De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Talle Tonge Mathews Phosa.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Talle Tonge Mathews Phosa."— Transcript van de presentatie:

1 Talle Tonge Mathews Phosa

2 Talle Tonge Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep en laat bloei my suur tong brand brand soos asyn en laat krimp inmekaar en skend Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n tong om te sny ‘n tong om te salf Ek het talle tonge

3 Inversie Normale woordorde word omgedraai
“Ek het talle tonge” word “Talle tonge het ek” Die inversie beklemtoon die verskillende maniere waarop ‘n mens die tong gebruik

4 Universeel Die gedig is ook universeel, want dit is op enige mens op enige plek in die wêreld van toepassing.

5 Alliterasie Assonansie Talle tonge
My skerp tong klap klap soos ‘n sweep Stomp/swyg Sweep, keep; Brand, brand soos asyn Assonansie

6 Die tong kan seermaak, heelmaak, maar meestal maak ons seer
Kontras Die tong kan seermaak, heelmaak, maar meestal maak ons seer Stomp versus skerp Tong, stomp, skerp, klap, sweep, keep, brand, krimp, skend. Meeste woorde is eenlettergrepig. Hy gebruik kort en harde vokale en diftonge om by dra tot die idee dat die tong skerp kan wees en seermaak Skerp eksplosiewe klanke

7 Heuning Idiomatiese Uitdrukkings
Heuning in die mond, gal in die hart hê – dit is wanneer ‘n mens slegte bedoelings agter mooi woorde wegsteek. Iemand heuning om die mond smeer – iemand vlei, sê wat iemand wil hoor sodat jy sy guns kan wen.

8 Talle Tonge Die spreker verwys na “ek”, maar dit is van toepassing op alle mense (UNIVERSEEL) Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep en laat bloei Tong: verskillende funksies Metafoor Figuurlike betekenisse: Bitterbek (ontevrede), hartseer veroorsaak, haat versprei, seermaak. Vermoë om stil te bly Herhaling van klap dui op die slaan aksie van die sweep Tong kan seermaak

9 en laat krimp inmekaar en skend
Suur: nors en onvriendelik / suur brand en maak letsels Herhaling van “en” = polisindenton my suur tong brand brand soos asyn en laat krimp inmekaar en skend Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n tong om te sny ‘n tong om te salf Ek het talle tonge Vergelyking “Ek” is in ‘n hoofletter. Die klem val hier op die individu en spesifiek die leser

10 TEMA Die mens het vir elke situasie ‘n ander tong
Taal kan in verskillende registers gebruik word om verskillende funksies te verrig Taal is ‘n sosiale vaardigheid Die gedig dui ook op die sensitiwiteit en kompleksiteit van taal en dag ons dit versigtig moet gebruik


Download ppt "Talle Tonge Mathews Phosa."

Verwante presentaties


Ads door Google