JULLE SAL MY GETUIES WEES

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
DIE APOSTEL PAULUS IN ROME
Advertisements

Les 2 vir 14 Oktober 2017 DIE STRYD.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Kinders van die Bybel.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
“Doopkategese” Welkom almal!.
DIE SLEUTEL TOT EENHEID
DIE LIGGAAM VAN JAHSHUA.
DIE BEKERING VAN PAULUS
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018.
PAULUS SE EERSTE SENDINGREIS
Herkoms, Frekwensie en Bedoeling
SKEPPING EN SONDEVAL Les 1 vir 6 Oktober 2018.
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
EENHEID IN GELOOF Les 8 vir 24 November 2018.
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Ons rykdom in Christus Efésiërs 1 ross van niekerk.
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
OORSAKE VAN ONENIGHEID
U ZULT MIJN GETUIGEN ZIJN
PINKSTER Les 2 vir 14 Julie 2018.
DIE OORTUIGENDSTE BEWYS
EENHEID EN GEBROKE VERHOUDINGS
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
Dra dan die goeie vrug, Boereman!
Preek Jesaja 53:6.
Joh. 14: :
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
LEWE IN DIE VROEË KERK Les 3 vir 21 Julie 2018.
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Bybel Speletjies Dissipels van Jesus.
Bekering.
God se vreemde opdragte
PETRUS SE BEDIENING Les 6 vir 11 Augustus 2018.
2 > 1 Twee is beter as een.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
KERKE Meer as denominasies.
Druk (Click) om voort te gaan
TUSSEN DIE KANDELARE Les 2 vir 12 Januarie 2019.
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Hartlik welkom in die Erediens!
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
1 Pet. 4:
Joh. 1: Efes. 5:
Hand. 1:
ACTS ACTION II..
VERSOENING NET VOOR DIE VOLEINDING
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
’N GEMEENSKAP WAT DIEN Les 13 vir 28 September 2019.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

JULLE SAL MY GETUIES WEES Les 1 vir 7 Julie 2018

Die eerste hoofstuk van Handelinge vertel die laaste dae van Jesus op aarde en die eerste reaksies van die dissipels na Sy hemelvaart. Jesus se laaste woorde word die dissipels se opdrag. Ons het dieselfde opdrag as die Kerk in die 21ste eeu. Handelinge 1:1-5 Lukas, die geliefde dokter Handelinge 1:6-7 Verkeerde verwagtinge Handelinge 1:8 Die dissipels se opdrag Handelinge 1:9-11 Jesus se wederkoms Handelinge 1:12-14 Verenig in gebed Handelinge 1:15-26 Judas se opvolger

LUKAS, DIE GELIEFDE DOKTER Handelinge 1:1-5 “Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het.” (Handelinge 1:1) Handelinge van die Apostels is die tweede boek van die Evangelie volgens Lukas, die geliefde dokter (Lukas 1:1-4; Kolossense 4:14) Die inleiding van Handelinge verklaar dat Jesus vir 40 dae saam met sy dissipels gebly het voor Sy hemelvaart (10 dae voor Pinkster) Die boek dek die verhaal van die kerk van die jare 31 tot 62. Dit is van Jesus se hemelvaart tot net voor Paulus se eerste oordeel voor Nero.

VERKEERDE VERWAGTINGE Handelinge 1:6-7 “Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: ‘Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?’” (Handelinge 1:6) Daar is profesieë in die Ou Testament oor beide die oorwinnende Messias en die lydende Messias. Die dissipels en die Jode in daardie tyd het slegs 'n oorwinnende Messias oor die Romeine verwag. Na Jesus se opstanding het hulle verstaan dat die Messias moes ly voordat Hy verheerlik sal word (Lukas 24:45-46). Hulle vraag toon egter dat hulle nie die werk van Jesus tot sy volle mate verstaan het nie. Jesus het vir hulle gesê dat hulle nie moet probeer om die dinge te verstaan wat hulle nog nie gereed was om te verstaan nie (Handelinge 1:7)

