De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

PINKSTER Les 2 vir 14 Julie 2018.

Verwante presentaties


Presentatie over: "PINKSTER Les 2 vir 14 Julie 2018."— Transcript van de presentatie:

1 PINKSTER Les 2 vir 14 Julie 2018

2 Handelinge hoofstuk 2 is die inhuldiging van die Christelike Kerk.
3.000 Mense kom tot bekering op een dag. Danksy die krag van die Heilige Gees, het die Kerk uitgegaan en oorwin (Openbaring 6:2) Handelinge 2:1-3. Die vroeë reën. Handelinge 2:4-13. Die gawe van tale. Handelinge 2:14-32. Die eerste preek. Handelinge 2:33-36. Die verheerliking van Jesus. Handelinge 2:37-41. Die eerste vrugte.

3 VROEË RËEN Handelinge 2:1-3 “En daar kom skielik uit die hemel ’n geluid soos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.” (Handelinge 2:2-3) Die dissipels was verenig in beleidenis, aanbidding en gebed. Hulle was gereed om die belofte van die Heilige Gees te ontvang, ook bekend as die "vroeë reën" (Joël 2:23). Dit het as ‘n buitengewone verskynsel plaasgevind. Die Gees was altyd aan die werk, maar dit was nooit tot op daardie oomblik in Sy volheid ontvang nie. Dit was die antwoord op Jesus se eerste intrede voor Sy Vader (Johannes 14:16). Hierdie gebeurtenis het 'n paar keer gebeur, en dit sal weer voor die wederkoms met dieselfde krag gebeur (“die laat reën”)

4 DIE GAWE VAN TALE Handelinge 2:4-13 “en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: ‘Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?’” (Handelinge 2:7-8) Die Heilige Gees gee verskillende gawes (1 Korinthiërs 12: 4-11). Die gawes word gegee om die Kerk te help om die evangelie effektief te verkondig. Die mense wat in Jerusalem vergader het, kon die Goeie Nuus verstaan wat die dissipels gepreek het, omdat hulle dit in hul moedertaal gehoor het. Die gawe is ook weer gegee in Cornelius se huis (Handelinge 10:46; 11: 15-17). Daar is ook 'n ander gawe van tale wat niemand kan verstaan nie en uitgelê moes word (1 Korinthiërs 14:2, 5, 13) Sommige mense het egter probeer om hierdie gawe bespotlik te maak (Handelinge 2:13) en die werk van die dissipels gespot.

5 “Die Jode was verspreid na byna elke nasie en het verskeie tale gepraat. Hulle het van ver af na Jerusalem gekom, en het tydelik daar gewoon gedurende die godsdienstige feesdae om die vereistes daarvan na te kom. Toe hulle saam vergader het, was daar mense van elke bekende taal teenwoordig. Hierdie verskeidenheid van tale was 'n groot struikelblok vir die werk van God se dienaars om die boodskap van Christus tot aan die uithoeke van die aarde te verkondig. God het die tekort aan apostels op ‘n wonderbaarlike wyse aangevul, dit was die volmaakte bevestiging van die getuienis van hierdie getuies vir Christus. Die Heilige Gees het vir hulle gedoen wat hulle nie in hul eie leeftyd vir hulleself kon bereik het nie; hulle kon nou die waarheid van die evangelie buite hul eie landsgrense versprei; in ‘n akkurate taal van diegene vir wie hulle die boodskap moes bring. Hierdie wonderbaarlike gawe was die hoogste bewys wat hulle aan die wêreld kon bied dat hulle sending die hemel se seël dra.” E.G.W. (The Story of Redemption, cp. 32, p. 242)

6 DIE EERSTE PREEK Handelinge 2:14-32 “Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.” (Handelinge 2:32) Ten einde die bespotting teen te werk, het Petrus sy preek begin deur die Woord van God te gebruik om te verduidelik wat aangaan. Hy het Joël 2:28-32 aangehaal om te verduidelik dat die Heilige Gees in die laaste dae uitgestort sou word, net soos dit destyds gebeur het. Toe het hy die bediening, dood en opstanding van Jesus verduidelik. Hy het aanhalings uit die Skrif gebruik om dit te staaf (Psalm 16) Hierdie preek is 'n voorbeeld om mense na die waarheid te bring. Ons moet Jesus aan hulle bekendstel en dit moet op die Bybel gebaseer wees.

7 DIE VERHEERLIKING VAN JESUS
Handelinge 2:33-36 “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.” (Handelinge 2:36) In die derde gedeelte van sy preek het Petrus die verheerliking van Jesus in die hemel verduidelik deur die Skrif weer aan te haal: Psalm 110:1. Die Vader het die offer aan die kruis bekragtig deur Jesus aan Sy regterhand te plaas. Die Heilige Gees is as gevolg van Sy verheerliking uitgegiet. Dit is hoe Petrus verduidelik het dat die offer van Jesus aan die kruis die enigste middel tot redding is.

8 DIE EERSTE VRUGTE Handelinge 2:37-41 “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.” (Handelinge 2:41) Die eerste werk van die Heilige Gees deur die Kerk was die byvoeging van nuwe Christene. Hulle was van sonde oortuig deur die Heilige Gees, en gevra hoe om daarvan vergewe te kon word. Petrus het twee basiese vereistes gegee: Bekering. 'n Vurige begeerte om weg te beweeg van die sonde. Dit is 'n reaksie op die roeping van die Heilige Gees. Doop. 'n Openbare manifestasie van die verandering wat in die hart gebeur het. Behalwe vir die vergifnis van ons sondes, ontvang ons ook die gawe van die Heilige Gees. Dan is ons gereed om die sending te vervul waarvoor die Kerk geroep is.

9 “Wanneer die Gees van God besit neem van die hart, verander dit die lewe. Sondige gedagtes word verban, en bose dade versaak; liefde, nederigheid, en vrede neem die plek in van woede, afguns, en strydlustigheid. Vreugde vervang droefheid, en die gelaat straal van die lig van die hemel. Niemand sien die hand wat die las wegneem, of die lig wat neerdaal van die hemelse howe daarbo nie. Die seën kom wanneer die siel homself in geloof aan God oorgee. Dan skep daardie krag wat geen menslike oog kan sien nie, 'n nuwe wese in die beeid van God.” E.G.W. (The Desire of Ages, cp. 17, p. 173)


Download ppt "PINKSTER Les 2 vir 14 Julie 2018."

Verwante presentaties


Ads door Google