met ons te doen? Geld dit nog in ons tyd? Lees Gal 3:29. Ons wat vandag aan Christus behoort, is “ook nakomelinge van Abraham en erfgename” van alles wat God aan Abraham en sy nakomelinge belowe het (vgl weer Gen 17:1-12). Klik 13: Die wese van die verbond, wat inhou dat God Homself en sy liefde aan mense belowe en van hulle ’n (liefdes)antwoord verwag, bestaan voort in die “nuwe” verbond (Nuwe Testament). Mense uit alle volke, tale en geslagte is egter nou ingesluit in die verbond, deur geloof in Jesus Christus (Gal 3:26-28). Klik 14: Wat word in die Nuwe Testament van die verbondsteken? Vir die antwoord word voorts gekyk na Kol 2:11-12 (volgende skyfie). GLO REEDS GLO LATER TEKEN: BESNYDENIS KOL 2 : 11-12 GOD SE GENADEVERBOND (Testament)
SONDIGE NATUUR WEGGENEEM DEUR CHRISTUS Kolossense 2 11 Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. 12 Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. BESNY SONDIGE NATUUR WEGGENEEM DEUR CHRISTUS Klik 1: Kol 2:11-12: Paulus skryf aan die gemeente in Kolosse. Die gemeente het bestaan uit mense wat in Christus glo, maar waarvan sommige van Joodse afkoms was terwyl ander van heidense afkoms was (Asiërs). Hulle het dus nie almal die teken van die besnydenis gedra nie. Klik 2: Tog sê Paulus in sy brief dat hulle (almal) besny is omdat hulle in geloof aan Christus verbonde is. Klik 3: Hy praat egter nie van die uiterlike teken van besnydenis soos dit deur die nakomelinge van Abraham (Jode) gedra is/word nie. Hy praat van die “besnydenis deur Christus”. En wat is dit? Dit bestaan daarin dat Christus ons sondige natuur weggeneem het. Klik 4: Hulle (ons ook) het dié “besnydenis deur Christus” by ons doop ontvang! Klik 5: Opsommend: Paulus skryf aan die Kolossense dat hulle besny is, Klik 6: want hulle sondige natuur is deur Christus weggeneem. Klik 7: Dit het by die doop gebeur. Hulle is dus “besny” toe hulle gedoop is. Die doop en besnydenis wys dus na dieselfde waarheid, die wegneem van ons sondige natuur deur Christus. Die besnydenis kan gesien word as die Ou Testament se vooruitwysing en die doop is die Nuwe Testament se terugwysing. Die besnydenis het gesê: Iemand GAAN met sy bloed betaal om ons sonde weg te neem. Die doop sê: Iemand HET met sy bloed betaal om ons sonde weg te neem. Die besnydenis was ’n bloedige teken wat vooruitgewys het na die volmaakte bloedoffer (Christus). Die doop is egter nou ’n teken sonder bloed (water), maar dit wys heen na die afwassing van ons sonde deur Christus se volkome bloedoffer aan die kruis. Ons sien ’n parallel in die Joodse Pasga (met ’n paaslam wat geslag is – ’n bloedige teken) wat uitgeloop het op die Christelike Nagmaal (met brood en wyn as tekens van die volmaakte Paaslam wat geoffer is en wie se bloed vir ons gevloei het). Die duidelike implikasie van Kol 2:11-12 is dat die doop as verbondsteken in die plek van die besnydenis gekom het. GEDOOP
BESNYDENIS – GELOOF? Abraham kry teken OMDAT hy GLO 11 Hy (Abraham) het die besnydenis as ’n teken ontvang. Dit is ’n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het ... (Romeine 4) Het die besnydenis enigsens met geloof te doen? Was dit nie net ’n “nasionale” teken wat die Israeliete gekenmerk het nie? Romeine 4:11 spel dit uit dat Abraham dié teken ontvang het OMDAT hy geglo het – dit was dus ’n teken dat hy in geloof aan God verbind was. En tog kry klein Isak dieselfde teken op die ouderdom van 8 dae! Redelikerwys aanvaar ons dat daar by Isak nog nie geloof aanwesig was (soos ons as volwassenes oor geloof dink) nie. Daarom moet ons aflei dat Abraham die verbondsteken kry OMDAT hy GLO, terwyl Isak die verbondsteken kry SODAT hy sal GLO – deur die teken sou God met Isak praat (soos hy opgroei), hom van Sy liefde verseker sodat Isak ook (met geloof en liefde vir God) op God se liefde kon antwoord. In Abraham se geval het die verbondsteken dus sy geloof in God bevestig. In Isak se geval het die verbondsteken vir Isak tot geloof geroep. In albei se gevalle was die verbondsteken egter primêr die teken dat God Homself in liefde aan hulle verbind het om hulle God te wees, hulle tot sy erfgename gemaak het. Abraham kry teken OMDAT hy GLO Isak kry teken SODAT hy sal GLO
