Welkom! Doopvoorbereiding Verwelkom almal en open met gebed.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
My siel, Pa Marie van Rensburg
Advertisements

Wat beteken my doop? Sessie 2
Les 2 vir 14 Oktober 2017 DIE STRYD.
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
Voltooi die vers....hoe maak mens?
DIE INVLOED VAN MATERIALISME
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
“Doopkategese” Welkom almal!.
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Kategese 5 November 2010 NG Wierdapark.
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
‘n Vriendelike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp.
Rom.6: en :
Gedagtenis maaltyd.
Sessie 3 Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop?
Brief Fernel A. Abrahams.
Ek Glo en Bely I - III Dr. Thinus du Plessis.
‘n Vriendelike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp.
Joh. 14: :
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
Die voortgang van die verbond
‘n Vriendelike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
God se vreemde opdragte
Vrugte van die Gees.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Welkom, Leiers!.
Spr. 3-:12 “'n soort mens wat homself as rein beskou, maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie”
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.
Hartlik welkom in die Erediens!
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die lewe is (soos) … Metafoor – kort vergelyking
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
Ef. 4: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Joh. 1: Efes. 5:
Hand. 1:
ACTS ACTION II..
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Welkom! Doopvoorbereiding Verwelkom almal en open met gebed. Sê dankie vir hul opoffering om die tyd in te ruim vir bywoning van die vier sessies. Toon begrip daarvoor dat ouers dalk teësinnig mag voel oor die bywoning van die program, maar verseker hulle daarvan dat dit een van die belangrikste beleggings van hul lewe gaan wees. Ons gaan vir twaalf jaar skool en deurloop selfs naskoolse opleiding om ’n beroep te beoefen, terwyl ons hier slegs ’n paar uur opsy sit vir die grootste taak van ons lewe. Dit wat ons, met die kennis en inspirasie wat ons hier verwerf, in die lewe van ons kinders gaan inbou, gaan nie net húlle lewe raak nie, maar ook die lewe van hul kinders en dié se nageslag! Doopvoorbereiding

Oorsig Gee ’n oorsig van die program deur kortliks te verwys na die inhoudsopgawe van die boek. Bevestig dat elke sessie hoogstens 90 minute sal duur.

God en sy verbond (testament) Sessie 1 Skop nou af met sessie 1 deur die tema aan die orde te stel.

Hanteer die kennismaak-gedeelte gemaklik en informeel maar flink Hanteer die kennismaak-gedeelte gemaklik en informeel maar flink. Gee elke persoon/paartjie geleentheid om hulself bekend te stel. Vra vir enkeles terugvoer van die kleingroep-gesprek, veral oor wat hul droom vir hul baba is. Moenie op hul terugvoer kommentaar lewer nie, maar noem dat daar teen die einde van die sessie teruggekom word na dié vraag. Bring Tuisopdrag 1 onder hulle aandag. Maak seker dat hulle die opdrag verstaan. Aangename kennis!

Hoe lyk ons prentjie van God? Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy die woord doop hoor? Vra: Wat kom eerste in jou gedagtes op wanneer jy die woord DOOP hoor? Kry terugvoer. Wys daarop dat die doop ons heel eerste aan God wil laat dink, aan Wie en hoe God is. Want dis God wat deur die doop met ons praat, soos Hy deur die Woord ook met ons praat. Daarom is dit belangrik dat ons die program begin met hoe ons gedagte-prentjie van God lyk. Met ander woorde Wie is die God in wie se Naam ons gedoop word en wat is sy houding teenoor ons en ons kinders?

Hoe lyk ons prentjie van God? Wat sê die Bybel? Laat almal nou die betrokke Bybelgedeeltes lees (punte 1, 2 en 3 – tot by Genesis 12). Iemand kan dit telkens voorlees of hulle kan dit in groepies/pare lees, kortliks bespreek en terugvoer gee. Behandel Genesis 15 soos in die Aanbiedersgids aanbeveel.

VERBOND TWEESYDIG = ooreenkoms / kontrak Som nou die inligting in verband met God se verbond (Genesis 15:18) op aan die hand van hierdie en daaropvolgende skyfies. ‘n Verbond tussen twee mense (gelyke partye) is gewoonlik tweesydig. Dit hou vir elke party verpligtinge en voorregte in.

VERBOND EENSYDIG Genesis 15 = ooreenkoms / kontrak God se Verbond met mense (soos met Abraham – Genesis 15) is egter eensydig. Dit wil sê die verbond ONTSTAAN by een party (God), maar BESTAAN tussen twee partye (God en Abraham).

