STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013.

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
Advertisements

Die sagte sprong Sheila Cussons Vooraf
DIREKTE - EN INDIREKTE REDE
My siel, Pa Marie van Rensburg
David de Lange Fanie Olivier Verskuns, p. 91.
Onderwyser Antjie Krog.
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
Sprokie vir ‘n stadskind
Hoe om jou skryfwerk deur uitbreiding te verbeter
? ? ? ? Vraag ? ? ? ? p. 89 Lina Spies.
Voltooi die vers....hoe maak mens?
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Die Kwart-voor-sewe-lelie (3)
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Saamgestel deur Juffrou Marelize Swanepoel (c) 2018
Titel : Palimpses deur Johann de Lange
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Afrikaans Taal Graad 11 en 12.
Na ‘n besoek aan die dieretuin D.J. Opperman
LOOP EN VAL Louis Esterhuizen.
Selfportret Herman Lintvelt.
Koos du Plessis ( ).
Die wêreld het so klein geword
Skryf en aanbied redigering, proeflees beplan skryf ‘n konsep
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
Die geskiedenis van geld
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Op pad na jou destinasie!!
’n Vigslyer sterf Vincent Oliphant Vooraf
Boggomsbaai-blues Pirow Bekker.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Wie’s hy? DIGTERS EN DIGTERSKAP:
As jy weer skryf Ingrid Jonker.
KABOUTERLIEFDE Antwoordgids.
Beeld van God.
Seloot Die politieke seloot wat ‘n seloot vir Jesus geword het
Brief Fernel A. Abrahams.
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
Missionale Kerkwees Dr Coenie Burger Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Rondom my Dawie de Jager.
NEGATIEF ONS GEBRUIK NEGATIEF OM IETS IN DIE ONTKENNENDE
Talle Tonge Mathews Phosa.
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
GELOOFSBELYDENIS AHV GELOOFSVERKLARING 2000
Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie (1)
Ons wag.
Bybel Speletjies Name van JESUS.
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Druk (Click) om voort te gaan
11. Ek glo Jesus kom weer Matteus 25:31-46.
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Die Heiliges Word Oorwin
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
Hand. 1:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
Rom.1:18-32.
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Sy neem haar huishoudelike take ernstig op. Sy is baie lief vir Jesus.
Transcript van de presentatie:

STAAT -NIEL VAN TONDER Geskep deur M Diamond 2013

BELANGRIK!!!!! Dit is baie belangrik om te weet dat die gedig nie gaan oor SWART en WIT nie!!!! Die wit krap verteenwoordig wel die apartheidstaat. Die swart miere die meerderheid mense is wat onderdruk is tydens die apartheidsregering. In die gedig word dit gesuggereer dat die meerderheid (swart miere) die minderheid (wit krap) (apartheidstaat) van binne-af gaan verswak Daarom kan ons sê dat die gediginhoud aansluit by die titel. Geskep deur M Diamond 2013

Dis nie seker of die krap leef nie. Inleiding Die gedig lyk na die eerste lees na die beskrywing van ‘n gewone natuurverskynsel : In ‘n gaterige wal sit ‘n krap en roer sy steeltjiesoë af en toe. Dis nie seker of die krap leef nie. By nadere ondersoek blyk dit ‘n kolonie swart miere het die krap van binne uitgevreet. Die natuurbeeld het egter ‘n dieper betekenis. In die gedig is daar ‘n letterlike laag en ‘n figuurlike laag : LAAG – GEDIG. Op simboliese vlak is dit ‘n politieke gedig. Geskep deur M Diamond 2013

Volgens die HAT is staat: Titel staat Let op die kleinletters. Die feit dat nie ‘n staat of die staat is nie, maak die gedig universeel: Enige staat kan oorgerus raak, stagneer en oorgeneem word of tot ‘n val kom. Die kleinletters toon ook aan dat ons nie net aan ‘n politieke staat moet dink nie, maar dat die titel meerduidig is. Volgens die HAT is staat: ‘n Groep mense wat ‘n stuk land polities organiseer – landsregering. ‘n Toestand – toestand wat kan verander of nie. Geskep deur M Diamond 2013

Voorplasing van die woord “jare” beklemtoon die lang tydperk. Strofe 1 – reël 1 - 3 Voorplasing van die woord “jare” beklemtoon die lang tydperk. Die staat regeer of duur reeds ‘n baie lang tyd. In die tweede versreël word hierdie stagnasie in die woorde “sit roerloos” verwoord. Die staat sit roerloos want dit is in ‘n magsposisie. Daar is ‘n gebrek aan dinamiese aktiwiteit as gevolg van rustigheid. Die woord “wit” in die tweede reël kan letterlik na die krap se ligte kleur verwys of figuurlik die apartheidsregering aandui. Geskep deur M Diamond 2013