DOOPPRAKTYKE BELYDENISDOOP / SENDINGDOOP VERBONDSDOOP / GEMEENTEDOOP Grootmense word gedoop OMDAT… BELYDENISDOOP / SENDINGDOOP Kinders (van gelowiges) word gedoop SODAT… Voorafgaande inligting bring mee dat ons moet verstaan dat daar twee dooppraktyke bestaan: BELYDENISDOOP / SENDINGDOOP: Die doop van volwassenes wat reeds in Christus glo, maar wat nie voorheen gedoop is nie. (Ons sien hierin ’n parallel met Abraham wat die verbondsteken ontvang het op die ouderdom van 99 jaar.). Hierdie vorm van doop, dikwels genoem “grootdoop”, kom veral voor in sendingsituasies, dit wil sê in gebiede waar daar nog nie veel Christene is nie en mense dus uit die heidendom tot geloof in Christus gelei word. Dink ook aan wat beskryf word in Hand 2:37-41. Eintlik is dit ’n aanklag teen ons kerk dat daar so min gevalle van hierdie vorm van doop in ons gemeentes plaasvind. Sou dit ’n aanduiding wees dat daar by ons min ywer is om mense uit die ongelowige wêreld met die Evangelie te bereik? VERBONDSDOOP / GEMEENTEDOOP: Dis die doop van die kinders van ouers wat reeds aan Christus behoort, dit wil sê verbondsouers. Die doop van hierdie kinders roep dus die dopelinge tot geloof in Christus (daarom: “SODAT…”). Daar is ten minste vier voorbeelde in die Skrif van waar volwassenes tot geloof in Christus gekom het en waar hulle dan gedoop is (Hand 10:24, 48; Hand 16:14-15; Hand 16:32-33 en 1 Kor 1:16). Elke keer word gemeld dat die “familie en huisvriende”, of “huisgesin” of al hulle “mense” ook gedoop is. En nie een keer word genoem dat klein kinders van die doop uitgesluit is nie. Hier is dus ’n duidelike parallel met Gen 17 (Abraham, sy gesin en sy huishouding) – groot en klein moes die verbondsteken kry. Let veral op die opvallende formulering in Hand 16:14-15 in verband met Lydia: “Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak. Sy en haar huisgesin is toe gedoop.” Dit dui daarop dat sy tot geloof in Christus gekom het, maar dat haar huisgesin toe saam met haar gedoop is. VERBONDSDOOP / GEMEENTEDOOP
GOD SE GENADEVERBOND (Testament) OU TESTAMENT NUWE TESTAMENT God Belofte & eis Belofte & Eis Antwoord Antwoord JER 31 : 31-34 VERGIFNIS GEN 17 : 1-7 GAL 3 : 29 Terug by die diagram. Klik 1: Op grond van Kol 2:11-12 blyk dit dat ons nou, ná Christus se koms en verlossingswerk, ’n ander verbondsteken het. Waar die besnydenis (’n bloedige teken) vooruit gewys het na die offer wat God sou bring om die straf/vloek vir ons sonde te dra (en sy “testament” in werking te laat tree), wys die doop nou terug na die offer wat deur Christus gebring is, en die feit dat geen offer meer nodig is nie – daarom ’n water-teken, met die simboliese betekenis: die afwas van ons sonde… Klik 2: Hand 2 (Pinksterdag) vertel van 3000 mense wat in reaksie op Petrus en die ander apostels se verkondiging oor Christus tot bekering gekom het en gedoop moes word (Hand 2:27-28). Hulle is dus gedoop OMDAT hulle geglo het – eers geloof en daarná die verbondsteken. Klik 3: Hand 2:39 dui egter reeds in die rigting dat kinders saam met hulle ouers erfgename van die beloftes van God is, en as hulle erfgename van God se beloftes is, waarom dan nie ook die teken (soos in Gen 17) dat hulle erfgename van God is nie? (Daarom die voorbeelde in Handelinge van gesinne wat gedoop is, soos by die vorige skyfie oor die Verbondsdoop / Gemeentedoop verduidelik is). Hulle kry dus eers die teken en die geloof volg later. GLO REEDS GLO REEDS GLO LATER GLO LATER TEKEN: BESNYDENIS KOL 2 : 11-12 TEKEN: DOOP GOD SE GENADEVERBOND (Testament)
GOD Wie praat deur die doop? Kry die groep se reaksie. Teen hierdie tyd behoort hulle spontaan te reageer dat dit God is wat deur die doop met ons praat, dis sy teken aan ons om ons te verseker van sy liefde en genade.