DIE DISSIPELS SE OPDRAG Handelinge 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” (Handelinge 1:8) Hierdie missiestelling het vier hoofpunte: Die Heilige Gees. Dit is geprofeteer (Jesaja 44:3; Joël 2:28-29) dat die Heilige Gees met spesiale krag sou neerdaal om die werk te doen wat mense nie self kon doen nie. Die getuienis. Die dissipels het opdrag gekry om die werk en die krag van Jesus as getuies oor te vertel. Die sendingplan. Die missie moet in Jerusalem begin en dan na die uithoeke van die wêreld versprei. Die sendingdoelwit. Hulle moes die boodskap dra na waar ookal die mense was, en nie om te wag vir hulle om te kom nie.

JESUS SE WEDERKOMS Handelinge 1:9-11 “En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.” (Handelinge 1:9) Handelinge 1:9-11 Lukas gee meer besonderhede oor die hemelvaart van Jesus as wat hy in Lukas 24:51 genoem het. Hy verduidelik in beide gedeeltes dat Jesus nie deur homself opgevaar het nie. Hy is "opgeneem" of "is van hulle geskei". Hy is deur God opgeneem om verhewe te word (Handelinge 2:33) Twee engele het opdrag gekry om die verbaasde dissipels te bemoedig en hoop aan al die gelowiges te bring. Die dissipels het Jesus sien opvaar, en ons oë sal Jesus sien terugkeer.

VERENIG IN GEBED Handelinge 1:12-14 “Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.” (Handelinge 1:12) Die bo-vertrek het die huis geword van die 11 apostels en die vroue wat Jesus tydens sy bediening op aarde gevolg het. Jesus se familie was saam met hulle—sy moeder en broers. Jesus se broers het ‘n paar jaar tevore Hom nie geglo nie (Johannes 7:5), so iets het in hul lewens verander. Die 120 lede van die vroeë kerk het tyd geneem om hul sondes te bely en het berou gehad. Hulle was verenig in doelwit, danksy intense gebed. Die gawe van die Heilige Gees was die antwoord op daardie gebede.

JUDAS SE OPVOLGER Handelinge 1:15-26 “Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.” (Handelinge 1:26) Handelinge 1:15-26 Daar was twee vereistes om die 12de apostel te word: Om saam met Jesus te wees van Sy doop tot met Sy hemelvaart. Om bereid te wees om 'n getuie van Sy opstanding te wees. Om die lot te werp beteken nie dat hulle 'n lukraak besluit geneem het nie. Hulle het voorheen aanvaarbare kandidate gekies. Hulle het getrou gebid en geglo dat God daardie keuse sou lei (Spreuke 16:33) Daar is sommige ander apostels behalwe Matthias in Handelinge genoem; byvoorbeeld, Paulus en Barnabas (Handelinge 14:14)

“Gehoorsaam aan die woord van hulle Meester, het die dissipels in Jerusalem bymekaar gekom om te wag op die vervulling van Gods belofte. Hier het hulle tien dae deurgebring — dae van grondige selfondersoek. Hulle het alle geskilpunte uit die weg geruim, en die bande van Christelike broederskap nouer getrek... Die opdrag aan die dissipels is ook vir ons. ‘n Gekruisigde en verrese Heiland moet vandag, net soos toe, verhoog word voor diegene wat sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld is… […] Almal wat verkies is tot die lewe in Christus, is verkies om te arbei vir die redding van hulle medemens. Dieselfde verlange wat Jesus gevoel het om die verloregaandes te red, moet ook by hulle wees. Almal kan nie dieselfde posisie beklee nie, maar vir almal is daar ‘n plek en ‘n werk. Almal op wie die seëninge van God uitgestort is, moet gehoor gee deur werklike diens te verrig; elke gawe moet bestee word ter bevordering van Sy koninkryk.” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 8, cp. 2, p. 15-16)