In die derde reël kom “’n krap” vir die eerste keer ter sprake. Strofe 1 (vervolg) In die derde reël kom “’n krap” vir die eerste keer ter sprake. Die krap kan letterlik geïnterpreteer word of kan as figuurlike beeld van ‘n regering of toestand optree. Die omgewing waarin die krap skuil, word as “gaterige wal” beskryf. Die beskrywing laat die indruk dat die wal nie stewig is nie, en enige oomblik kan intuimel. Hieruit kan ons aflei dat die apartheidsregering ook in 1975, toe die gedig verskyn het, volgens die spreker in ‘n onstabiele omgewing was. Hierdie aanname word deur die geskiedenis bevestig as die talle opstande herroep word. (bv Soweto – opstande) Geskep deur M Diamond 2013

Hierdie beweging is periodiek : “met tye”. Strofe 2 – reël 4 – 6 Die tweede strofe begin met die woord “roer”, wat geringe beweging suggereer. Hierdie beweging is periodiek : “met tye”. Die krap se ogies is “waaksaam omhoog”, wat ironies is as ons later lees dat die krap van binne ingeneem is. Die waaksaamheid het niks gehelp nie! “waaksaam” suggereer dat daar tog ‘n element van bedreiging teenwoordig is. “omhoog” suggereer die hooghartigheid van die witman. Die woord “omhoog” in strofe 2 word baie mooi tipografies voorgestel deur die twee lang reëls met die kort reël tussenin. As jy jou boek draai, lyk strofe 2 na twee steeltjiesoë. Geskep deur M Diamond 2013

Die derde strofe bring die twyfel: Lewe die krap nog of is hy dood? Strofe 3 – reël 7 – 9 Die derde strofe bring die twyfel: Lewe die krap nog of is hy dood? Weer is hier ‘n suggestie van bewegingloosheid of stagnasie in die woorde “droë dood ook in hom lê”. Tot dusver het die idee van stagnasie of bewegingloosheid nog in elke strofe voorgekom en ons kan aanneem dat dit ‘n baie belangrike tema in die gedig is. Let op die d – alliterasie : bind die gedagte saam. Die apartheidsideologie wat deel van die blanke was en inherent in hom lê, is waarskynlik ironies ook die kern van die blanke se ondergang. Geskep deur M Diamond 2013

Die kontras is op twee plekke waarneembaar. Strofe 4 – reël 10 – 12 Die laaste strofe begin met die woord “maar” wat dadelik vir ons ‘n teenstelling aandui. Hierdie strofe gaan dus van die res van die gedig verskil. In reël 1 – 9 word gewonder oor die ondergang en in reël 10 – 12 gebeur die ondergang. Die kontras is op twee plekke waarneembaar. Die woorde “swart mierbataljon” roep die beeld van ‘n string krioelende insekte op wat in kontras staan met die wit, stagnante krap. Die suggestie is dus hier dat die swart landsbewoners van apartheid – Suid – Afrika die wit regering gaan verslaan. Geskep deur M Diamond 2013

Strofe 4 – vervolg Die onsekerheid wat in die derde strofe genoem is ,herhaal weer in reël 10 met “wanneer en hoe”. Die klem op onsekerheid kan ook ‘n waarskuwing wees dat die “droë dood” enige tyd en vinnig kan plaasvind en dat die wit krap dus weerloos is. Die laaste strofe bevat sterk militêre terme, soos “mierbataljon”, “parate” en “pantser”. Dit kan dui op die regering van die dag se gewoonte om oproeriges met die weermag te beheer. Die woord “parate” is ironies: Iemand / iets wat paraat is, sal nie oorgeneem word nie. Dus is die regering nie so waaksaam as wat hulle gedink het nie. Dit kan egter ook ‘n waarskuwing inhou: Moenie dink ‘n parate pantser kan nie binnegedring word nie. Die vraagteken suggereer dat niemand met sekerheid weet presies wat fout gegaan het of wanneer nie. Geskep deur M Diamond 2013

Deurlopende metafoor Die hele gedig is een , lang uitgebreide metafoor, waar die krap die oorgeruste wit regering uitbeeld en die swart bataljon miere die swart meerderheid wat oorneem. Geskep deur M Diamond 2013

Die gedig dra sy boodskap treffend oor: Tema Die gedig dra sy boodskap treffend oor: ‘n Vers wat op die oog af na ‘n onskuldige natuurverskynsel lyk, dra ‘n ernstige waarskuwing. Die waarskuwing is nie net gerig op die Suid-Afrikaanse regering van 1975 nie, maar elke leser kan hierdie waarskuwing ter harte neem: Enigiets wat stagneer, loop gevaar om deur “ ‘n droë dood” oorval te word. Geskep deur M Diamond 2013