VERBOND EENSYDIG God se verbond = ooreenkoms / kontrak = Testament Anders as by verbondsluitings tussen mense (gelyke partye), onderhandel God dus nie met Abram oor die voorregte en verpligtings van die verbond tussen hulle nie. God neem die inisiatief en bepaal die voorregte en verpligtings van die verbond. Daarom gebruik die Bybel in Hebreeus nie die algemene woord vir ’n verbond nie (’n tweesydige kontrak wat tussen twee partye onderhandel word). Genesis 15:18 gebruik die woord vir ’n eensydige verbond, dit wil sê wat bestaan tussen twee partye maar wat by een party ontstaan. ’n Testament is ’n bekende voorbeeld van so ’n eensydige kontrak. Trouens, die woord “testament” is ‘n meer presiese vertaling vir die woord “verbond”. (Dit vind ook weerklank in ons benaming Ou en Nuwe Testament vir die twee dele van die Bybel.) = Testament GENADEVERBOND

VERBOND EENSYDIG God gee...en vra... = ooreenkoms / kontrak Die Bybel gebruik deurgaans hierdie term (’n “eensydige kontrak”) om God se verbond met ons aan te dui. Ons praat daarom graag van sy genadeverbond, want God gee (of: bemaak) en ons ontvang (soos erfgename). God belowe/gee en Abram ontvang die beloftes van seën en gehoorsaam God. Dit kom duidelik in die simboliek van dié ritueel (Gen 15) na vore deurdat Abram as toeskouer sien hoe ’n brandende fakkel (vuur as simbool van God – vergelyk Eks 2:2-5) tussen die stukke vleis deur beweeg. Dit sê dat God alleen die beloftes/ondernemings maak, maar dat Hy ook alleen die straf/vloek vir die verbreking van die verbond (deur enige van die partye) op Hom neem. God vra egter ook van Abraham ’n antwoord in die vorm van geloof/vertroue, liefde en toewyding aan God (soos dit volgende week in Gen 17 duideliker aan die orde kom). So word die verbond die spesiale, konkrete manier waarop God Homself aan Abram (en sy gelowige nageslag) verbind, die kanaal waardeur sy liefde na hulle vloei. Dit word die uitdrukking van sy liefdesverhouding met hulle (en met ons!). Abraham antwoord

Hoe lyk ons prentjie van God? Hanteer nou die vraag: Wat word (volgens Gal 3:13-14a) van God se onderneming (in Gen 15) om die vloek te dra van dié party wat die verbond verbreek? Christus (God die Seun) het die vloek in ons plek gedra (soos God in Gen 15 onderneem het) toe Hy aan die kruis gesterf het. Nou kan selfs nie-Jode deel kry (as erfgename) aan die seëninge wat God aan Abram gegee het.

Hoe lyk ons prentjie van God? Wat van kinders? Hanteer punte 4 (Van watter stadium in ’n mens se lewe af werk God [deur sy Gees] in jou?) en 5 (Watter versekering het ons dat God se genadeverbond kinders insluit?) aan die hand van die betrokke Skrifgedeeltes. Laat die deelnemers by punt 4 se vraag, “Wat bid jy vir jou kind?” hul gebed vergelyk met die droom vir hul kind soos aangeteken by die kennismakingsgedeelte.

Hoe lyk jou prentjie van God? Hoe lyk ons prentjie van God? Hoe lyk jou prentjie van God? Dit is belangrik dat die kursusgangers op hierdie stadium goeie insig sal hê in die wyse waarop die Skrif oor God praat, naamlik as die God wat mense liefhet ten spyte van ons sondigheid. Hy is daarom die Een wat die verhouding tussen Hom en ons wil herstel. Hy wil in liefde aan ons verbind bly. God gee aan hierdie liefdesverhouding struktuur deur middel van ’n verbond, ’n vaste verbintenis waarin Hy die inisiatief neem en wat die kenmerke van ’n testament (as eensydige kontrak) besit. God doen dit om daardeur ons geloof te versterk sodat ons nooit aan sy liefde en getrouheid durf twyfel nie. Die Skrif is verder duidelik daaroor dat kinders reeds van (vóór) hulle geboorte af ingesluit is in God se liefde en dus ook in sy verbond.

Wat beteken my doop? Sessie 2 Volgende week Met hierdie agtergrond is die tafel gedek vir die Bybels-verantwoorde verstaan van die kinderdoop en vir die waardering van die ryk betekenis van die doop as sakrament. Moedig die kursusgangers aan om stelselmatig deur die week die sessie te hersien en die tuisopdragte te doen. Vestig ook hul aandag op Tuisopdrag 7. Hanteer die administratiewe sake aan die einde van die hoofstuk. Sessie 2