NET JESUS RED - VIR MY OOK ! My DOOP waarborg: NET JESUS RED - VIR MY OOK ! Belofte: Ek is jou God en jy is my erfgenaam / kind. Ek het jou straf / vloek gedra deur my Seun, Jesus Christus! Jou sonde is vergewe! ’n Opsomming. Antwoord: Ek aanvaar Jesus as Verlosser, volg Hom gehoorsaam en leef soos iemand wat aan Hom behoort!
inlywing in die gemeente Die doop: inlywing in die gemeente 1 Kor 12:13 “Deur die een Gees het ons almal een liggaam geword deur die doop.” (1979 se proefvertaling) Bl 21 in Werkboek: Uit 1 Kor 12:13 en Gal 3:26-29 behoort dit duidelik te wees dat die doop ook die inlywing in die gemeente versinnebeeld, die deelkry aan die gemeenskap van mense wat in Christus glo (en dus deur Hom van sonde gereinig is). Daarom behoort die doop normaalweg in die teenwoordigheid/samekoms van die gemeente bedien te word. Dit is nie ’n private aangeleentheid nie. (Sien Aanbiedersgids vir verdere kommentaar). Die implikasie van hierdie waarheid, naamlik dat die doop ons inlywing in die gemeente van Christus is, is voorts dat ons nie eers lidmate word met ons belydenisaflegging nie. Ons is dit op grond van ons doop. Belydenisaflegging is egter die openbare verklaring en getuienis dat ek my “erfenis” aanvaar het, dat die geloof waartoe my doop my geroep het, ’n werklikheid geword het. Belydenisaflegging is dus my antwoord op my doop, my openbare getuienis dat ek dít wat God in my doop aan my gegee het, in geloof aanvaar het en dat ek kies om my plek as lidmaat van die kerk van Christus vol te staan.
Is daar ’n regte (en verkeerde) manier van doop? Onderdompeling / besprinkeling? Hanteer die Skrifgedeeltes op bl 22 opsommend. Raadpleeg die kommentaar in die Leiersgids. Dis in elk geval veilig om te erken dat die Skrif nêrens ’n duidelike voorskrif gee oor die metode van doop nie. En as dit vir God belangrik was, sou Hy vir ons so ’n voorskrif gegee het. Ons kan hoogstens hieroor afleidings maak en die Ou-Testamentiese agtergrond dui dan eerder in die rigting van besprinkeling as na onderdompeling. Dit is boonop nie die doopwater wat iets bewerk nie, dit is God wat in en deur die doop aan die werk is. Die kursusgangers sal egter waarskynlik teen hierdie tyd snap dat die Bybelse doopopdrag niks sê oor die metode van doop of oor die hoeveelheid water wat gebruik moet word nie. Die aanbieder sal ook teen hierdie tyd nie nodig hê om op al die bogenoemde detail in te gaan nie, tensy iemand daaroor vrae het. Die vraag en Skrifgedeeltes by “Is daar ’n regte en (en verkeerde) manier van doop” kan daarom waarskynlik net opsommend deur die aanbieder hanteer word met die versoek dat die deelnemers tuis die onderskeie Skrifgedeeltes sal nagaan.
Moet ons nie ook groot gedoop word soos Jesus nie? Verduidelik die verskil tussen die doop van Johannes en die Christelike doop (soos ingestel deur Jesus): Ons doop en word gedoop met die doop wat deur Jesus Christus ingestel is (Matt 28:19) ná sy kruisiging en opstanding en net voor sy hemelvaart. Dit geskied in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en dui op die reiniging van ons sonde deur die bloed/offer van Christus. Die doop van Johannes die Doper het ’n ander betekenis gedra en was beperk tot sy bediening ter voorbereiding op die bediening van Christus (en die nabyheid van die Koninkryk van God). Dit is deur Johannes bedien aan persone wat positief reageer het op sy oproep tot bekering (Matt 3:2 en 6; Mark 1:4-5) en het die reiniging van sonde gesimboliseer in aansluiting by die priesterlike reinigingsgebruike van die Ou Testament (soos reeds verduidelik). Die feit dat Jesus daarop aangedring het om deur Johannes gedoop te word (Matt 3:13-15), terwyl Hy nie bekering nodig gehad het nie (Heb 4:15), moet verstaan word as Jesus se vereenselwiging met sondaars, sodat Hy later (as een van ons) vir ons sonde kon betaal (Kol 2:14; Heb 9:28 en 10:15). Jesus is dus nie gedoop met ’n doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en wat dui op die afwassing van sonde deur (sy eie) bloed nie. Ons kan dus vir ons eie doop geen ooreenkoms trek met Jesus se (groot) doop nie.
Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop? Volgende week Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?